Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Kry-waardeketting-reg

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kry waardeketting reg

 
JOHAN WILLEMSE

Die pad vorentoe vir primêre produsente en die groeiende rol van die kleinhandel-voedselkettings duik deesdae weer al hoe meer in gesprekke op.

Die gesprek oor die pad vorentoe vir die landbou gaan dikwels oor die wins wat die voedselverwerkers en handelaars op landbouprodukte maak. Hierdie marge is meestal groter as die primêre produsent se aandeel in die eindproduk.

In die afgelope tyd word baie ook gesê oor die feit dat heelwat voedselprodukte se pryse aansienlik vinniger styg as die prys wat die boer vir sy produk ontvang. In die melkbedryf, byvoorbeeld, word baie gepraat oor die plaasprys van melk wat daal terwyl die winkelrakprys oor die afgelope paar jaar voortdurend styg ? meestal teen 'n taamlike tempo.

Daar is heelwat sulke voorbeelde, soos dat die kelner se fooitjie op 'n bottel wyn in 'n restaurant groter is as die plaaswaarde van die wyn in die bottel.

Die mark vir voedselprodukte verander wêreldwyd en die mag van die verwerkers of supermarkte neem toe. Een van die groot redes hiervoor is die verandering in die aard van die vraag na voedsel na meer verwerkte, reeds gaar of gougaar-produkte wat verpak is teenoor die vars en meestal onverwerkte basiese produk.
Globalisering en die gerief waarmee verwerkte voedselprodukte vervoer en ingevoer kan word, het ook die druk laat toeneem om teen 'n lae koste te kan meeding. Daar is baie voorbeelde hiervan in die Suid-Afrikaanse mark ? van suiwel- tot vleisprodukte, graan en selfs groente en vrugte.

Die huidige beleid van die Regering om mededinging en doeltreffendheid te bevorder deur goedkoper invoer pleks van plaaslike produksie (navorsing en ontwikkleing) maak die druk ál groter. Daar word baie gepraat oor gelyke mededinging. Plaaslike boere kan met minimum lone en skerp prysstygings nie meer meeding met ingevoerde groente en vrugte van lande waar dit nie geld nie.

Die boer se aandeel in die eindprodukprys word ál kleiner en die voorwaardes van die verwerker en kleinhandelaar word ál meer.

Myns insiens is daar twee benaderings wat gevolg kan word. Die eerste is dat die boer aanvaar dat sy produk 'n kommoditeit is en dat dit op kommoditeitsprysvlak met dié van die res van die wêreld moet meeding, waar die goedkoopste en grootste produsent gaan oorleef.

Dit is die benadering wat op Suid-Afrika van toepassing is. Een van die gevolge is dat opkomende boere moeilik die mas sal opkom. Dit sal ook beteken dat die invoer van heelwat voedselprodukte toeneem omdat plaaslike boere nie meer kan meeding nie.

Onlangse ontledings deur L. Botha en H. van Schalkwyk van die Universiteit van die Vrystaat, wat op die landbou-ekonome se konferensie voorgelê is, toon dat die voedselmark in Suid-Afrika sterk gekonsentreerd is in die hande van die groot kettinggroepe, soos in tabel 1 getoon. Dié berekening is ten opsigte van 2004 gedoen.

Dit is bekend dat die ondernemings weer in 'n sterk uitbreidingsfase is en dat hulle nou in swart woongebiede groot sentrums oprig. Benewens markaandeel gaan dit ook daaroor dat die aard van die vraag na voedsel in Suid-Afrika verander weg van basiese produkte af ten gunste van verwerkte voedselprodukte. Die groot winkels probeer hierdie neiging tot hul eie voordeel benut.

Hierdie is nie 'n unieke Suid-Afrikaanse neiging nie. Navorsing wat onlangs deur die Amerikaanse departement van landbou gedoen is, toon dat die supermarkte se aandeel in die voedselmark oor die wêreld heen groei, veral waar daar vinnige ekonomiese groei is en die bevolking se eetpatrone beduidend verander.

Die besikbaarstelling van krag en water asook vinnige verstedeliking in Suid-Afrika dra hiertoe by. Tabel 2 toon dié neiging deur die wêreld aan. Die grafiek toon dat namate die bevolkings se inkomste groei, daal die deel van die inkomste wat aan voedsel bestee word. Terselfdertyd neem die deel van die inkomste wat aan verwerkte of verpakte produkte bestee word, taamlik skerp toe. Dit beteken dat landbou- of voedselprodukte meer verwerk moet word en dit gee die basis van groei vir die supermarkte.

Daar sal waarskynlik altyd geredekawel word oor hoeveel wins genoeg is. Dit is waar dat met die inwerkingstelling van die nuwe bemarkingswet in die middel 1990?s boere se bedingingsmag weggeneem is en hulle gedwing is om op wêreldmarkte mee te ding, maar op 'n kommoditeitsbasis en pryse op die laagste vlak moontlik.

Dit het sekerlik ruimte gelaat vir die groot voedselverwerkers en handelaars om markmag op te bou, veral ook aangesien die vraag na voedsel vinnig verander het as gevolg van sterk ekonomiese groei en opheffing van die arm mense in die land.

Enkele maatskappye se finansiële resultate word in tabel 3 opgesom aan die hand van syfers in hul state. Die omset van dié besighede is groot en Tiger Brands se bedrywighede is wyd gediversifiseer.

Die totale waarde van landbouproduksie in Suid-Afrika (R65 miljard) is kleiner as die gesamentlike omset van die twee grootste supermarkgroepe. Die opbrengs op die totale kapitaal word vir die jongste jaar (meestal 2005 of 2006) getoon. Dit is die opbrengs wat verdien is op eie kapitaal en geleende kapitaal. Die opbrengs op eie kapitaal, met ander woorde vir die aandeelhouer, word ook getoon. Dit is hoog.

Die vraag is, wat gaan ons in die primêre landbou doen om hieraan deel te neem en weg te kom van die kommoditeitsbasis? Hou gerus die volgende moontlikheid in gedagte: Koop aandele in die verskaffer van jou produksiemiddele. Dit is ondernemings soos Sasol, Omnia en ander landboubesighede. Koop ook aandele in die verkoper van jou produkte ? dus die supermarkgroepe. Goeie opbrengste sal verdien word.

Daar word ál meer aandag gegee aan die feit dat internasionale mededinging tussen die aanbod- of waardekettings op die vlak van verwerkte produkte plaasvind. Die wêreld se groot maatskappye beweeg daarheen en hierdie benadering vat ook pos in bedrywe internasionaal en binnelands. Die uitgangspunt is dat die ketting aanmekaar gesit word van die insetverskaffer af tot op die winkelrak.

Produkte vloei in die een rigting, maar die oordra van inligting en navorsing in die hele ketting is van deurslaggewende belang. Só ook die verdeling van elke rand wat die eindverbruiker bestee. Elkeen in die ketting moet nie net doeltreffend wees nie, maar moet ook 'n aanvaarbare opbrengs op sy kapitaal verdien om volhoubaar te wees. Só 'n benadering is egter nie eenvoudig nie ? van die kontrakte en waarborge tot winsverdeling.

Hierdie benadering werk taamlik goed in Brasilië. 'n Bestuurskool in Brasilië het die metode ontwikkel om só 'n ketting aanmekaar te sit. Dit word tans vir suiwelprodukte en sitrusvrugte benut.

Die tyd het aangebreek dat Suid-Afrika se landbou doelgerig moet nadink oor die pad vorentoe, want die wêreld begin toenemend anders meeding. Dit is duidelik dat ons moet probeer wegkom daarvan om net kommoditeitsprodusente te wees met verhandeling wat op die laagste prys vir aanvaarbare gehalte plaasvind. Die konsep van 'n waardeketting moet in Suid-Afrika inslag vind en dit moet met die nodige kennis toegepas word.

5
 
 
  • 1828 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die plesier van jag
  • Biltongjagters bestee meer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction