|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die finansiële krisis is verby, maar die uitwerking daarvan op ekonomieë is blywend, meen mnr. Mike Schüssler, ‘n onafhanklike ekonoom.
Schüssler het onlangs by die bekendstelling van PWC se prestasiemetingsopname buite Franschhoek gesê mense moet hulle staal vir hoër inflasie, veral vanweë stygings in die olieprys en verdere stygings in elektrisiteits- en watertariewe. Boere sal hul insetkoste selfs ernstiger moet bestuur.
Hoewel olievoorrade voldoende is weens die druk wat die finansiële krisis op produksie en verbruik geplaas het en daar heelwat kapasiteit by olieproduserende lande is, kan politieke onrus soos wat in Noord-Afrika ervaar word, die olieprys verder laat styg.
Gelukkig word daar verwag dat rentekoerse laag gaan bly. Met lae rentekoerse sal mense met geld ander beleggingsmoontlikhede, soos kommoditeite, soek. Dit kan die prys van grane en metale, rubber en hout laat styg.
2 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)