Menu
 

Philip Botha en Stephan van Zyl
28 Maart 2003

2717 keer gelees | 0 kommentaar

As 'n boer nie vooraf deeglik beplan het nie, kan kapitaalwinsbelasting (KWB) 'n groot invloed op boedelbelasting hê by sy afsterwe.


As 'n boer nie vooraf deeglik beplan het nie, kan kapitaalwinsbelasting (KWB) 'n groot invloed op boedelbelasting hê by sy afsterwe.

By die afsterwe van 'n persoon word dit geag dat daardie persoon sy bates aan die boedel "verkoop" het teen die markwaarde. Die verskil tussen die markwaarde van 'n bate by iemand se dood en die basiskoste van die bate kan tot KWB in 'n boedel lei.

Om KWB se invloed op boedelbelasting te verminder, moet boere vóór 30 September 2003 hul bates vir kapitaalwinsbelasting laat waardeer. Goeie beplanning moet in verband met hierdie waardasies gedoen word omdat verskeie bates 'n invloed op boedelbelasting kan hê.

Die invloed van lewende hawe op boedelbelasting sal daarvan afhang of die diere voor of ná 1 Oktober 2001 in die boer se besit was. Waar lewende hawe ná 1 Oktober 2001 verkry is, word die implikasies vir KWB volgens die voorbeeld in die tabel verduidelik. In dié geval het mnr. Boer, 'n veeboer, te sterwe gekom op 28 Februarie 2002.

As die boer reeds die lewende hawe vóór 1 Oktober 2001 verkry het, kan die volgende metodes gebruik word om die basiskoste vas te stel:

  • Die tydtoedelingskoste-metode.
  • Twintig persent van die verkoopprys.
  • Die markwaarde (waardasie) soos op 1 Oktober 2001.

Al drie dié metodes is volledig in die tweede artikel van dié reeks (Landbouweekblad, 14 Maart) verduidelik.

As die waardasiemetode gebruik word, sal die basiskoste die bedrag wees waarmee die waardasiewaarde die bedrae wat reeds van inkomstebelasting afgetrek is, oorskry. Dit kan in sekere omstandighede tot die boer se voordeel wees om waardasies te verkry van lewende hawe, maar die aanpassing van die standaardwaardes van vee vir inkomstebelastingdoeleindes kan tot inkomstebelasting lei.

In die vorige artikel is die belangrikheid van waardasies van plaasgrond beklemtoon. Die wet laat twee waardasies toe, naamlik 'n markwaarde-waardasie en 'n Land Bankwaardasie. Laasgenoemde is in die meeste dele van die land minder as die markwaarde - gewoonlik sowat 60 % van die markwaarde. Vir boedelbelastingdoeleindes kan 'n Land Bank-waardasie gebruik word omdat die waarde van die boedel 40 % kleiner sal wees. Om dieselfde waardasie vir KWB te gebruik, moet die boer oor 'n Land Bank-waardasie vir KWB-doeleindes beskik.

Boere is bewus daarvan dat daar jaarliks na hul boedelplan gekyk moet word. 'n Boer se testament, trust, lewensversekeringsportefeulje, bates, laste en bestaande boedelplan moet jaarliks heroorweeg word vir boedelbelasting, BTW en KWB betaalbaar indien hulle sou sterf.

As rentevrye lenings wat deur kinders of trusts verskuldig is byvoorbeeld in die testament aan hulle bemaak word, sal dit tot KWB lei. Indien die trust die boer R1 miljoen skuld, en die skuld word aan die trust bemaak, sal die trust aanspreeklik wees vir R200 000 se KWB.

Trusts is 'n gewilde meganisme om boedelbelasting te beperk. Alle bates in 'n trust is vrygestel van boedelbelasting. As dié bates uit die trust verkoop sou word, gaan dit egter aan KWB onderhewig wees. Die insluitingskoers van trusts is ook hoër as dié van natuurlike persone.

Trusts word belas teen 'n inkomstebelastingkoers van 40 %, wat effektief beteken dat 'n trust aansienlik meer KWB gaan betaal as bates uit die trust verkoop word.

Is dit nog die moeite werd om 'n trust te gebruik as 'n boedelbeplanningsmeganisme? Dié vraag kan net beantwoord word as gekyk word na die rede waarom die trust opgerig word. As dit gebruik word om die plaas uit 'n persoon se boedel te neem om daarna weer uit die trust verkoop te word, sal die KWB-implikasie baie groter wees in die trust.

Indien die plaas in 'n trust geplaas word en die trust word gebruik om die plaas vir verdere geslagte te bewaar, en dit nie binne 'n kort tyd verkoop sal word nie, kan dit 'n belastingbesparing meebring.

Byvoorbeeld: Boer A laat sy plaas na aan sy seun B, en ná dié seun se dood aan sy seun C. Dit beteken dat boedelbelasting en KWB betaalbaar sal wees in boer A se boedel en weer in seun B se boedel. As seun C besluit om die plaas te verkoop, sal daar wéér KWB betaalbaar wees op die verkoop van die plaas - dus twee keer boedelbelasting en drie keer KWB.

Indien A egter die plaas aan 'n trust sou nalaat, sal daar boedelbelasting en KWB betaalbaar wees. Deur die regte struktuur in die trust te skep, kan die volgende geslagte die gebruik van die plaas in die trust kry en sal geen boedelbelasting of KWB betaalbaar wees nie. Sou die plaas dan op 'n latere stadium uit die trust verkoop word, sal daar weer KWB betaalbaar wees - dus een keer boedelbelasting en twee keer KWB.

Deur goeie beplanning kan 'n trust nog steeds 'n doeltreffende manier wees om boedelbelasting en KWB te bespaar. Die oprigting van 'n trust moet egter gemotiveer word deur die behoefte om bates te beskerm teen insolvensie, egskeiding en ander risiko's, en nie deur belastingbesparing nie.

Boere met bestaande trusts moet dit oorweeg om hul trusts deur 'n kundige te laat nagaan om seker te maak dit voldoen aan ál die vereistes van die onlangse belastingwysigings.

Die hoër belastingimplikasie van 'n trust kan oorbrug word deur die wins aan die begunstigdes te betaal. Die wins word dan teen die begunstigdes se koers belas, wat minder is as dié van die trust. Sommige trustkenners voel dat 'n klousule in 'n trust nodig is om só 'n verdeling moontlik te maak.

KWB-implikasies in die geval van
lewende hawe verkry ná 1 Oktober 2001

Diere in besit
by dood

Eenheids-
prys (R)

Standaard-
waarde (R)

Markwaarde
by dood (R)

1 bul
10 koeie

5 000
3 000

50
40

9 000
50 000

Kapitaalwinsbelasting:
Bedrag geag toegeval1
Minus 1 bul se standaardwaarde
Minus 10 koeie se standaardwaarde

59 000
50
400

Totaal

58 550

Minus koopprys van beeste2

0

Kapitale wins3

58 550

1 = lewende hawe se markwaarde by dood van boer.
2 = koopprys of koste aangegaan om diere te verkry, is al
van inkomstebelasting afgetrek.
3 = die wins is onderhewig aan KWB.

Mnre. Philip Botha en Stephan van Zyl is senior regsadviseurs van Ou Mutual Makelaarsdienste.

KWB is 'n ingewikkelde belasting wat nie volledig in 'n artikel soos hierdie bespreek kan word nie. Lesers met vrae oor die toepassing van dié belasting in spesifieke gevalle kan dit stuur aan mnr. Schalk Burger, Ou Mutual se bemarkingsbestuurder van AgriBesigheid. Sy faksnommer is 021 509 5204 en sy e-posadres is sburger@old mutual.com. Ou Mutual gaan 'n prys van R2 000 (effektetrustbelegging) gee aan dié leser wat die beste vrae stuur.

28 Maart 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.