Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Slegte-skuld-kan-land-bank-knyp

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Slegte skuld kan Land Bank knyp

 
JOHAN WILLEMSE

Die Land Bank het 'n uitermate groot voorsiening vir slegte skuld in sy jongste jaarverslag aangekondig. Die bank se kredietstatus kom daardeur in die gedrang en hy kan die skroewe op agterstallige lenings aandraai.

Die Land Bank is 'n belangrike finansier in die landbou - regstreeks aan boere, maar ook onregstreeks aan hulle via agribesighede en koöperasies. Die jongste finansiële jaarverslag toon egter 'n voorsiening van meer as R1,776 miljard vir slegte skuld.

Hierdie voorsiening is nadelig vir die bank se kapitaalstruktuur en dit kan tot 'n hersiening van sy kredietgradering lei. Die bank kan vorentoe duurder vir geld betaal, wat noodwendig met hoër uitleenkoerse aan kliënte deurgegee moet word.

Die gegewens in die bank se jongste finansiële state is egter 'n welkome verandering vergeleke met die vorige verslae. Groter klem is op die voorsiening van finansiële gegewens gelê, soos wat ander openbare maatskappye dit doen.

Die direksie en bestuur se besluit om hierdie groot voorsiening vir slegte skuld teen die bank se inkomste te verreken, is boonop te verwelkom, wat aandui dat die bank niks wegsteek nie. Dit het moontlik te make met die nuwe uitvoerende hoof, mnr. Monwabisi Fandeso, wat uit 'n kommersiële sake-omgewing kom. Hopelik is dit deel van die regruk-aksie van die bank, want 'n finansieel gesonde Land Bank is noodsaaklik vir die landbou.

Die Regering loop tans deur oor sy landboubeleid, en veral opkomende swart boere en selfs swart vakbondgroepe lê die roede in oor ondersteuning aan opkomende boere. Hulle verwys spesifiek na die ontwikkeling van die kommersiële landbou sedert die 1950's deur middel van gesubsidieërde lenings aan boere. Talle boere het op die been gekom deurdat hulle lenings van die ou Landboukredietraad en sekere lenings van die destydse Landbank kon bekom.

Die druk gaan beslis op die Land Bank toeneem om meer ondersteunend tot die opkomende landbou op te tree. Die bank sal 'n balans moet vind tussen sy vermoë om slegte skuld binne aanvaarbare norme te hou, en om binne die raamwerk van gesonde finansiële beginsels te werk.

Die Minister van Landbou se herbevestiging dat die bank die ontbinde Landboukredietraad se geld gaan ontvang - sowat R1 miljard - moet beskou word as 'n poging om die bank se geldvoorsieners te paai.

Die verlies van R1,4 miljard wat die bank gely het ná die voorsiening vir slegte skuld in die inkomstestaat het sy eie kapitaalposisie egter wesenlik verswak.

Al is die Regering die enigste aandeelhouer in die Land Bank, maak die bank juis dáárop staat om groot bedrae geld in die geld- en kapitaalmark teen relatief goedkoop rente te trek, om dit weer aan die landbou uit te leen. Die punt dat die Regering die enigste aandeelhouer is beteken vir die geldvoorsieners 'n kleiner risiko as wat hulle in die suiwer kommersiële omgewing sou teëkom.

Die belangrikheid van die bank as finansier aan die landbou is duidelik in grafiek 1. Hiervolgens het die bank verlede jaar 52 % van die totale landbouskuld in Suid-Afrika gehanteer, wat wys dat die manier waarop die bank sy sake doen, 'n wye inslag het.

Kortom, as dit nie vir die Land Bank was nie, sou koöperasies en agribesighede baie moeiliker produksiekrediet kon voorsien en oeste en silosertifikate kon finansier. Onthou ook dat handelsbanke voortdurend met die Land Bank in die landbou meeding. Die Land Bank neem, as bykomende sekuriteit, meestal sessies op agribesighede se debiteureboeke uit.

Omdat koöperasies en agribesighede boere nou toelaat om graan op 'n voorskotbasis op te berg én boonop produksiekrediet aan hulle verskaf, moet die bank se blootstelling drasties vergroot. Dit is dalk ook 'n manier waarop die bank sy uitleenboek kan vergroot, want een van die klagtes teen hom is dat sy besigheid nie groei nie.

Die bank se uitleenvlak is tans dieselfde as in 1999. Groot finansiers is ongemaklik omdat die bank se besigheid nie gegroei het nie en oor die groot voorsiening vir slegte skulde.

Grafiek 2 skets die samestelling van die bank se finansieringsbronne (sonder die jongste voorsiening vir slegte skulde). Slegs sowat 19 % van die bank se geld word vir uitleendoeleindes uit eie kapitaal voorsien. Deposito's vorm ook 'n baie klein deeltjie. Die bank se primêre bron van geld is die geld- en kapitaalmark, in die vorm van lenings, wissels, promesses en skuldbriewe teen gunstige groothandel-rentekoerse.

Die bank betaal aantreklike groothandel-rentekoerse vir die geld wat hy leen. Dit is waarom hy redelik mededingend in die mark is. Volgens die jaarverslag beloop die bank se rentekoersmarge sowat 4,3 % ná koste. Dit was vroeër tot 5,5 %.

Omdat die bank 'n goeie kredietgradering het, beteken dit dat die finansiers 'n kleiner risiko loop, daarom is die rentekoerse waarteen hy leen gewoonlik aantreklik, want dit is gebaseer op grond van sy kredietgradering.

Die tabel skets die inkomste wat die bank uit sy rentemarges verdien - wat uit die aard die hoofbron van inkomste is - dit is mos sy besigheid om geld uit te leen. Die tabel skets ook wat die voorsiening vir slegte skuld in die laaste paar jare is en die skerp toenames daarin, terwyl die uitleenbedrae gestagneer het.

'n Voorsiening van 9,4 % vir slegte skulde is nogal hoog, soos wat nou gedoen is. Die bank meen dat die gehalte van sy lenings nie meer goed is nie en dat hy dié voorsienings moes vergroot en dit teen die wins afskryf. Daarom het die bank 'n netto verlies gely.

'n Mens moet toegee dat dit 'n brawe stap was om dié voorsienings só te verhoog. Maar dit bevestig ook die probleme wat bestaan, veral omdat die bank enkele jare gelede baie aggressief in die mark opgetree het en kliënte van kommersiële banke weggerokkel het.

Die voorsiening vir slegte skuld is nie noodwendig toe te skryf aan opkomende landboulenings nie, want dit beloop volgens die jaarverslag net 'n klein bedraggie - sowat 4 % van die totale lenings. Die voorsiening vir slegte skuld is hoofsaaklik vir die kommersiële landbou.

Die bank sê hy gaan baie moeite doen om hierdie skuld in te vorder. 'n Mens kan dus verwag dat daar in die komende jaar heelwat roeringe in dié verband gaan wees en moontlik ook baie meer insolvensies in die landbou. Die hantering van plase wat só in die mark gaan kom, veral rakende die vestiging van opkomende boere, is 'n ander netelige saak wat voorlê.

Grafiek 3 toon duidelik dat verbande die grootste leningsitem by individuele boere was. Let op die groot styging in 1999.

Die Land Bank is 'n groot finansier aan koöperasies en agribesighede (grafiek 4). Baie van hierdie geld lê tans opgesluit in die finansiering van sogenaamde boerevoorraad van graan in silo's, via koöperasies. Dit kan 'n ongunstige effek op die mark hê as die bank strenger teen kooperasies gaan optree met kleiner lenings en boere sodoende gaan dwing om graan in kontant om te skep, veral as lenings aangegaan moet word vir die nuwe seisoen se produksie-insette.

Die knelpunt is dat die voorsiening vir slegte skulde (tabel) omtrent gelykstaande is aan die helfte van die Land Bank se eie kapitaal, wat noodwendig 'n swak posisie is.

Volgens mediaberigte het die internasionale kredietgraderingsagentskap Global Credit Ratings aangekondig dat hy die Land Bank se gradering nog vandeesmaand gaan hersien weens die swak resultate.

Ten slotte

Boere kan verwag dat die Land Bank baie strenger oor agterstallige lenings gaan optree. 'n Mens kan ook verwag dat die vereistes wat aan die koöperasies gestel gaan word, strenger gaan word. Dit geld vir die nuwe seisoen se produksie-insette én vir die finansiering van voorraad.

Heelwat graanhandelaars doen graanfinansiering met geld wat bekom word via koöperasies, wat dit op hulle beurt van die Land Bank kry.

Die swakker kredietgradering kan tot gevolg hê dat die bank se uitleenkoerse vorentoe minder mededingend raak.

19 September 2003

size=2>Inkomste en voorsiening vir slegte skuld (R
miljoen)
size=2>  size=2>1998 size=2>1999 size=2>2000 size=2>2001 size=2>2002
Netto
rente-inkomste

853,0

782,0

732,0

744,0

882,0

Voorsiening vir slegte
skuld

172,0

256,0

484,0

729,0

1 530,0

Voorsiening as % van
lenings

1,3

1,7

3,2

4,3

9,4

Voorsiening as % van
eie kapitaal

6,5

7,9

14,2

20,2

42,8

Bron: Land Bank
en Reserwebank

0
 
 
  • 1900 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbou Kostes
  • Skokkend: 104 renosters in 2012 gedood
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction