|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die KWV se Werknemerbemagtigingstrust (KEET), wat tans op twee na die grootste aandeelhouer in die wyn- en brandewynmaatskappy is, het sy aandeelhouding in KWV Beherend tot 8,7% opgestoot.
KEET is in 2004 gestig as ’n trust vir voorheen benadeelde werknemers. Die trust het toe 6,77% van KWV se aandele bekom, hoofsaaklik deur ’n rentevrye lening van die KWV gefinansier.
In die afgelope agt jaar het die waarde van KEET se belegging in die KWV meer as verdubbel. Dividend-opbrengste van sy beleggings (wat aandeelhouding in CapeVin insluit ná die ontbondeling van die groep in 2009) het KEET in staat gestel om nie net sy lening te diens nie, maar ook om betalings te maak aan begunstigdes sedert 2007.
Dit sluit in die jaarlikse toekenning van studielenings aan kinders van begunstigdes. KEET het altesaam 429 begunstigdes; almal huidige of vorige werknemers van die KWV.
KEET se begunstigdes sluit werknemers in wat die maatskappy verlaat het weens afleggings of werknemers wat verplaas is weens die verkoop van KWV-sake-eenhede. Die besluit om hulle vir ’n tydperk van 10 jaar as begunstigdes te behou, was ’n inisiatief van die Food and Allied Workers’ Union, wat ook in die raad van trustees verteenwoordig is.
Volgens KEET se voorsitter, Barry Matthews, is die besluit om bykomende aandele in die KWV op te neem ’n strategiese een, gegrond op die trust se doelwit om besluite oor die toekoms van die maatskappy beduidend te beïnvloed.
12 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)