Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Roeringe-onder-landboubesighede

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Roeringe onder landboubesighede

 
JOHAN WILLEMSE

Die jaar het begin met groot beroeringe onder die landboubesighede. Met die swak landboujaar wat te wagte is, kan 'n mens verwag dat heelwat ongemaklike situasies gaan ontstaan — veral aanstaande jaar.

Boere wat lede of aandeelhouers van 'n landboubesigheid is, hetsy koöperasie of maatskappy, behoort hulself weer te vergewis van hul regte en verpligtinge in verband met hul lidmaatskap. Die lede van Veeboere Koöperatief Beperk (Stockowners) in Natal het pas verneem dat hulle hul onopbetaalde aandele opbetaald moet maak om só die kapitaal te voorsien wat nodig is om die onderneming aan die gang te hou.

Intussen het Natal-Agri se finansiële posisie ook só verswak dat hy in 'n oornamestryd beland het, met heelwat verdagmakery aan die gang. Hierby moet ons die verknorsing voeg waarin die melkmaatskappy Parmalat in Europa beland het. Dit is onwaarskynlik dat Parmalat in sy huidige vorm in Suid-Afrika sal voortbestaan.

'n Hele aantal landboukoöperasies het van die toneel verdwyn. Die meeste is oorgeneem deur nie-boere-aandeelhouers of deur bestaande landboubesighede. Voorbeelde is Vaalharts Koöp. wat deur Senwes oorgeneem is ('n finansiële reddingspoging) en Laeveld Koöperasie wat deur Afgri oorgeneem is. Afgri is nou in die finale proses om Natal-Agri oor te neem.

Dan was daar in die laaste jaar of wat ook die oornamepoging van BKB deur OVK en die probleme binne BKB. Kolosus, eens deel van die magtige Vleissentraal, het onlans vir 'n paar rand 'n nuwe eienaar gekry. Voeg hierby dat die uitskop van nie-kernbesighede — dinge soos motorhawens, 'n kunsmisaanleg en 'n braaikuikenonderneming — deel was van Senwes se omdraai-strategie.

Die kern van baie van die gebeure is dat boere beheer verloor het oor 'n groot aantal ondernemings wat in die 1980's en 1990's opgerig is met die oog op waardetoevoeging.

Daar was baie kongresdebatte oor verwerkers wat wins uit die boer se produk maak. Die groot dryfveer was om waarde toe te voeg tot die boer se produk, wat deur die koöperasie gehanteer is. Baie van die nuwe ondernemings het baie kapitaal geverg en in baie gevalle, só glo ek, was die bestuur nie opgewasse vir die groter uitdaging nie en het direksies verkeerde besluite geneem.

Onder Natal-Agri se probleme is die oprigting van 'n sojaverwerkingsaanleg wat produkte sou vervaardig waarvan die meeste mense nog nie eens van gehoor het nie. Kundiges in die sojavoedselbedryf het gewaarsku, maar dit was verniet.

Veeboere het sedertdien erken dat sy beleggings in ondernemings buite sy kernbesigheid tot groot verliese gely het.

Een van die ander aspekte wat nie uit die oog verloor moet word nie, is die groot rol wat ledefinansiering gespeel het en die voortspruitende slegte skuld wat boere nie kon terugbetaal nie. In baie gevalle was dit die enkele grootste struikelblok.

Met die verskaffing van finansiering aan hul lede het koöperasies hulle op groot skaal op die terrein van finansiële instellings gewaag.

Op baie landboubesighede/koöperasies se state is debiteure steeds die enkele grootste bate. Daar is gevalle waar dit tot 70 % van die bates uitmaak. Dit is dan ook geen wonder nie dat in swak toestande (selfs die laaste paar redelik goeie jare) dit juis die groot swak plek is. Koöperasies/landboumaatskappye is nie banke nie en is nie toegerus om 'n finansieringsrol te speel nie. In geval van Veeboere is dit een van die grootste struikelblokke — en ek vermoed ook by Natal-Agri. Afgri het onlangs sy debiteureboek aan die Land Bank verkoop, terwyl Senwes aggressief werk om syne te verklein (grafiek 1).

Die huidige swak landboujaar slaan wyd. Dit is nie net die onsimpatieke klimaat nie, maar ook die sterker rand. Die resultaat gaan wees groter uitstaande debiteure op die balansstaat en te min kontantvloei om die debiteure te finansier.

Veral die kleiner koöperasies, kelders pakhuise en landboubesighede sal dit voel.

Direksies en besture sal vroegtydig planne moet maak, anders lê hier groot moles voor. Dit geld ook die lede wat in sekere toestande aanspreeklik gehou word as kapitaaltekorte sou ontstaan. Boere sal hulself moet vergewis van hul posisie deur die statute of aandeelhouersooreenkomste na te gaan.

Daar gaan in die volgende jaar of twee nog heelwat finansiële druk wees, en nog oornames is nie uitgesluit nie. Die sterkes gaan sterker word en die tradisionele grense waarbinne koöperasies voorheen sake gedoen het, sal verder vervaag. Dit lyk of Afgri besig is om sy besigheidsaktiwiteite landwyd te vestig. As dit gebeur, sal dit besigheid wegneem van die kleiner ondernemings. Mededinging gaan toeneem en diens gaan die groot dryfveer word. Só ook finansiële vermoë en kundigheid.

Boere se huidige aandeel in elke rand wat die verbruiker aan kos bestee, sal verklein namate waardetoevoeging (verwerking, verpakking en bemarking) buite die plaashek toeneem. Dit word in grafieke 2 en 3 gewys.

Ten slotte: Die vereistes om produkte verder te verwerk, verg nie net kapitaal nie, maar ook baie kundigheid om aan die toenemende gesondheidsvoorskrifte en regulasies te voldoen. In baie gevalle sal boere ook moet aanvaar dat die Afrikaner-sindroom van "beheer wil hê", verruil sal moet word om deel te word van 'n groter onderneming, waar lewenskrag en vooruitgang, en selfs finansiële oorlewing, moontlik is.

6 Februarie 2004

0
 
 
  • 1369 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die Plan en bek-en-klou is suksesstories
  • Talle bekendes by konferensie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction