Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Deflasie-kan-landbou-knou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Deflasie kan landbou knou

 
JOHAN WILLEMSE

Verskeie
ekonome het 'n spesmaas dat deflasie Suid-Afrika se voorland is. Hoewel dit
geleenthede vir die landbou inhou, sal boere goed rekening moet hou met die
effek van dié ekonomiese verskynsel.

Al hoe meer artikels in ekonomiese publikasies fokus deesdae op die moontlikheid dat deflasie in Suid-Afrika kan posvat. In Japan is dit reeds 'n werklikheid, terwyl 'n mens wonder of dit nie ook die ekonomieë in Amerika en Europa al getref het nie.

Die vergadering van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee in September vanjaar was nie maar net nog 'n ongeskeduleerde vergadering nie, hoewel die rentekoers weer met een persentasiepunt laat sak is. Dié vergadering het baie bespiegelinge oor die mark ontlok.

Die verdere verlaging in die inflasiekoers, wat middel September bekend gemaak is, het net verdere bespiegelinge oor rentekoersverlagings in die mark laat ontstaan. Vrae en raaiskote oor trae ekonomiese groei en die gevare wat met deflasie gepaardgaan, is aan die orde van die dag.

Die gevare van deflasie sal nie net die ekonomie raak nie, maar elke deelnemer in die ekonomie en dit sal beslis 'n nadelige uitwerking op boere hê.


Wat is deflasie?


Deflasie is die teenoorgestelde van inflasie. Inflasie is wanneer pryse in die ekonomie voortdurend styg. Dit hou gevare in, veral as dit weghol, soos in Zimbabwe, want geld is later niks meer werd nie.

Deflasie vind plaas wanneer die pryse van goedere en dienste in die ekonomie bly daal. Twee soorte deflasie kom voor: Die goeie soort en 'n nadelige inflasie. Die goeie soort is wanneer pryse as gevolg van groter produktiwiteit en tegnologiese vordering daal.

Hierteenoor is die nadelige soort deflasie wanneer pryse daal omdat daar nie genoeg koopkrag in die ekonomie is nie, ten spyte van 'n voldoende aanbod. Indien pryse bly daal, kan produsente nie meer hul koste verhaal nie. Dit lei daartoe dat duur artikels, soos motors, trekkers, masjinerie en fabriekstoerusting, al hoe goedkoper word. Die pryse van bates daal, en dit geld ook grond, plase en eiendomme in die stad.

Indien die skuldvlak in 'n ekonomie hoog is, gee dit aanleiding tot gedwonge verkope. As die prys van nuwe trekkers vinnig sou daal, kan dit gou beteken dat die skuld daarop meer as die batewaarde beloop. Dit geld vir eiendom en allerlei ander bates.

Van die maatreëls om deflasie teen te werk, is om die rentekoers sodanig te verlaag dat mense meer geld het om te bestee, wat die vraag laat groei en pryse laat styg (as fabrieke nie vinnig genoeg kan produseer nie).

Die tabel skets die stand van inflasie in enkele belangrike lande, wat ook van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is. Na verwagting gaan die inflasiekoers in die meeste lande bly daal tot baie naby aan nul en selfs tot 'n minus, soos die geval in Japan is. Dit is ook duidelik dat min ruimte bestaan om rentekoerse te verlaag. Die tabel skets wat die rentekoers in dié lande vir drie maande deposito's beloop.

Die Amerikaanse reserwebank se uitleenkoers is in Junie tot 1 % per jaar verlaag. Die moontlikheid word selfs genoem om die korttermyn-rentekoerse na nul te laat daal om mense aan te moedig om geld te bestee.

Die Internasionale Monetêre Fonds meen selfs dat inflasie in die ontwikkelde lande tot sy laagste vlak in 48 jaar kan daal. Die voorkoming van 'n deflasie-spiraal raak 'n al hoe belangriker saak in talle ekonomieë - wat beteken dat rentekoerse nóg verder gaan daal en dat regerings selfs groter belastingtoegewings gaan maak.

Die jongste inflasiesyfers, wat einde September bekend gemaak is, bevestig dat algemene inflasie verder aan die daal is (grafiek 1). Dit was 5,1 % in Augustus. Voedselinflasie is nog effe hoër op 6,2 %, maar is ook aan die daal. Voedselinflasie is laag gehou deur die pryse van vrugte, melk en kaas, asook die suikerprys op die winkelrak.

Die Reserwebank doen sy inflasie-berekeninge op 'n aangepaste inflasiekoers, die verbruikersprysindeks (VPI), wat rentekoste ignoreer. Die teiken is dat die VPI 3 % tot 6 % moet beloop (figuur 2).

Standard Bank se ekonome meen dat die VPI baie vinnig gaan daal, soos in die voorspelling aangetoon is. Daarmee saam meen hulle dat die Reserwebank die rentekoers vinnig sal moet laat sak, want as die VPI laer as 3 % daal, is Suid-Afrika dalk op pad na deflasie.

Implikasies vir
SA

Die moontlikheid bestaan dat die Reserwebank die rentekoers in die komende jaar met mening kan verlaag. Indien 'n mens Suid-Afrika se rentekoersvlak teenoor dié in die tabel beskou, is dit duidelik dat Suid-Afrika s'n nog baie hoër as dié van sy handelsvennote is. Dit kan meehelp dat geld steeds die ekonomie invloei - wat help om die rand te laat verstewig (grafiek 3). Die moontlikheid is ook goed dat die ruilwaarde van die rand tot laer as R7 per Amerikaanse dollar kan daal.

Onthou ook as Suid-Afrika se inflasiekoers 4 % is en dié van sy handelsvennote beloop 1 % tot 2 %, beteken dit volgens sekere ekonome dat die rand met slegs 2 % tot 3 % per jaar in die volgende jaar of drie behoort te verswak.

Die voorkoms van deflasie by sommige van Suid-Afrika se handelsvennote én die verloop van sake in die plaaslike ekonomie hou verskeie gevolge vir die plaaslike landbou in. Omdat sekere handelsvennote se inflasiesyfer baie naby aan nul is, asook die moontlikheid van deflasie, beteken dit dat die kans uiters skraal is dat die pryse van alle produkte wat uitgevoer word, gaan styg.

Met 'n baie lae inflasiesyfer in Suid-Afrika gaan dit moeilik wees om dan hoë prysstygings na die binnelandse mark deur te gee.

Oorsese rentekoerse gaan laag bly en dalk nog laer beweeg - wat aantreklike beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika bied, en geld die land sal laat invloei.

Dit gaan meehelp om die ruilwaarde van die rand sterk te hou, wat die pryse van landbouprodukte maar min ruimte gaan bied om te styg (grafiek 4). Boere sal hierdie stand van sake deeglik in hul begrotings moet verreken.

Goeie
hupstoot

Een voordeel vir die landbou is dat die dalende rentekoers daartoe sal lei dat rente-uitgawes aansienlik gaan verminder, wat die ekonomie 'n goeie hupstoot deur groter koopkrag kan gee. 'n Laer rentekoers en selfs goedkoper pryse van ingevoerde masjinerie skep beslis geleenthede om nou duur ingevoerde masjinerie aan te skaf.

Een van die groot risiko's van deflasie - wat die landbou baie nadelig sal raak - is wanneer die pryse van bates begin daal, soos eiendom, aandele en duur masjinerie. Dit beïnvloed balansstate ook ongunstig.

Dit is gelukkig nog nie die geval nie - maar dit is 'n risiko wat 'n mens moet dophou.

10 Oktober 2003

Internasionale
inflasieneigings

size=2>Land

3-maande-
rentekoers

size=2>Inflasie

size=2>2003

size=2>2004

Amerika

1,03

2,2

1,3

Japan

0,01

-0,4

-0,3

Duitsland

2,15

0,9

0,6

Brittanje

3,60

2,7

2,4

EU

2,15

1,8

1,3

Bron: The
Economist

0
 
 
  • 1583 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Zeder-man op Capespan-raad
  • KARAN SE JANNIE
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction