Menu
 

Isabel Stoltz (istoltz@landbou.com)
25 Julie 2003

4140 keer gelees | 0 kommentaar

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens mag enigeen 'n waardasie van eiendom doen vir die doel van kapitaalwinsbelasting, maar dit sal wys wees om seker te maak dat só 'n waardasie nie onder die vergrootglas van die inkomstediens sneuwel nie.


Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens mag enigeen 'n waardasie van eiendom doen vir die doel van kapitaalwinsbelasting, maar dit sal wys wees om seker te maak dat só 'n waardasie nie onder die vergrootglas van die inkomstediens sneuwel nie.

Wanneer 'n plaaseienaar sy eiendom van die hand sit en kapitaalwinsbelasting (KWB) ter sprake kom, kan dit hom duur te staan kom as die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sou bevind dat die waardasie van die eiendom nie behoorlik gemotiveer is nie. Die Belastingwet bepaal dat die kommissaris op enige bykomende inligting of dokumente kan aandring en selfs waardasies mag wysig indien hy nie tevrede is met die waardasie wat voorgelê word nie.

Met die sperdatum van 30 September 2003 vir die opsie van waardasies om die draai, kom selfs gevalle van telefoon-waardasies voor, wat op grond van 'n eienaar se beskrywing teen 'n afslagprys gedoen word.

Waardasies met 'n klousule wat die waardeerder vrywaar van verliese of skade as só 'n waardasie as onakkuraat beskou word, is vir die eienaar van nul en gener waarde, sê 'n professionele waardeerder, mnr. Chris Smal.

Volgens hom is die Instituut van Eiendomsagente deur 'n regsgeleerde aangeraai om 'n klousule by hul waardasies in te sluit wat lui dat hoewel alles moontlik gedoen is om te verseker dat die waardasie die markwaarde van 'n eiendom weerspiëel, hulle nie verantwoordelik gehou kan word vir verliese of skade as die waardasie nie korrek is nie, en dat die eienaar op eie risiko daarop staatmaak.

Swak waardasies bevat dikwels nie inligting oor belangrike aspekte nie, soos die volgende:

* Die doel van die waardasie word nie genoem nie.

* Daar word nie na die opdrag verwys nie.

* Die beskrywing van die eiendom is nie voldoende nie.

* Titelaktes word nie bestudeer nie en daar word bloot aanvaar dat dit nie ongewone voorwaardes bevat nie.

* Daar word nie na vergelykbare verkope verwys nie.

* In die geval van eiendom waaruit 'n inkomste verdien word, word dié inkomste lukraak bepaal.

Daar moet in gedagte gehou word dat die kapitale bate waarskynlik jare nadat die waardasie gedoen is, verkoop word. 'n Waardasie moet dus op só 'n manier gemotiveer word dat dit die noukeurige ondersoek sal deurstaan.

Mnr. Jorrie Jordaan, 'n afgetrede, geregistreerde waardeerder wat met beroepsopleiding gemoeid is, sê "oornag-waardeerders" slaan oral uit weens die naderende spertyd en oningeligte mense word geflous deur misleidende advertensies.

"Soos elke spesifieke kapitale bate is plaaswaardasies 'n wye spesialis-kennisveld wat verskil van sektor tot sektor en gebied tot gebied. Dit sal 'n eienaar baat om 'n kundige plaaswaardeerder te kry wat die bepaalde gebied ken en aan te dring op verwysings en verslae van ander waardasies om te verseker dat 'n betroubare waardasie gelewer word.

"Dit is belangrik dat 'n markverwante waardasie gedoen moet word. Mense wat bloot belang stel in die hoogste moontlike waardasie, verloor uit die oog dat dié waardasie later ook vir boedelbelastingdoeleindes kan geld."

Hy meen die kans dat 'n waardasie van 'n behoorlik opgeleide waardeerder deur die SAID in twyfel getrek sal word, is heelwat kleiner as in die geval van onopgeleide mense.

Verwysings wat deur die SA Raad vir Waardeerders (tel. 012 348 8643) of die Instituut van Waardeerders (tel. 012 342 9056) verskaf word, kan geredelik as betroubaar aanvaar word, sê mnr. Jordaan.

25 Julie 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.