Maatskappywet goed vir klein ondernemings

 

Met die nuwe Maatskappywet sal burokratiese rompslomp vir veral kleiner ondernemings uit die weg geruim word, het dr. Rob Davies, Minister vir Handel en Nywerheid, gesê.

Die nuwe Maatskappywet, wat daaruit sien om die bedrywighede van ondernemings in die land te verbeter, sal in die derde kwartaal van krag wees. Davies het verduidelik dat maatskappye met die nuwe wet met ‘n nommer sake kan doen en hoef dan nie hul naam te gebruik nie.

Verder hoef klein ondernemings nie geoudit te word deur agentskappe nie en hoef ook nie van rekenmeesters gebruik te maak nie. Hierdeur kan baie geld bespaar word.

Hulle sal egter wel steeds finansiële state moet hê. Groter maatskappye sal egter nog steeds hul state moet laat oudit. Vir die eerste keer vervat die wet ook die pligte van direkteurs wat persoonlike en misdadige aanspreeklikheid insluit.

Me. Nomfundo Maseti, hoofdirekteur vir beleid en wetgewing vir die Departement van Handel en Nywerheid, het gesê dat die wet reeds in 2008 deur die Parlement aangeneem is en dat regulasies in die opstelfase is.

Finale kommentaar op die regulasies sluit 1 Maart. Die departement sal in volgende maand begin om seminare in alle provinsies te hou, asook werksessies met munisipaliteite en ander belanghebbendes, om mense van die nuwe Maatskappywet bewus te maak.

26 Februarie 2010

1
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.