Menu
 

Jan Cilliers
28 Julie 2002

1941 keer gelees | 0 kommentaar

Waardetoevoeging op die plaas, 'n alles-in-een-diens, onvoorwaardelike dienslewering en wins vir aandeelhouers deur innovering, is die grondslag waarop OTK 'n geslaagde landboubesigheid bou. Landbouweekblad het met mnr. Graham Ebedes, hoofbestuurder van OTK, hieroor gesels.


Waardetoevoeging op die plaas, 'n alles-in-een-diens, onvoorwaardelike dienslewering en wins vir aandeelhouers deur innovering, is die grondslag waarop OTK 'n geslaagde landboubesigheid bou. Landbouweekblad het met mnr. Graham Ebedes, hoofbestuurder van OTK, hieroor gesels.

'n Boer moet wins maak deur sy boerdery en 'n aandeelhouer moet 'n wins op sy belegging in 'n sake-onderneming maak. Met dié beginsel as uitgangspunt het OTK sy hele sakebeleid en -model begin herbou en binne 'n baie kort tydjie daarin geslaag om sy wins as sake-onderneming dramaties te verhoog.

Binne 'n jaar ná sy nuwe sakevisie aangekondig is, het die wesensverdienste per aandeel die verwagting oortref en met 25 % tot 75 c toegeneem. Die bedryfswins het met 49 % tot R324,4 miljoen gestyg en nabelaste wins met 84 % tot R229,2 miljoen.

Mnr. Ebedes sê OTK, wat sedert 1923 bestaan, het 'n geskiedenis opgebou van gesonde sakebeginsels, met versiende boereleiers aan die spits daarvan. Dié landboukoöperasie was in 1996 ook die eerste koöperasie wat tot 'n maatskappy omgeskakel is. Voorts beskik die besigheid oor 'n uitstekende korps mense in sy diens.

Die nuwe sakevisie en -model wat teen die einde van die 2001/02-boekjaar ontwikkel is, is in die afgelope boekjaar in werking gestel. Beleggings wat aandeelhouerswaarde vernietig, is verkoop, en kernbesigheid is geïdentifiseer as die verskaffing van dienste aan klante wat deur vier sakebene gesteun word, sê mnr. Ebedes.

Agri-Produkte, die eerste sakebeen, behels kortliks die hantering, gradering, opberging, bemarking en verhandeling van landbouprodukte, asook logistieke oplossings aan boere en verwerkers van landbouprodukte. OTK se katoen-, veevoer- en braaikuikenbelange is ook deel hiervan. In oestyd word silo's dag en nag oopgehou as boere hul produkte wil lewer.

Die somergraanoes wat die afgelope seisoen by die silo's afgelewer is, was 32 % minder as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar, maar vroeër as gewoonlik. Dít het aan boere die voordeel van vervroegde kontantvloei en beter pryse gegee.

Agri-Handel is 'n netwerk van 54 kleinhandelwinkels. Winkels bly oop solank as boere wil koop. Sommiges maak al soggens sesuur oop en bly soms in oestyd tot 18 uur per dag en sewe dae per week oop.

Een van die mees geslaagde inisiatiewe die afgelope jaar was die aanstelling van sleutelrekeningbestuurders om OTK se dienste na die plaas te bring. Dié sleutelrekeningbestuurders gaan na die plaas, waar hulle vasstel wat 'n boer benodig en stel dan 'n volledige reeks OTK-dienste vir hom saam.

Hierdie bestuurders is aangestel om persoonlike verhoudings met boere te ontwikkel, hul boerderybesigheid deur en deur te leer ken en dan alle benodigdhede te voorsien. Hulle moet ook ten opsigte van meer gespesialiseerde dienste, soos finansiering, versekering en presisieboerdery, as skakel optree om spesialiste na die boer te lei.

Agri-Finansiering verskaf sake- en risikobestuursdienste aan boere, handelaars en verwerkers van landbouprodukte. Die bekendstelling van 'n unieke oesversekeringsproduk het baie byval onder boere gevind en die getal hektaar onder versekering het meer as verdubbel. Boere word ook 'n omvattende en onafhanklike finansiële diens aangebied. Verskeie gesamentlike ondernemings is met spesialis-verskaffers vir dié doel gestig. Mnr. Ebedes wys op die feit dat die boerdery-omgewing die afgelope tyd drasties verander het. Boere moet nou risiko's bestuur, maar daar kan nie van elke boer op 'n plaas verwag word om alles te weet nie. Sy diensverskaffer moet hom hiermee bystaan, sodat hy waarde op die plaas kan toevoeg en 'n wins kan maak.

Daarom het OTK 'n vierde sakebeen, Agri-Dienste, gestig. Daardeur word presisie-boerderytegnieke, laboratoriumdienste en die verskaffing van die nodige intellektuele kapitaal voorsien vir die uitvoer van landbouprodukte na winsgewende buitelandse nismarkte.

Hieronder tel produkte soos blomme, neute, sekere vrugte en bessies. Daar is beslis markte vir dié produkte en OTK is besig om dit te vind. Hy was pas op 'n byeenkoms van die Harvard Business School in Londen oor landbou en daar het Nederlandse blomkwekers die vrees uitgespreek dat Afrika besig is om 'n bedreiging vir die Hollandse blommemarkte te word.

OTK se direksie is ten gunste van uitbreiding na ander dele van die land en selfs na lande suid van die Sahara - nie net om te groei nie, maar om beter dienste aan sy boere en aandeelhouers te lewer.

Hy wil nie die persoonlike kontak met boere verloor nie. Hy is voortdurend in kontak met boere en hulle kan hom enige tyd van die dag of nag kontak as hulle 'n probleem het waarmee hy kan help. Die onderneming is reeds bedrywig in lande soos Zambië, Malawi en Mosambiek. Daar word ook gekyk na moontlike uitbreiding na Australië en lande in Suid-Amerika wat baie geleenthede bied.

Mnr. Ebedes sê Suid-Afrika se boere staan nie agteruit vir boere elders in die wêreld nie. Vir enige land is sy kommersiële boerderygemeenskap van die uiterste belang en geen regering kan toelaat dat kommersiële landbou in 'n land tot niet gaan nie - ook nie in Suid-Afrika nie.

Suid-Afrika is deel van die globale wêreld en boere het tans geleenthede soos nog nooit vantevore nie wat hulle moet benut. Die owerhede moet daarvan oortuig word om nuwe markte te verower en groter toegang tot bestaande markte beding deur met die leiers van ander lande hieroor te onderhandel.

Landboubesighede het ook die verpligting om hul boere te help om waarde tot hul boerderye toe te voeg en meer geld te maak deur hulle met nuwe, dinamiese innovasie te help om nuwe markte vir hul produkte te kry.

Daar is nog talle boere in Suid-Afrika wat winsgewende boerderye bedryf. Boere is meestal te beswaard oor boerdery. Daar is nog genoeg rede tot optimistiese denke oor die boerdery. Deur meer optimisties oor die landbou te dink en te praat, kan boere ook die Regering én die verbruiker aan hul kant kry, sê mnr. Ebedes.

26 Julie 2002


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.