Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Jaargeld-vruggebruik-hoe-kies-ek

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jaargeld of vruggebruik: Hoe kies ek?

 
Nico van Gijsen

Baie boere
wat vir hul eggenotes voorsiening moet maak, worstel met die vraag of hulle in die testament 'n jaargeld of vruggebruik moet spesifiseer. Dit is 'n besluit wat nie ligtelik geneem moet word nie, aangesien dit nie net belastingimplikasies inhou nie, maar ook die voortgesette welslae van die plaas as onderneming kan beïnvloed.

Om in jou testament vruggebruik of 'n jaargeld te spesifiseer, is 'n manier om finansieel vir jou eggenote ná jou afsterwe voorsiening te maak. Dit is egter ook 'n manier om onnodige boedelbelasting te voorkom.

Dit moet egter nie sonder meer gedoen word voordat die volle uitwerking daarvan oorweeg is nie. 'n Voorbeeld van wat kan gebeur, is dat 'n seun die plaas erf en dan onder die verpligting geplaas word om vir die ma vruggebruik daarvan te gee, of om aan haar 'n jaargeld te betaal.

Adv. Kobus Engelbrecht, Sanlam se hoof van landboudienste, wys daarop dat vruggebruik 'n sterker nalatenskap is as 'n jaargeld. "Die vruggebruik, byvoorbeeld van die oorlewende vrou van 'n boer wat die plaas aan sy seun bemaak het, word op die titelakte van die plaas aangeteken en is 'n baie sterk reg. Die seun kan nie sonder haar toestemming met die bate handel nie. Die verpligting op die seun om aan haar 'n jaargeld te betaal, is nie so sterk nie omdat dit nie teen die titelakte van die grond geregistreer word nie."

Maar vruggebruik kan dalk nie die beste opsie wees nie omdat dit potensieel beperkend kan wees op die erfgenaam se vermoë om die boerdery suksesvol te bedryf. As hy byvoorbeeld by 'n bank moet gaan geld leen om die boerdery uit te brei, kan die verpligtinge ten opsigte van die vruggebruik 'n faktor wees in die toestaan van die lening.

Baie boere voel dat hulle darem die seun wat die plaas erf 'n billike kans moet gun om te boer en vir homself te kan sorg sonder om hom te veel te belas. Weens die beperkende aard van vruggebruik bemaak hulle dan eerder 'n jaargeld aan die eggenote. "Wat egter belangrik is, is die wyse waarop hierdie jaargeld in die testament omskryf word, aangesien dit belastingimplikasies kan inhou."

Daar is twee soorte jaargeld. Die een plaas 'n persoonlike verpligting op die seun, deur byvoorbeeld te spesifiseer "ek bemaak die plaas aan my seun op die voorwaarde dat hy aan sy ma 'n jaargeld van R24 000 betaal". Die ander verplig hom om die jaargeld uit die opbrengs van die boerdery te betaal, byvoorbeeld, "ek bemaak die plaas aan my seun op die voorwaarde dat hy uit die opbrengs van die boerdery aan sy ma 'n jaargeld van R24 000 betaal".

In die praktyk kom dit op dieselfde neer, want die seun moet steeds dieselfde bedrag aan sy ma betaal, maar waar die erfenis beswaar word (uit die opbrengs van die boerdery) word die geld uit die inkomste van die boerdery betaal, wat dit vir die seun aftrekbaar vir inkomstebelasting maak. Waar die seun persoonlik verplig word om die jaargeld te betaal, is dit nie aftrekbaar vir inkomstebelasting nie.

Deur die erfenis te beswaar met die jaargeld, is dit nie net inkomstebelastingvriendelik vir die seun nie, maar bring ook boedelbelastingverligting vir die boer wat dit as 'n korting kan aftrek omdat dit 'n manier is om vir sy vrou te sorg, meen adv. Engelbrecht.

"Die bedrag aftrekbaar vir boedelbelasting word bepaal deur die jaargeld oor die vrou se lewensverwagting te kapitaliseer. Byvoorbeeld, vir 'n vrou van 58 jaar kan 'n bedrag van R179 982 geëis word as die jaargeld R24 000 per jaar beloop."

'n Nadeel van 'n jaargeld is dat die koopkrag van die gespesifiseerde bedrag weens inflasie ontoereikend kan raak vir die eggenote se lewensbehoeftes. Versigtige beplanning en die omsigtige bewoording van die testament kan dié risiko verminder.

Sou die jaargeld as 'n persoonlike verpligting op die seun geplaas gewees het, sou nóg boedelbelastingkorting (vir die boer) nóg inkomstebelastingkorting (vir die seun) moontlik gewees het.

Engelbrecht wys egter daarop dat 'n jaargeld wat die erfenis beswaar, soos in die voorbeeld hierbo, op sy beurt boedelbelastingimplikasies vir die vrou self kan meebring. "Die dag as sy sterf, sal die jaargeld wat sy ontvang het as 'n bate in haar boedel geag word vir die berekening van boedelbelasting.

Soos hierdie voorbeeld illustreer, is dit belangrik dat die regte somme gemaak word en dat kundige advies ingewin word wanneer 'n testament opgestel word.

Mnr. Nico van Gijsen is 'n vryskut-joernalis.

14 Maart 2003

0
 
 
  • 2107 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Veesiektes (18)<br>Inwendige parasiete vreet wins op
  • Byvoeding vir ligter kalwers wat op wintersveld loop
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction