Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Vergete-brief-kelder-sakeman-se-plan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vergete brief kelder sakeman se plan

 
Bob Williams

In 1965 het 'n sakeman van Oudtshoorn grond aan die buitewyke van dié dorp gekoop met die bedoeling (so het hy aangevoer) om daarop met volstruise te boer.

Volgens hom het hy die grond omhein om jakkalse uit ge hou, lusern geplant om voer vir die volstruise te voorsien, en meer as twintig volstruiskuikens grootgemaak. Wilde honde het onder die heining deurgekruip en negentien van sy volstruise doodgebyt. Daarop het hy moed verloor, die grond in 1972 laat hersoneer, dit onderverdeel en teen 'n stewige wins verkoop.

Só het hy in die hof getuig.

Die tersaaklike regsbeginsel is dat as iemand 'n plaas aanskaf met die bedoeling om daar te boer, die plaas 'n kapitaalbate is en as die grond verkoop word, is die wins 'n kapitaalwins (wat voor 1 Oktober 2001 nie belasbaar was nie). Die kriterium van belasbaarheid van só 'n wins is dus die bedoeling waarmee die belastingbetaler die grond oorspronklik aangeskaf het.

Ons kan aflei dat dat die boer so geredeneer het: "Ek is die enigste mens wat weet wat my bedoeling was toe ek die stuk grond gekoop het. As ek onder eed sê dat ek dit vir boerdery aangeskaf het, is daar niemand wat dit kan weerlê nie - dus móét ek die saak teen die Ontvanger wen."

Ten spyte daarvan het die hof egter besluit dat hierdie boer belasbaar was ten opsigte van die wins.

Hoe kon die hof só beslis, aangesien niemand behalwe die boer self geweet het wat hy in gedagte gehad het toe hy die grond gekoop het nie? Die antwoord is eenvoudig: In dié belastingbetaler se lêer in die kantoor van Binnelandse Inkomste is 'n brief gevind wat die boer self aan die Ontvanger geskryf het - lank voordat hy die grond verkoop het.

In 'n roetine-ondersoek van sy belastingopgawe het die Kommissaris hom gevra in watter opsig hy die grond verbeter het, en waarvoor die grond gebruik is. In antwoord het die boer geen melding gemaak van die omheining van die grond, die grootmaak van van volstruiskuikens of die skade wat honde aangerig het nie. Hy het gesê dat die grond eintlik "oortollig" is.

Toe daardie brief (wat die boer waarskynlik lankal vergeet het) by die hof ingedien is, het sy saak in duie gestort. Die hof het verklaar dat as die boer wel die grond verbeter het, en werklik geprobeer boer het, dit verstommend was dat hy nie in sy brief daarvan melding gemaak het nie. Sonder om die boer 'n leuenaar te noem, het die hof beslis dat hy nie bewys het dat hy die grond vir boerderydoeleindes aangeskaf het nie, en dat hy dus inkomstebelasting op die wins moes betaal.

Die Kommissaris het inkomstebelasting ten opsigte van dié wins geëis. Die boer het die Kommissaris tot in die AppÉlhof teengestaan en beweer dat die wins wat hy gemaak het, kapitaalwins was (voor 1 Oktober 2001 was 'n kapitale wins nie belasbaar nie). Hy het aangevoer dat hy die grond gekoop het vir boerdery en nie vir verkoop teen 'n wins nie en dat hy verkoop het weens die probleme wat hy met die boerdery ondervind het.

9 Augustus 2002

0
 
 
  • 2097 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skape en bokke: Alle antwoorde op Vra-vir-Faffa oor Bestuur en Finansies
  • Leer oor geenbewerking in Brasilië
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction