Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Moenie-wegskram-van-uitdagings-nie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Moenie wegskram van uitdagings nie

 
Stephan van der Merwe

Gereelde probleme in familieboerderye kan grootliks uitgeskakel word as dit betyds geïdentifiseer en voorkomend aandag daaraan gegee word.

Die skeiding van die familie- en boerderystelsel, gesonde menseverhoudinge en doeltreffende konflikbestuur, sowel as die daarstel van korporatiewe beheerliggame, is van die vernaamste uitdagings in 'n familieboerdery. 'n Familieboerdery wat van die uitdagings wegskram en nie die gevolge besef nie, sal nie doeltreffend kan funksioneer nie.

Baie probleme in familieboerderye spruit voort uit die feit dat die familie en die boerdery twee afsonderlike stelsels is met verskillende en soms mededingende behoeftes en doelwitte.

Die interaksie tussen die twee stelsels kan tot rolkonflik en verwarring lei wat spanning op goeie menseverhoudinge en doeltreffende kommunikasie kan plaas.

Om 'n duidelike onderskeid tussen die familie- en boerderystelsel in die praktyk te maak, is nie maklik nie. Sonder so 'n skeiding kan familiesake die familielede se werksgedrag en prestasie beïnvloed en spesiale familiebande kan ander lede van die familie aanstoot gee.

Gesonde menseverhoudinge tussen alle familielede (dié in diens van die boerdery en dié wat onaktief is) en nie-familielede is belangrik vir die sukses van die boerdery. Dit verseker doeltreffende kommunikasie en skep 'n gesonde basis om meningsverskille, wat dikwels as gevolg van verkeerde persepsies en misverstande ontstaan, te vermy.

As die meningsverskille nie vinnig opgelos word nie, kan dit oor 'n tyd tot ernstige konflik lei wat die familieboerdery se voortbestaan onder druk plaas.

Die uitvoerende bestuurder het 'n groot verantwoordelikheid en wysheid nodig om konfliksituasies vroegtydig te ontlont. Verskeie familieboerderye het al in duie gestort as gevolg van magstryde en konflik.

Die bronne van konflik in die familieboerdery kan soos volg saamgevat word:

  • Sekere lede maak die reëls en het die meeste mag.

    Spanning as gevolg van die interaksie tussen die familie- en die boerderystelsel.
  • Konflik tussen familielede as gevolg van magstryd, jaloesie en wrokke.
  • Onduidelike organisasiestrukture en rapporteringskanale.
  • 'n Gebrek aan reëls en prosedures oor toetrede, prestasiebeoordeling en vergoeding.
  • Die gebrek aan formele stelsels en strukture om konflik te vermy of op te los.
  • Die hou van gereelde familiebyeenkomste kan 'n voordelige bydrae lewer om kommunikasie tussen familielede te verbeter. Tydens familiebyeenkomste bestee familielede tyd saam weg van die boerdery waar moontlike probleme op 'n informele wyse bespreek en inligting aan alle familielede deurgegee word.

    Die familiebyeenkoms kan die voorloper wees vir die daarstel van 'n familieforum. Op die familieforum bespreek die familie die waardes, beleid en rigting van die boerdery. Die familieforum dien as die deurlopende gespreksforum vir die idees van familielede en die vasstelling van dit waarin hulle glo en wat hul verlang van die boerdery.

    Die familieforum formaliseer die deelname van die familie aan die boerderysake in 'n groter mate as die familiebyeenkomste. Dit kan dien as 'n fokuspunt vir die beplanning van die toekomstige verhouding tussen individue, die familie en die boerdery.

    Die familie-adviesraad bevorder verwagtinge en die aanspreeklikheid van die uitvoerende bestuurder van die onderneming. Die adviesraad kan 'n bydrae lewer om die verwagtinge, rigting en belange van die uitvoerende bestuurder en die van klante, verskaffers en nie-familielede te belyn. Die adviesraad kan ook leiding neem in die strategiese beplanning- en spanbouprosesse.

    Die adviesraad kan verder 'n rol speel in die voorkoming van ernstige meningsverskille tussen familielede en die oplossing en bestuur van konflik wat reeds bestaan. Lede van die adviesraad moet bereid wees om moeilike vrae te vra wat die familielede nie sal vra nie.

    Vir familieboerdery is daar verskeie voordele in korporatiewe beheerliggame, waaronder die volgende:

  • Dit bied 'n formele forum vir gesprekvoering en doeltreffende kommunikasie.
  • Dit bied 'n platform om inligting aan aktiewe en onaktiewe familielede deur te gee.
  • Deelname aan die bespreking en beplanning van strategiese vraagstukke, soos die visie, missie en strategieë, skep belynde verbondheid en eienaarskap.
  • Die daarstelling van reëls, prosedures en beleid wat noodsaaklik is vir die sukses van die boerdery.
  • Konflik kan boerdery kelder

    Dit is noodsaaklik dat die familieboerdery 'n deeglike begrip ontwikkel vir die oorsake en gevolge van konflik. Dit kan die uitvoerende bestuurder in staat stel om voorkomend op te tree, of om konflik wat reeds ontstaan het, vinnig en doeltreffend op te los.

    Familieboerderye behoort die voordele van familiebyeenkomste, familieforums of familie-adviesrade spesifiek vir hulle boerdery te ondersoek en, indien nodig, te implementeer.

    Daar word voorgestel dat die hele familie deeglik bewus moet wees van die botsing in belange tussen die familie- en boerderystelsel en bedag daarop moet wees om dié twee van mekaar te skei.

    Navorsing het getoon dat familie-ondernemings wat bestuur word volgens die beginsel dat die besigheid voorrang geniet, op die duur 'n groter kans tot sukses het.

    Die volgende word voorgestel om beter kommunikasie en doeltreffende konflikbestuur te verseker:

  • Plaas familielede in verskillende posisies met verskillende velde van verantwoordelikheid. Niemand moet inmeng nie.
  • Formuleer 'n gedragskode wat onderskei tussen aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag.
  • Stel duidelike riglyne oor winsdeling en ander vorms van vergoeding.
  • Indien konflik voorkom, moet dit dadelik hanteer en nie vermy word nie.
  • Konsentreer op vraagstukke en nie emosies nie.
  • Moedig openlike kommunikasie en gesprekvoering op familiebyeenkomste en familieforums aan.
  • Kommunikeer gereeld oor familie- en boederysake om misverstande of agterdog te voorkom.
  • 30 Mei 2003

    0
     
     
    • 1923 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • John Deere-winkel gewild op Nampo
    • Boer aangerand oor begrafnis

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Koringoes vir 2007 groter
    • Kleinboere deur nuwe boek bemagtig
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction