‘n Moontlike boete van tot R180 miljoen kan Pioneer Foods se voorland wees vir onmededingende praktyke in die meulenaarsbedryf, luidens ‘n berig van Fin24.com. Die maatskappy is onlangs ‘n boete van R195 miljoen opgelê vir onmededingende praktyke in die broodbedryf.
Die Mededingingskommissie het volgens mnr. Boy Blanckenberg, voorsitter van Pioneer, aangedui dat hy sy ondersoek rakende die mielie- en koringmeulenaarsbedryf afgehandel het. Die kommissie het gesê hoewel hy gereed is om sy bevindinge aan die Mededingingstribunaal deur te voer sal hy onderhandelinge rakende ‘n skikking toelaat.
Bron:
Fin24.com
22 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)