|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Verskeie
ekonome het 'n spesmaas dat deflasie Suid-Afrika se voorland is. Hoewel dit
geleenthede vir die landbou inhou, sal boere goed rekening moet hou met die
effek van dié ekonomiese verskynsel.
Al hoe meer artikels in ekonomiese publikasies fokus deesdae op die moontlikheid dat deflasie in Suid-Afrika kan posvat. In Japan is dit reeds 'n werklikheid, terwyl 'n mens wonder of dit nie ook die ekonomieë in Amerika en Europa al getref het nie.
Die vergadering van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee in September vanjaar was nie maar net nog 'n ongeskeduleerde vergadering nie, hoewel die rentekoers weer met een persentasiepunt laat sak is. Dié vergadering het baie bespiegelinge oor die mark ontlok.
Die verdere verlaging in die inflasiekoers, wat middel September bekend gemaak is, het net verdere bespiegelinge oor rentekoersverlagings in die mark laat ontstaan. Vrae en raaiskote oor trae ekonomiese groei en die gevare wat met deflasie gepaardgaan, is aan die orde van die dag.
Die gevare van deflasie sal nie net die ekonomie raak nie, maar elke deelnemer in die ekonomie en dit sal beslis 'n nadelige uitwerking op boere hê.
Wat is deflasie?
Deflasie is die teenoorgestelde van inflasie. Inflasie is wanneer pryse in die ekonomie voortdurend styg. Dit hou gevare in, veral as dit weghol, soos in Zimbabwe, want geld is later niks meer werd nie.
Deflasie vind plaas wanneer die pryse van goedere en dienste in die ekonomie bly daal. Twee soorte deflasie kom voor: Die goeie soort en 'n nadelige inflasie. Die goeie soort is wanneer pryse as gevolg van groter produktiwiteit en tegnologiese vordering daal.
Hierteenoor is die nadelige soort deflasie wanneer pryse daal omdat daar nie genoeg koopkrag in die ekonomie is nie, ten spyte van 'n voldoende aanbod. Indien pryse bly daal, kan produsente nie meer hul koste verhaal nie. Dit lei daartoe dat duur artikels, soos motors, trekkers, masjinerie en fabriekstoerusting, al hoe goedkoper word. Die pryse van bates daal, en dit geld ook grond, plase en eiendomme in die stad.
Indien die skuldvlak in 'n ekonomie hoog is, gee dit aanleiding tot gedwonge verkope. As die prys van nuwe trekkers vinnig sou daal, kan dit gou beteken dat die skuld daarop meer as die batewaarde beloop. Dit geld vir eiendom en allerlei ander bates.
Van die maatreëls om deflasie teen te werk, is om die rentekoers sodanig te verlaag dat mense meer geld het om te bestee, wat die vraag laat groei en pryse laat styg (as fabrieke nie vinnig genoeg kan produseer nie).
Die tabel skets die stand van inflasie in enkele belangrike lande, wat ook van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is. Na verwagting gaan die inflasiekoers in die meeste lande bly daal tot baie naby aan nul en selfs tot 'n minus, soos die geval in Japan is. Dit is ook duidelik dat min ruimte bestaan om rentekoerse te verlaag. Die tabel skets wat die rentekoers in dié lande vir drie maande deposito's beloop.
Die Amerikaanse reserwebank se uitleenkoers is in Junie tot 1 % per jaar verlaag. Die moontlikheid word selfs genoem om die korttermyn-rentekoerse na nul te laat daal om mense aan te moedig om geld te bestee.
Die Internasionale Monetêre Fonds meen selfs dat inflasie in die ontwikkelde lande tot sy laagste vlak in 48 jaar kan daal. Die voorkoming van 'n deflasie-spiraal raak 'n al hoe belangriker saak in talle ekonomieë - wat beteken dat rentekoerse nóg verder gaan daal en dat regerings selfs groter belastingtoegewings gaan maak.
Die jongste inflasiesyfers, wat einde September bekend gemaak is, bevestig dat algemene inflasie verder aan die daal is (grafiek 1). Dit was 5,1 % in Augustus. Voedselinflasie is nog effe hoër op 6,2 %, maar is ook aan die daal. Voedselinflasie is laag gehou deur die pryse van vrugte, melk en kaas, asook die suikerprys op die winkelrak.
Die Reserwebank doen sy inflasie-berekeninge op 'n aangepaste inflasiekoers, die verbruikersprysindeks (VPI), wat rentekoste ignoreer. Die teiken is dat die VPI 3 % tot 6 % moet beloop (figuur 2).
Standard Bank se ekonome meen dat die VPI baie vinnig gaan daal, soos in die voorspelling aangetoon is. Daarmee saam meen hulle dat die Reserwebank die rentekoers vinnig sal moet laat sak, want as die VPI laer as 3 % daal, is Suid-Afrika dalk op pad na deflasie.
Implikasies vir
SA
Die moontlikheid bestaan dat die Reserwebank die rentekoers in die komende jaar met mening kan verlaag. Indien 'n mens Suid-Afrika se rentekoersvlak teenoor dié in die tabel beskou, is dit duidelik dat Suid-Afrika s'n nog baie hoër as dié van sy handelsvennote is. Dit kan meehelp dat geld steeds die ekonomie invloei - wat help om die rand te laat verstewig (grafiek 3). Die moontlikheid is ook goed dat die ruilwaarde van die rand tot laer as R7 per Amerikaanse dollar kan daal.
Onthou ook as Suid-Afrika se inflasiekoers 4 % is en dié van sy handelsvennote beloop 1 % tot 2 %, beteken dit volgens sekere ekonome dat die rand met slegs 2 % tot 3 % per jaar in die volgende jaar of drie behoort te verswak.
Die voorkoms van deflasie by sommige van Suid-Afrika se handelsvennote én die verloop van sake in die plaaslike ekonomie hou verskeie gevolge vir die plaaslike landbou in. Omdat sekere handelsvennote se inflasiesyfer baie naby aan nul is, asook die moontlikheid van deflasie, beteken dit dat die kans uiters skraal is dat die pryse van alle produkte wat uitgevoer word, gaan styg.
Met 'n baie lae inflasiesyfer in Suid-Afrika gaan dit moeilik wees om dan hoë prysstygings na die binnelandse mark deur te gee.
Oorsese rentekoerse gaan laag bly en dalk nog laer beweeg - wat aantreklike beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika bied, en geld die land sal laat invloei.
Dit gaan meehelp om die ruilwaarde van die rand sterk te hou, wat die pryse van landbouprodukte maar min ruimte gaan bied om te styg (grafiek 4). Boere sal hierdie stand van sake deeglik in hul begrotings moet verreken.
Goeie
hupstoot
Een voordeel vir die landbou is dat die dalende rentekoers daartoe sal lei dat rente-uitgawes aansienlik gaan verminder, wat die ekonomie 'n goeie hupstoot deur groter koopkrag kan gee. 'n Laer rentekoers en selfs goedkoper pryse van ingevoerde masjinerie skep beslis geleenthede om nou duur ingevoerde masjinerie aan te skaf.
Een van die groot risiko's van deflasie - wat die landbou baie nadelig sal raak - is wanneer die pryse van bates begin daal, soos eiendom, aandele en duur masjinerie. Dit beïnvloed balansstate ook ongunstig.
Dit is gelukkig nog nie die geval nie - maar dit is 'n risiko wat 'n mens moet dophou.
|
Internasionale |
|||
|
size=2>Land |
3-maande- |
size=2>Inflasie |
|
|
size=2>2003 |
size=2>2004 |
||
| Amerika |
1,03 |
2,2 |
1,3 |
| Japan |
0,01 |
-0,4 |
-0,3 |
| Duitsland |
2,15 |
0,9 |
0,6 |
| Brittanje |
3,60 |
2,7 |
2,4 |
| EU |
2,15 |
1,8 |
1,3 |
| Bron: The Economist |
|||
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24