|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die gelyktydige instelling van minimum lone vir voltydse en
los plaaswerkers en eiendomsbelasting op grond en vaste verbeterings, kan die
landbousektor vernietig. Dit is die bevinding van 'n deeglike studie wat dié
twee faktore se invloed op die landbou bepaal het.
Die Regering behoort 'n moratorium op die instelling van minimum lone en eiendomsbelasting te plaas.
Só beveel dr. Daan Louw van die Sentrum vir Internasionale Landboubemarking en Ontwikkeling (CIAMD) aan in 'n verslag wat hy vir Agri Noord-Kaap voorberei het oor die impak van minimum lone en eiendomsbelasting op die finansiële lewensvatbaarheid van besproeiingsplase in die Benede-Oranjeriviergebied.
Die verslag is gegrond op inligting wat ingesamel is vir 'n projek van die Waternavorsingskommissie. Die gebiede waarna hy gekyk het, is Kakamas en Boegoeberg, wat taamlik homogeen is wat betref die soort gewasse wat verbou word.
In die Boegoeberggebied word wel heelwat meer korttermyngewasse, soos mielies en koring, verbou. Op die plase in Kakamas wat in die opname gebruik is, word 28 % van die grond vir tafeldruiwe ('n hoëwaarde-gewas) gebruik, teenoor 5,5 % in die Boegoeberggebied. Wyndruiwe, rosyne, lusern en sitrus is van die ander gewasse wat verbou word.
Dr. Louw het gekyk na die impak van 'n minimum loon teen onderskeidelik R650 en R800 per maand en na eiendomsbelasting as 'n bykomende belasting teen verskillende koerse (1 %, 1,5 %, 2 % en 2,5 %) op óf die markwaarde van die grond plus verbeterings óf net die markwaarde. Hy het ook na die gekombineerde impak van die minimum loon en eiendomsbelasting gekyk.
Om behoorlike vergelykings te doen, het hy op grond van opname-inligting verteenwoordigende plase van verskillende groottes vir die twee gebiede gekonstrueer. Vir die Boegoeberg-omgewing was dit klein, medium en groot. Dieselfde klassifikasies is vir die Kakamasgebied gebruik, maar 'n ekstra-groot plaas is bygevoeg. Dit is soortgelyk aan die groot plaas, maar het 'n kleiner veldgebied en 'n groot besproeiingsgebied.
Dr. Louw sê Agri SA en sy geaffilieerde organisasies het rede om bekommerd te wees oor minimum lone. Volgens hom toon wêreldwye ekonomiese navorsing dat minimum lone nog altyd nadelig vir werkskepping was.
Hy sê die huidige stelsel van twee lone vir verskillende gebiede skep groot praktiese probleme. Dit kan gebeur dat 'n boer met twee besproeiingsplase langs dieselfde rivier en met een werksmag werkers op een plaas R650 moet betaal en op die ander plaas R800. Die boer word uiteindelik gedwing om die hoogste loon te betaal omdat dit onmoontlik is om só 'n stelsel te bestuur.
Dit is ook moontlik dat twee buurplase wat presies dieselfde gewasse produseer, in verskillende gebiede val.
Werkers sal in baie gevalle slegter daaraan toe wees omdat hulle baie van die huidige nie-kontantvoordele wat hulle ontvang, sal verloor. Boere sal hulle net die minimum loon betaal, nie omdat hulle nie vir hul werkers omgee nie, maar om finansieel te oorleef.
Die hantering van los werkers wat stukwerk doen, is 'n verdere probleem. Die loon van hierdie werkers is gewoonlik gekoppel aan produktiwiteit en die afhandeling van 'n bepaalde taak. Só het hardwerkende werkers baie geld verdien. Met 'n minimum loon sal 'n werker 'n sekere bedrag geld verdien, ongeag hoeveel werk hy of sy doen.
Dr. Louw se slotsom is die stelsel van minimum lone sal rampspoedig vir werkverskaffing en finansiële oorlewing van boere in die Benede-Oranjerivier-gebied wees. Teen 'n minimum loon van R800 kan 60,9 % van die werksmag hul werk verloor. Die finansiële impak sal veral in die Boegoeberggebied groot wees, weens die reeds lae opbrengste wat boere op kapitale beleggings verdien. In die Kakamas-omgewing, waar die landbou meer arbeidsintensief is, sal die meeste werksverliese voorkom.
'n Minimum loon op klein plase sal vernietigend wees en nie die vestiging van voorheen benadeelde nuwe boere bevorder nie.
Nie net
landbou geraak
Die nadeligste invloed van die minimum loon en eiendomsbelasting gaan veel verder as die primêre landbou gevoel word, sê dr. Daan Louw in sy verslag oor die impak van minimum lone en eiendomsbelasting.
Die landbou speel 'n groot rol in die Noord-Kaap. Die infrastruktuur van dorpe in dié gebied wat in die studie ter sprake was, is byna uitsluitlik deur besproeiingslandbou ontwikkel en word deur die bedryf in stand gehou. Dorpe is totaal afhanklik van die landbou vir hul bestaan. In die Benede-Oranjerivier-gebied is meer as 70 % van die sekondêre bedrywe op 'n manier aan die landbou gekoppel.
In 1996 is beraam dat een hektaar uitvoerdruiwe 'n inkomste gelyk aan die provinsie inkomste per kop vir 2,96 mense verskaf. Die besproeiingsgebied lewer ook 'n groot bydrae tot die provinsie se buitelandse verdienste.
Dr. Louw sê die optimale gebruik van nasionale bates, soos die plaaslike lughawe, paaie, spoorlyn en besproeiingsinfrastruktuur, sowel as gespesialiseerde geriewe, soos wynkelders en druiwesapaanlegte, is nie net vir dié gebied van belang nie, maar tot voordeel van die hele land se ekonomie.
Weens die wye impak wat die instelling van minimum lone en eiendomsbelasting vir individue, streke en die land as geheel gaan hê, behoort die Regering, volgens dr. Louw, meer tyd te gebruik om daaroor te dink. As hy besluit om daarmee voort te gaan, moet hy 'n beleid ontwikkel wat minder ontwrigtend is.
Grondbelasting se invloed
Die Katz-kommissie het in 1998 aanbeveel dat eiendomsbelasting net gehef word op grond met 'n gebruikswaarde bo 'n sekere vlak. As dit só gedoen word, sal die impak daarvan heelwat minder nadelig wees as wanneer dit op die gebruikswaarde van die eiendom gegrond is.
Tot dusver lyk dit nie of plaaslike owerhede wat reeds eiendomsbelasting op landbougrond begin hef het, hierdie aanbeveling gaan toepas nie.
Dr. Daan Louw sê dit is moeilik om 'n stelsel wat op gebruikswaarde gegrond is, in werking te stel. Dit is duur om te bedryf. Plaaslike owerhede het ook nie assesore wat die landbou goed genoeg ken om só 'n stelsel te laat werk nie.
Sy studie toon klein plase in die Kakamas- en Boegoeberggebied sal nie eiendomsbelasting kan betaal wat op die markwaarde van die grond én vaste verbeterings gehef word nie.
Mediumgrootte plase in die Boegoeberggebied sal nie lewensvatbaar wees teen 'n koers van meer as 1,5 % wat op grond én vaste verbeterings gehef word nie en net-net as belasting net op die waarde van die grond betaal moet word.
Hoewel groot plase behoort te oorleef, sal hul opbrengs op kapitaalbelegging in alle scenario's aansienlik verminder, maar veral wanneer eiendomsbelasting op die grondwaarde én verbeterings gehef word. In hierdie geval, teen 'n koers van 2 %, sal 'n groot plaas naby Kakamas se opbrengs op kapitaalbelegging daal van 14,6 % tot 9,6 %. Voeg 'n minimum loon van R650 hierby en dié syfer daal tot 4,7 %.
Die impak van eiendomsbelasting op kontantvloei en netto besteebare inkomste sal volgens dr. Louw vernietigend wees. Eiendomsbelasting wat op die markwaarde van grond gegrond is, sal beleggings in besproeiingslandbou wegkalwe en uiteindelik tot nadeel van die streek se ekonomiese groei wees.
Boere sal ook aansienlik meer korttermynlenings benodig om hul boerdery aan die gang te hou, wat die gevaar van 'n finansiële mislukking beduidend verhoog en die reeds klein winsgrense verder verklein.
'n Verdere verskuiwing in produksie vanaf hoëwaarde-gewasse, soos tafel- en wyndruiwe, na korttermyngewasse, soos koring, ter wille van vinnige kontantvloei, is in veral die Boegoeberg-omgewing moontlik. Dit is in stryd met die doelwitte van die Nasionale Waterwet van 1998, wat wil hê die land se water moet eerder vir hoëwaarde-gewasse gebruik word.
Grootskaalse werksverliese, soortgelyk aan wat verwag kan word met 'n minimum loon van R650 (sowat 19 %), sal plaasvind wanneer eiendomsbelasting van 2 % of meer op die waarde van die grond plus verbeterings gehef word.
Hoewel dit nie nagevors is nie, is dit waarskynlik dat grondbelasting ook grondpryse sal benadeel. Dr. Louw sê die bekende redenasie dat 'n belastinggedrewe verlaging in grondpryse grond vir nuwe boere meer toeganklik maak, is nie noodwendig waar nie. As grondwaardes en boerderywins weens die belasting in dieselfde verhouding daal, is daar geen bykomende aanmoediging om grond te koop nie.
Grondbelasting kan ook verbruikers benadeel omdat grondeienaars sal probeer om hul belastinglas na die verbruiker te verskuif. Dit sal tot hoër voedselpryse lei. Die internasionale mededingendheid van vars en droë vrugte en wyn uit dié gebied word ook benadeel.
Die studie toon duidelik dat wanneer minimum lone en grondbelasting gelyktydig ingestel word, net groot plase finansieel sal oorleef. Daarom is dit noodsaaklik dat beleidmakers die impak van hierdie landboubeleide sáám oorweeg, aangesien albei tot hoër produksiekoste sal lei.
21
Februarie 2003
|
TABEL 1: Toename in |
|||||||
|
size=2> |
size=2>Boegoeberg |
size=2>Kakamas |
|||||
|
size=2> |
size=2>Klein |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
size=2>Klein |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
Ekstra |
| Huidige arbeidskoste (R/ha) |
4 213 |
3 937 |
2 255 |
2 287 |
5 072 |
7 098 |
6 229 |
| Koste met minimum loon van R650 |
5 523 |
5 372 |
3 052 |
3 224 |
6 543 |
9 369 |
9 219 |
| Toename (R/ha) |
1 310 |
1 435 |
796 |
938 |
1 471 |
2 271 |
2 990 |
| Koste met minimum loon van R800 |
7 555 |
7 076 |
3 192 |
3 967 |
8 040 |
11 534 |
11 367 |
| Toename (R/ha) |
3 342 |
3 139 |
937 |
1 681 |
2 967 |
4 436 |
5 |
|
TABEL 2: Koste van eiendomsbelasting op grond met verbeterings |
|||||||
|
size=2> |
size=2>Boegoeberg |
size=2>Kakamas |
|||||
|
size=2> |
size=2>Klein |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
size=2>Klein |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
Ekstra |
| Belasting (R/ha) teen 1 % |
378 |
269 |
268 |
570 |
535 |
739 |
818 |
|
Belasting (R/ha) teen 1,5 |
567 |
404 |
402 |
855 |
803 |
1 108 |
1 228 |
|
Belasting (R/ha) teen 2 |
756 |
538 |
537 |
1 140 |
1 070 |
1 477 |
1 637 |
|
Belasting (R/ha) teen 2,5 |
945 |
673 |
671 |
1 425 |
1 338 |
1 847 |
2 |
|
TABEL 3: Regstreekse impak van minimum lone en eiendomsbelasting op werkverskaffing |
||||||||
|
size=2> |
size=2>Boegoeberg |
size=2>Kakamas |
Totale |
% van |
||||
|
size=2> |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
size=2>Klein |
size=2>Medium |
size=2>Groot |
Ekstra |
||
| Minimum loon van R650 |
308 |
64 |
136 |
1 260 |
0 |
0 |
1 768 |
18,9 |
| Minimum loon van R800 |
1 397 |
233 |
136 |
1 260 |
0 |
2 677 |
5 703 |
60,9 |
| Belasting 1 %1 |
157 |
115 |
0 |
0 |
0 |
0 |
272 |
2,9 |
| Belasting 1,5 %1 |
255 |
175 |
136 |
0 |
0 |
0 |
566 |
6,0 |
| Belasting 2 %1 |
1 397 |
241 |
136 |
0 |
0 |
0 |
1 774 |
19,0 |
| Belasting 2,5 %1 |
1 397 |
329 |
136 |
1 260 |
0 |
0 |
3 122 |
33,4 |
| Minimum loon R650 + belasting 1 %1 |
1 397 |
184 |
136 |
1 260 |
0 |
2 677 |
5 654 |
60,4 |
| Minimum loon R650 + belasting 1,5 %1 |
1 397 |
251 |
136 |
1 260 |
0 |
2 677 |
5 721 |
61,1 |
| Minimum loon R650 + belasting 2 %1 |
1 397 |
346 |
136 |
1 260 |
0 |
2 677 |
5 817 |
62,2 |
| Belasting 1,5 %2 |
187 |
137 |
0 |
0 |
0 |
0 |
324 |
3,5 |
| Belasting 2 %2 |
266 |
186 |
0 |
0 |
0 |
0 |
453 |
4,8 |
| Belasting 2,5 %2 |
1 397 |
239 |
136 |
0 |
0 |
0 |
1 772 |
18,9 |
| Minimum loon R650 + belasting 2 %2 |
1 397 |
265 |
136 |
1 260 |
0 |
2 677 |
5 735 |
61,3 |
| 1 = Belasting op grond en verbeterings 2 = Belasting net op grond |
||||||||
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24