Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Die-voordele-van-trusts

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Die voordele van trusts

 
Bob Williams

Daar is verskeie soorte trusts. Eerstens is daar die trust inter vivos, wat gedurende die leeftyd van die stigter daarvan opgestel is. Sulke trusts is gewoonlik skriftelik, maar die reg erken die geldigheid van 'n mondelingse trust. 'n Skriftelike trust moet in die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof geregistreer word.

In teenstelling met 'n trust inter vivos is die testamentêre trust. Dié soort trust vorm deel van 'n persoon se testament, en kom in wese eers tot stand wanneer die persoon te sterwe kom.

'n Trust kan gevestigde regte vir die begunstigdes skep wat betref die inkomste of die kapitaal van die trust. In só 'n trust het die begunstigdes 'n gevestigde reg op die heel of 'n gedeelte van die inkomste of kapitaal van die trust, en hulle kan dus eis dat die trustees daardie inkomste of kapitaal hulle laat toekom op die tydstip soos in die trustakte bepaal. In teenstelling daarmee is daar diskresionêre trusts, waar die trustbegunstigdes geen gevestigde reg op inkomste of kapitaal het nie. In laasgenoemde trust het die trustees 'n diskresie wat die uitbetaling van inkomste of kapitaal betref, met ander woorde hulle het die mag om te besluit aan watter begunstigdes inkomste of kapitaal uitbetaal word, en teen watter bedrae.

Familietrusts is gewoonlik diskresionêre trusts omdat die stigter van die trust wil hê dat die trust buigsaam moet bly ten einde die trustees in staat te stel om die verskillende en veranderende omstandighede van die begunstigdes in ag te neem. Byvoorbeeld, die trustees kan besluit om die trustinkomste net aan te wend tot voordeel van begunstigdes wat nog op skool is, om te voorsien in hul behoeftes, soos skoolfooie, boeke en sportgereedskap. Geen trustinkomste word dan uitbetaal aan begunstigdes wat selfonderhoudend is nie. Gewoonlik wil die stigter van 'n diskresionêre trust ook die buigsaamheid behou om trustinkomste te betaal aan begunstigdes wat spesiale behoeftes het. Byvoorbeeld, 'n meerderjarige begunstigde wat siek word of sy werk verloor, of 'n vroulike begunstigde wat deur haar man verlaat is of tot weduwee gemaak is en finansieël behoeftig is.

Wat inkomstebelasting betref, is 'n trust 'n belastingbetaler in eie reg. 'n Trust betaal belasting op inkomste wat hom toekom teen 'n vaste koers van 40%. Dit is aansienlik hoër as die gegradueerde koerse wat op indiwidue betrekking het. Maar as 'n trust gedurende 'n bepaalde jaar van belasting inkomste ontvang en in dieselfde jaar daardie inkomste aan trustbegunstigdes uitbetaal, is daardie inkomste in die hande van die begunstigdes belasbaar, en nie in die hande van die trust nie. Dus kan 'n trust die hoë koers van belasting vermy deur eenvoudig sy inkomste in dieselfde belastingjaar uit te betaal. As die begunstigde wat die trustinkomste ontvang 'n totale inkomste van minder as R27 000 in die jaar verdien, sal geen inkomstebelasting betaalbaar word, want dit is die vlak waar inkomstebelasting in werking tree.

6 Desember 2002

0
 
 
  • 3281 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Daaglikse Nuusbrief (edition 532)
  • Daaglikse Nuusbrief (edition 43)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction