Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Plant-minder-vir-meer-geld

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Plant minder vir meer geld

 
JOHAN WILLEMSE

Graan Suid-Afrika raai boere aan om hul somersaaigewasse in die nuwe produksietyd drasties te verminder. Dit behoort die binnelandse mark terug te bring na 'n posisie waar daar eerder tekorte in die aanbod is, teenoor die huidige ooraanbod, wat tot aansienlik hoër produsentepryse vir somergraan sal lei.

Die standpunt van Graan Suid-Afrika dat aanplantings van somergraangewasse in die komende seisoen met sowat 2,9 miljoen hektaar verminder moet word, word taamlik sterk na boere in die produksiegebiede uitgedra en druk word op hulle uitgeoefen om daaraan gehoor te gee. Die benadering is dat as saaiboere die aanbod nie op dié manier bestuur om heelwat hoër pryse as nou te kry nie, daar baie probleme vir hulle voorlê. Dié boodskap en standpunt van Graan SA skep nogal taamlik ongemak onder heelwat saaiboere.

Die boodskap val ook saam met die hele stoeiery oor die aanwending van die Mielietrustgeld en die dilemma met die koringtarief (Graan SA het aansoek gedoen vir 'n hoër tarief, maar dit is verlaag). Saaiboere praat heelwat onder mekaar in 'n poging om 'n nuwe rigting in en benadering tot saaiboerdery in Suid-Afrika te vind.

Daar is boere wat Graan SA se benadering sterk steun en sê dat die tyd aangebreek het dat boere moet saamstaan en aan die Regering 'n sterk boodskap stuur. Dat heelwat boere nie met die benadering saamstem nie, is beslis ook waar. Die verbruikers en verwerkers van akkerbouprodukte weerhou hulle tans van te veel uitsprake, maar 'n ernstige ongemak is aan die oplaai.

Die aanbevelings het 'n invloed op besluite ten opsigte van moontlike nuwe beleggings om graan en oliesade te verwerk asook op besighede se besluite oor die verkryging van grondstowwe. Die vraag na intensiewe diereprodukte, gegrond op die aanbod van onder meer mielies vir veevoer teen billike pryse, groei sterk. Die huidige situasie is dat die aanbeveling om geen mielies te plant nie, baie van dié besluite weer in die weegskaal plaas.

In die volgende weke sal saaiboere belangrike besluite moet neem oor produksie en bemarking in die nuwe produksietyd. Dit gaan 'n tydperk van ernstige debatte en selfondersoek wees. Kopers en verwerkers sal moet besin oor hul strategie en aankoopbenadering vir die toekoms. Die feit is elke saaiboer se posisie is uniek en sy hulpbronne, kostestruktuur, produksie en bemarkingsmoontlikhede verskil. Die ligging en ooreenkomste met aankopers verskil, so ook die moontlikhede om self waarde tot die produk toe te voeg. Daar is 'n toenemende besef onder ondernemende boere dat hulle as sakemense hul eie besluite en heil sal moet uitwerk .

Elke boer se situasie verskil en elkeen sal self moet besluit wat vir hom die beste is. Daar is heelwat saaiboere wie se besigheid só gestruktureer is dat dit ernstige implikasies sal hê as hulle geen mielies produseer nie. Terselfdertyd moet ons sê dat die dae van produseer sonder 'n mark en aanwending, vir watter produk ook al, finaal getel is. Die bestaansreg van enige besigheid is daarin geleë dat dit 'n produk of diens lewer waarvoor daar 'n lonende mark is. Dit beteken dat die onderneming presies weet wie die kliënt is, wat die kliënt se behoefte is en daarin voorsien.

Plantaanbevelings

Dit spreek vanself dat daar verskille sal wees oor Graan SA se benadering, berekenings en metodes en aanbevelings aan boere.

In die geval van mielies bereken Graan SA dat daar produksieruimte vir 812 857 ha mielies is om die mark met die minimum pyplynvoorraad in 2007 te laat. Die aanbeveling van Graan SA is dat mielies nie teen huidige prysvlakke winsgewend geproduseer kan word nie en dat boere in die komende seisoen geen mielies moet plant nie. Dit beteken dat verlede jaar se 2,9 miljoen hektaar mieliegrond (sien tabel), alternatiewe aanwendings en finansieringsopsies benodig.

Daar woord aanbeveel dat sonneblomproduksie met 21,7 % tot 605 000 ha uitgebrei word, wat 'n effens groter oes as verlede jaar behoort te gee. Dié aanbeveling is gegrond op die huidige seisoen se verwerkingsvlakke en neem nie die invoer van oliekoek en plantaardige olie asook moontlike nuwe verwerkingsmoontlikhede in ag nie.

Grondboonaanplantings kan met 42 % tot 60 784 ha uitgebrei word, met 'n moontlike oes van 93 000, maar die aanbeveling is dat kopers en kontrakte eers gevind moet word.

Dit sou sekerlik vir alle produksiebesluite in alle besighede geld.

Sorghumaanpantings het volgens Graan SA se berekeninge 'n produksieruimte van net 13 095 ha en behoort met 87 % verminder te word. In hierdie geval behoort boere ook seker te maak dat hulle kontrakte het.

Graan SA is nie bereid om 'n aanbeveling oor sojabone te maak nie, maar wys daarop dat die huidige binnelandse vraag van sowat 200 000 ton, asook die ekwivalent van ingevoerde sojaprodukte, 'n potensiële mark vir 812 500 ton bone sou kon gee. Die verwerkingsvermoë is egter die probleem en boere sal elkeen self moet besluit. As soja-biodiesel-aanlegte gebou gaan word, sal die situasie uiteraard verander.

Ten slotte

Dit is duidelik dat baie saaiboere uiteindelik voor belangrike besluite te staan gekom het. Gegrond op die voorgenoemde benadering beteken dit dat daar vanjaar sowat 2,9 miljoen hektaar minder gesaai moet word. In 'n vryemarkomgewing, waar die Regering nie bereid is om ondersteuning te gee nie, is elke landbou-ondernemer en -besigheid op homself aangewese om die produkte te produseer waarvoor daar 'n lonende mark is en om die kliënte en hul behoeftes te identifiseer en daarin te voorsien.

Hiermee saam sal elke onderneming se hulpbronne, finansies en ondernemingsgees verskil, wat verskillende moontlikhede tot gevolg sal hê. As produsente van enige produk net produseer en dan in die ope, mededingende mark wil gaan verkoop, sal hy met 'n kommoditeit meeding. Handel sal op die laagste prysvlak in die mark plaasvind.

Drastiese vernuwing lê vir die hele akkerbou-aanbodketting voor - van die produsent tot die insetverskaffer en verwerker, want die ou model is uitgedien.

2 September 2005

0
 
 
  • 1712 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Wynbedryf is sleutel in toerismesektor
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction