Menu
 

Deur KOBUS SMIT
18 Januarie 2010

15033 keer gelees | 10 kommentaar

Argentinië is die grootste enkele uitvoerder van landbouprodukte na Suid-Afrika en Mosambiek is een van die top vyf bestemmings vir die RSA se landbouprodukte.


Argentinië is die grootste enkele uitvoerder van landbouprodukte na Suid-Afrika en Mosambiek is een van die top vyf bestemmings vir die RSA se landbouprodukte.

Suid-Afrika het ‘n lewendige handel in ‘n groot verskeidenheid van produkte met verskeie ander lande van die wêreld. In hierdie artikel word aandag gegee aan hoe ‘n belangrike deel landbouprodukte van hierdie handel uitmaak asook watter lande en watter produkte betrokke is.

Invoer
In 2007 het Suid-Afrika goedere van alle soorte ter waarde van R484,8 miljard ingevoer. Hiervan het landbouprodukte R29,3 miljard (6%) uitgemaak. Tien jaar vroeër was die waarde van landbou-invoere R9,4 miljard wat 6,6% van alle invoere uitgemaak het.

Die waarde van landbou-invoere het in die tien jaar met 212% toegeneem maar die invoer van “alle produkte” het egter aansienlik vinniger toegeneem sodat die proporsionele deel wat landbou van die totaal uitmaak inderwaarheid afgeneem het tot 4,4% in 2006. Die daarop volgende jaar het dit egter weer begin toeneem.

Produkte ingevoer
Omdat rys nie eintlik plaaslik geproduseer word nie, bly dit die produk met die hoogste invoersyfer die afgelope dekade. Die waarde van rys invoere in 2007 was R 2,1 miljard of 7,2% van alle landbou-invoere. Die tweede belangrikste invoerproduk was koring wat 6,2% van alle landbou-invoere verteenwoordig. Daar was altyd betreklik groot hoeveelhede koring ingevoer maar dit toon veral sedert 2004 ‘n baie skerp styging. Die derde belangrikste invoerproduk is pluimveevleis wat sowat 5,5% van landbou-invoere beloop. Ook dié produk toon ‘n skerp styging in invoere sedert 2004.

Die invoer van mielies het in 2007 R1,4 miljard (5% van alle landbou-invoere) beloop. Dit was die hoogste syfer vir mielies tot in daardie stadium. Die invoer van mielies het oor die jare baie gewissel na gelang van die plaaslike oes om te korte gedurende droogte tye aan te vul. Palmolie het 4,7% van landbou-invoere uitgemaak en is die vyfde grootste invoer produk. Dit het oor die jare geleidelik toegeneem maar het in 2007 byna verdubbel van die vorige jaar.

Hierdie vyf belangrikste landbou-invoerprodukte verteenwoordig net minder as 30% van alle landbou-invoere.

Lande van oorsprong
Argentinië is verreweg die belangrikste land vanwaar landbouprodukte ingevoer word. Die land het Amerika in 2001 verbygesteek as nommer een-invoerland en tans kom 20,7% van alle landbou-invoer uit Argentinië.

Brasilië is die tweede belangrikste invoerland met 9,4% van alle invoere. Invoer uit dié land het dramaties gestyg die afgelope dekade met meer as 1 600%. Brasilië het in 2005 daarin geslaag om Amerika is tans die derde belangrikste verskaffer van landbou-invoere (7,5%). Invoere uit Amerika toon ‘n baie geleidelike styging oor die 10 jaar maar het in 2007 skerp begin styg.

Groot Brittanje is die vierde belangrikste verskaffer van landbouprodukte en toon, net soos Amerika, ‘n geringe styging in invoere oor die afgelope dekade. Invoer uit hierdie land het in 2007 R1,8 miljard (6,2%) beloop. Thailand is die vyfde belangrikste verskaffer van landbouprodukte sedert 2004. Invoer beloop tans 5,5% van alle landbou-invoere.

Invoer uit dié vyf lande beloop gesamentlik 49% van alle landbou-invoere.

Uitvoer

In 2007 het die RSA goedere van alle soorte ten bedrae van R463,2 miljard uitgevoer, waarvan landbouprodukte R30,6 miljard of te wel 6,6% beloop het. Die landbouprodukte bestaan uit verwerkte produkte (3,9%) en varsprodukte (2,7%). In 1998 het landbou-uitvoer bykans 10% van alle goedere wat uitgevoer is, beloop. Al het landbou-uitvoer in die 10 jaar met 125% toegeneem, was dit nie naasteby teen dieselfde tempo as die van ander goedere nie en het landbou-uitvoer as persentasie van totale uitvoer gedaal.
 

Produkte
Tans is wyn die belangrikste landbou-uitvoerproduk en verteenwoordig 15,4% van alle landbou- uitvoer. Dit was vir ‘n lang tyd die derde belangrikste uitvoerproduk naas sitrusvrugte en suiker maar het sedert 2002 skerp begin toeneem. Sitrusvrugte is tans die tweede belangrikste uitvoerproduk maar is al vir baie jare onder die top drie. Dit verteenwoordig tans 14,1% van alle landbou- uitvoer.

Suiker, wat vir baie jare die nommer een uitvoerder was, is tans derde teen 8,8%. Dit het in die tydperk 2002 tot 2005 bietjie teruggesak maar het sedert 2006 weer begin herstel. Tafeldruiwe is die vierde grootste uitvoerproduk (8,5%) en toon sedert 2002 baie sterk groei. Appels het oor die jare geleidelik bly styg en is tans vyfde met 7,6 %. Dit het veral in 2007 ‘n baie goeie uitvoerjaar beleef.

Gesamentlik verteenwoordig hierdie vyf produkte 54% van alle landbou-uitvoer.

Bestemmings
Die Verenigde Koninkryk is al vir baie jare die nommer een bestemming vir Suid Afrikaanse landbouprodukte. In 2007 is bykans 15% van alle landbou-uitvoer daarheen gestuur. Dit was ook die afgelope dekade een van die vinnig groeiendste markte vir die uitvoer van die RSA se landbouprodukte.

Nederland is tans tweede en het die afgelope dekade die vinnigste gegroei van alle bestemmings (±280%). Die uitvoer beloop tans 11,6% van alle landbou- uitvoer.

Duitsland (5,6%) beklee tans die derde plek en het veral sedert 2002 sterk gegroei. Mosambiek lyk aanvanklik na ‘n verrassing in die vierde plek met 4,6%, maar die land lê al die afgelope tien jaar onder die top vyf bestemmings vir RSA landbouprodukte.

Amerika is in die vyfde plek met 4,4% en toon ‘n geleidelike groei maar is besig om sterker toe te neem sedert 2001.

Ander belangrike bestemmings die afgelope tien jaar was Japan, België en Italië. Op die Afrika-vasteland was Zimbabwe ‘n tyd lank ‘n belangrike bestemming maar dit het die afgelope twee jaar drasties afgeneem. In totaal was die top vyf lande verantwoordelik vir 41% van alle landbou-uitvoer.

Opsomming:
Suid Afrika bly aktief in die internasionale handel in landbouprodukte. Die proporsionele deel van landbou- uitvoer in verhouding tot alle uitvoer is egter besig om geleidelik af te neem. Dit is egter belangrik om te weet dat Suid Afrika steeds ‘n netto uitvoerder van landbouprodukte is.

Bron: Kortbegrip van Landboustatistiek 2008.

* Geskryf deur Kobus Smit. Hy was van 1993 tot 2000 voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Hy het sedert sy aftrede steeds 'n lewende belangstelling in landbousake in die algemeen en in besonder in landbou-ekonomie en landboustatistiek. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com.

18 Janurie 2010
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/16 03:03:04 PM

dit is goed om die goed te ken


Liesel Marais

2011/04/12 08:53:21 PM

Dankie inligting my baie gehelp. Dogter in Gr.6 moet taak doen oor invoer produkte na SA.


Charmaine Marais van Upington

2011/03/05 01:19:50 PM

Baie dankie vir die hulp-word baie waardeer.


Joyce Papier 1 Maart 2011 17:36

2011/03/01 05:36:57 PM

My dogter moet 'n taak doen oor die uitvoere en invoere van ons land en ek kry geen redes vir die uitvoere nie. Help asb.


Tina Du Plessis

2010/05/03 07:39:06 PM

My dogter nou in Gr5 moet n taak doen oor invoer en uitvoerprodukte van n ander land na ons land.Baie interesante artikels op die webwerf.Baie Dankie!Trots Suid Afrikaans


Wonder net

2010/01/18 12:52:58 PM

Watter produkte voer die Argnetyne so baie hierheen uit?


Morne Van Eeden

2013/02/17 07:45:28 PM

dankie vir die hulp ek waardeer dit baie


Anneli wentzel

2013/03/08 09:38:21 PM

My kind in graad 9 doen ook 'n taak oor invoer en uitvoer produkte. Weet julle dalk na watter lande die produkte uitgevoer word en vanaf watter lande dit ingevoer word


Samantha Swart

2013/04/13 03:38:56 PM

Hallo julle baie dankie yis dit het baie gehelp. My niggie is in Graad 6 en moet alles weet oor invoer en uitvoer produkte. Sal daarvaan gehou het as daar dalk prentjies ens was. Maar sal dit gaan google.


Petro vd Berg

2013/04/21 11:38:14 AM

MY kind moet 'n taak maak oor Nasiebou Trots Suid-Afrikaans enige inligting sal help asb. Gr 8

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele