Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Safex-aant-kwyn

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Is Safex aan't kwyn?

 
JOHAN WILLEMSE

Dit sal alle betrokkenes in die graanmarkte loon om ernstig te besin oor Safex se pad vorentoe. Dit sal dalk goed wees as makelaars se vergoeding aan die verskansingsprestasie gekoppel kan word.

Boere het die landboutermynmark Safex, wat nou deel van die Johannesburgse Sekuriteitsbeurs is, die afgelope tyd wyd bespreek. Heelwat kwessies wat graanboere kwel, word aangeraak. Die bekende vervoerdifferensiaal was onlangs op Graan SA se kongres ter sprake. Dan is daar die vraag wat baie boere kwel: Kan kopers en spekulante nie die mark tot hul eie voordeel manipuleer nie?

Die vraag waarom graan- en oliesaadpryse op Safex skerp daal, selfs tot vlakke waar boere se koste nie gedek word nie, word veral weer die afgelope tyd gevra. Die daling vind ook in oestyd plaas. Koringboere in veral die Wes-Kaap is ontevrede omdat die dalende Safex-pryse nou juis in planttyd plaasvind, en die kontrakpryse wat tans in die Wes-Kaap aan koringboere aangebied word, aansienlik laer is as die ekwivalent wat van Safex afgelei is.

Safex het met die deregulering van landboubemarking tot stand gekom. Termynmarkte met termynkontrakte ("futures") en opsies is nie tot die landbou beperk nie. Dit bestaan vir 'n wye verskeidenheid produkte en dienste. Dit is veral sterk ontwikkel aan die finansiële kant, maar ook ten opsigte van metale in die wêreld.

Die nuutste ontwikkeling is 'n termynmark in weerinstrumente in Amerika, waar nie net boere hulle teen weerveranderinge kan verskans nie, maar ook konstruksiemaatskappye, kragopwekkingsmaatskappye en vele ander. In Suid-Afrika is daar die landboutermynmark en die finansiële termynmark op die beurs. Die landbou-afdeling werk volgens die beurs se reëls, maar onder regeringstoesig.

Die doel van 'n termynmark met sy verskillende instrumente is om 'n sentraal gereguleerde basis te skep waar kopers en verkopers posisies kan inneem om hulle teen die onderliggende beweging in die produk/instrument se prys te beskerm.
Deelname is nie beperk tot produsente of gebruikers nie, maar is oop vir enigeen wat meen daar is 'n wins te maak. Dit is 'n erkende feit dat spekulante grootliks tot die likiditeit in 'n beurs bydra, want hulle stel hulself daarop in om, wanneer hulle meen dat pryse "te laag" is, te koop en omgekeerd, met die doel om 'n wins te maak. Baie van hulle neem posisies oor 'n langer tyd in, byvoorbeeld as hulle meen dat mielies te goedkoop is en pryse heelwat kan styg. Beleggingsfondse het die afgelope paar jaar 'n groot rol begin speel.

Daar is selfs spekulante wat tydens die sessies koop en verkoop en poog om nie die dag met oop posisies af te sluit nie, want dit kan nogal heelwat geld verg as die mark teen jou beweeg. Die rede vir die toetredes was dat beleggingsbestuurders weens die swak prestasie van die aandelebeurse alternatiewe moes vind om vir hul beleggers wins te maak.

In Suid-Afrika is daar die bekende geval van die Safex-handelaar W.J. Morgan, wat 'n jaar of wat gelede met pensioenfondsgeld so 'n groot posisie in die mieliemark ingeneem het. Toe die onderliggende mark in die teenoorgestelde posisie beweeg het, het die verkeerde bestuur van die posisie tot groot verliese vir die beleggers gelei. Meer onlangs is daar die geval van die Propergroep se filiaal Propermark, wat ook met die verkeerde bestuur van spekulasieposisies met ander se geld groot verliese vir die beleggers gely het.

Safex het onder druk begin om ná die Morgan-geval sy reëls vir verhandeling heelwat te versterk om te keer dat spekulante nie té groot posisies in die mark inneem nie, maar ook dat deelnemende maatskappye se finansies onder die loep geneem word.

In Amerika is taamlike streng reëls, veral oor die grootte van 'n posisie wat enige maatskappy of deelnemer kan hê. Dit word gewoonlik beperk tot 'n sekere persentasie van die sogenaamde oop posisie op die beurs om te keer dat daar nie onderliggende pogings is om die mark in 'n sekere rigting te stuur nie.

Die reëls is ook aansienlik in die afgelope jaar in Suid-Afrika opgeknap, wat tot gevolg het dat dit al hoe moeiliker raak om só te spekuleer dat dit tot nadeel van die mark is. Die strenger reëls het sekerlik daartoe bygedra dat minder spekulante aan die mark deelneem.

Die ander groot faktor is dat die aandelebeurs oor die afgelope jaar weer taamlik gunstige opbrengste gegee het en fondsbestuurders het verkies om eerder meer daar te belê.

Die resultaat is dat die transaksies op Safex oor die afgelope jaar afgeneem het en dat die hoeveelhede wat tans verhandel, gelykstaande is aan dié van 2001. Daar word onderskeid getref tussen die aantal kontrakte wat per tydperk verhandel word en die totale oop posisies. Die oop posisies is die posisies wat vorentoe gedra word, wat meestal heelwat meer is as die transaksies wat gesluit word.

Grafiek 1 toon die totale landbou-kontrakte wat op Safex verhandel is, opsies en termynkontrakte, asook die oop posisies daarvan. Die dalende neiging is duidelik. Dit is veral in die eerste deel van vanjaar wat die aantal kontrakte aansienlik afgeneem het. Die getal kontrakte wat in Mei 2003 verhandel het, was sowat 183 285. Dit het tot Mei 2004 met 46 % gedaal. Die oop posisies het ook oor dié tydperk van 146 949 met 40 % gedaal. Die daling in albei is duidelik. Veral die daling in die aantal kontrakte teenoor die oop posisies dui op minder spekulasie in die mark.

Die ander rede is natuurlik ook dat boere al hoe meer sku raak om Safex te gebruik as gevolg van vele voorbeelde waar boere op verkeerde advies posisies ingeneem het waarvoor groot marges inbetaal moes word. Baie van die posisies was suiwer spekulasieposisies en beslis nie om prysrisiko te verskans nie.

Daar was talle boere wat al te kenne gegee het dat hulle 'n Safex-posisie het, maar as hulle gevra word wat die verskansingstrategie is, weet hulle nie. Daar is selfs boere wat nie eers weet presies watter posisie hulle het nie, maar die marges gaan sommer regstreeks van die bankrekening af of van die koöperasierekening.

Die probleem is dat die meeste makelaars hul inkomste verdien uit die aantal transaksies en nie op grond van die raad wat gegee word nie. Die probleem is ook dat daar nog 'n baie groot persentasie boere is wat nie verstaan hoe verskansing vir 'n boer werk nie, hulle doen suiwer spekulasie. Die beskikbare Safex-instrumente word in die meeste gevalle na my mening heeltemal verkeerd gebruik en bestuur.

Die daling in volumes op Safex (termynkontrakte vir Julie) ten opsigte van wit mielies word in grafiek 2 getoon, dié van koring (Desember-kontrak) word in grafiek 3 getoon en sonneblomme in grafiek 4.

Die dalende prysneiging korreleer baie goed met die dalende volumes. Dit is net die koringkontrak vir Desember 2004 wat betreklik sterk groei.

Dit sou sekerlik 'n oorvereenvoudiging wees om af te lei dat die dalende pryse se oorsaak die dalende volumes op Safex is. Dit sal wel waar wees om te sê as al hoe minder markdeelnemers Safex gebruik, die risiko al hoe groter raak dat Safex-pryse nie die onderliggende fundamentele markfaktore weerspieël nie.

Daar is ook toenemend gevalle waar boere en kopers kontrakte sluit teen pryse wat nie die Safex-vervoerdifferensiaal weergee nie. 'n Logiese kontantmark ontwikkel egter nou waar die boer die voordeel kry van die koper of verwerker nader aan hom. Die onderliggende prysneiging is egter steeds dié van Safex, want dit is die enigste prysmeganisme wat daar tans in Suid-Afrika is.

Daarom sal dit alle betrokkenes in die graanmarkte, ook kopers in die veebedryf, die moeite loon om ernstig te besin oor die pad vorentoe op Safex en om weer oor die spelreëls en deelname van verskillende spelers te besin. Dit sal myns insiens goed wees as die grondslag van vergoeding van makelaars aan die verskansingsprestasie gekoppel kan word, dit wil sê die prysrisikobestuur se doeltreffendheid vir die boer en die koper, en nie aan transaksies nie. Laasgenoemde gee nie 'n aansporing vir prestasie nie.

25 Junie 2004

0
 
 
  • 1341 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gevulde tamaties
  • Foto: HENNIE RICHTER
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction