Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Nuwe-jaar-vra-aanpassings

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe jaar vra aanpassings

 
JOHAN WILLEMSE

Die meeste ekonome verwag dat die ekonomie sal voortgaan om stewig te groei. Daar is egter nie veel goeie nuus vir die landbou nie.

Geen besonder goeie nuus, maar ook geen besonder slegte nuus nie. 'n Jaar waarin nog meer aanpassings van Suid-Afrika se boere geverg gaan word te midde van 'n redelik stabiele makro-ekonomie. Hierdie is 'n opsomming van my verwagting vir die nuwe jaar.

Die besteebare inkomste behoort verder toe te neem, wat die vraag na veral duurder voedselprodukte verder sal laat toeneem. Invoer sal mededingend bly, terwyl die uitvoerverdienste nie veel sal styg nie. Hierteenoor word verwag dat die kommersiële landbou verder onderhewig sal wees aan struktuurveranderinge om aan te pas by 'n sterk wisselkoers en om internasionaal te kan meeding.

Die verwagting ten opsigte van sleutel ekonomiese aanwysers word in die tabel hiernaas aangetoon. Dit is 'n opsomming van ramings deur Absa se ekonome teen die derde kwartaal van 2005. Hierdie ekonome verwag dat die ekonomiese groei in 2006 sal voortduur - teen 'n effens laer koers as laas jaar.

Aan die ander kant is daar ontleders wat verwag dat die groeikoers eerder verder kan versnel deur verskeie stimulering- en werkskeppingsmaatreëls wat in die jaar verwag word. Dit sal die besteebare inkomste aanhelp, veral dié van mense op die laer inkomstevlakke, en die sterk groei in die vraag na proteïen- en verwerkte varsvoedselprodukte verder stimuleer. Ons kan dus verwag dat die veebedrywe relatief goed sal vaar, maar dat die vraag na basiese graanprodukte sal stagneer.

Internasionaal word verwag dat die wêreld se ekonomieë effens minder sal groei, maar dat Amerika, China en Japan hul groeimomentum sal behou. Die vraag na kommoditeite sal dus sterk bly en dit sal die goudprys en die pryse van ander metale en minerale stewig hou. Dit sal ook aandeelpryse stewig hou.

Die verwagting is dat die Amerikaanse dollar gedurende 2006 verder sal verswak en dat die rand sterk sal bly, ook teen ander geldeenhede as die dollar.

Ongelukkig is 'n sterk geldeenheid nadelig vir die landbou. Suid-Afrika se boere gaan dus meeding met ingevoerde produkte wat goedkoper word, terwyl beduidende stygings in die pryse van uitvoerprodukte feitlik buite die kwessie is.

Die sterk rand beteken ook dat inflasie laag bly. Die verwagte inflasiekoers (VPIX) behoort binne die Reserwebank se mikpunt van 3 % tot 6 % te bly. Dit beteken dat rentekoerse in Suid-Afrika waarskynlik laag gaan bly. 'n Effense styging is wel moontlik, maar dit sal daarna waarskynlik weer terugsak. Dit sal eiendomspryse bevoordeel.

Die groei in invoer, terwyl uitvoer onder druk is, gaan die land se tekort op die buitelandse handelsrekening groter maak. Dit gaan groter invloei van buitelandse kapitaal noodsaak om die tekort te finansier en om die ekonomie te balanseer. Dit beteken die Regering sal moet optree dat buitelandse vertroue behoue bly, want as vertroue geskaad word en geld begin uitvloei, sal die wisselkoers vinnig verswak en inflasie aan die gang sit. Dit benadeel arm mense die meeste - iets waaroor die ANC hopelik gepas begaan is.

Die sterk rand sal beteken dat ingevoerde landbouproduksiemiddele nie veel duurder gaan word nie, terwyl die lae inflasieverwagting dit ook moeiliker maak om prysstygings binnelands deur te gee. Kunsmis het heelwat duurder geword, deels vanweë die styging in ru-oliepryse, maar verdere stygings sal waarskynlik binne perke bly. Die ondersoek wat aan die gang is oor die vasstelling van invoerpariteitspryse kan die pryse van staal, chemiese en verpakkingsmateriaal in toom hou.

Kortom, die vooruitsig vir die makro-ekonomie is redelik goed en die Regering sal probeer om die ekonomie aan die produksiekant te stimuleer en werk te skep om armoede te verminder.

Tog is die verwagting dat die staat nog meer sal sukkel om dienste gelewer te kry. Ek vermoed dat die staat van sy dienste gaan uitkontrakteer aan die private sektor en dat die indiensneming van mense met kundigheid 'n hoër voorrang sal geniet.

Probleme in verband met vigs en gesondheidsdienste sal voortduur. En ongelukkig slaag die Regering nie daarin om die agteruitgang van die platteland te stuit nie.

Daar is politieke ontleders wat meen dat Zimbabwe vanjaar as staat gaan ophou funksioneer en dat dit honger mense op groot skaal na Suid-Afrika sal dryf. Aansienlike voedselhulp aan die streek is dus nie uitgesluit nie. Dit kan die vraag na landbouprodukte, veral stapelvoedsel, versterk.

Die sterk rand, die Regering se beleid ten opsigte van vrye handel, die toepassing van nuwe tegnologie in lande waar groot klem op die landbou geplaas word en die beskikbaarheid van produkte uit lande waar dit doeltreffend en goedkoop geproduseer word, gaan talle landbouprodukte volop en goedkoop hou. Dit beteken dat Suid-Afrika se boere voortdurend moet meeding met ingevoerde produkte, veral ten opsigte van basiese kommoditeite.

Daar is wel goeie moontlikhede ten opsigte van waardetoegevoede voedselprodukte. Mense met innoverende idees sal hierdie veld met welslae kan betree.

Die groei in die ekonomie sal die vraag na voedsel bly verander, weg van basiese stapelvoedsel (mieliemeel en stysel) na die duurder en voedsamer produkte. Vigs se resultaat is dat die behoefte aan meer gebalanseerde voeding toeneem en daar is 'n sterk groei in die vraag na vooraf gaargemaakte mieliepap wat met vitamiene en minerale verryk is en 20 % sojaproteïen bevat.

Die vraag na vleis en diereprodukte gaan sterk bly, maar binnelandse kuddebou en toenemende internasionale siekteprobleme met vleis kan die invoer beperk, wat pryse sal stut. Die binnelandse vraag na groente en vrugte behoort goed te bly, maar toenemende watertekorte sal ook sy invloed laat geld.

Die landbou is onder groot druk. In teenstelling met die ekonomie wat groei, daal die landbou se inkomste skerp. Die grafiek wys die daling in die landbou se inkomste (gemeet in die derde kwartaal van elke jaar).

Die bruto inkomste het die laaste drie jaar met R5 miljard gedaal. Die daling in die jaar tot September 2005 was volgens die Departement van Landbou alleen R3,8 miljard.

Hierteenoor is uitgawes aan die styg. Vir elke R1 se omset het die uitgawes toegeneem vanaf 70 c tot 90 c. Dit beteken dat die winsmarges gekrimp het.

Die netto inkomste het skerp gedaal - vir die jaar tot September 2005 was die daling 35 %. Die bedrag is R5,4 miljard. Die daling oor die laaste paar jaar sal vanjaar voortduur. Die daling word veral veroorsaak deur die afskaling in die akkerbou en invoertariewe wat min beskerming gee. Die tuinbou, veral die bedrywe wat op uitvoer gemik is, kry swaar. Hul inkomste bly daal as gevolg van die sterker wordende rand.

Hierteenoor is daar 'n binnelandse groei in die vraag na proteïen (veeprodukte), terwyl dieresiektes, soos voëlgriep, varkpes, bek-en-klou-seer en malbeessiekte, skynbaar wêreldwyd aan die toeneem is en die handel ontwrig. Dit beperk die invoer en die aanduidings is dat die situasie gaan voortduur.

Die akkerbou krimp ten gunste van vee. Mielie- en koringproduksie gaan na my mening in 2006 nog daal terwyl veeboerdery verder sal groei.

Daar is wel goeie vooruitsigte vir sommige tuinbouprodukte namate nuwe uitvoermarkte weg van die tradisionele Europese markte ontgin word.

Die verdere afskaling wat ons in akkerbou gaan sien, gaan die landbou se netto inkomste verder laat daal. Ek sal nie verbaas wees as ons gaan sien dat die landbou die ekonomie gaan rem nie, veral op die platteland. Agribesighede en ander verskaffers van landbouhulpmiddele in die saaigebiede gaan onder kwaai druk wees.

Opgesom: Aan die een kant is daar die vooruitsig op 'n redelik stabiele makro-ekonomie. Aan die ander kant sal die druk op die landbou nie afneem nie. Allerlei struktuuraanpassings is boere se voorland, deels omdat verbruikers se behoeftes verander en deels omdat sommige produkte goedkoper elders ter wêreld te kry is.

Die struktuuraanpassings se invloed sal versag word deur die groeiende ekonomie en die veranderende vraag na voedselprodukte, wat nuwe geleenthede gaan skep.

6 Januarie 2006

1
 
 
  • 1511 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boere se skuld hersien?
  • Iets skort met koringpryse, s
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction