|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
In 1965 het 'n sakeman van Oudtshoorn grond aan die buitewyke van dié dorp gekoop met die bedoeling (so het hy aangevoer) om daarop met volstruise te boer.
Volgens hom het hy die grond omhein om jakkalse uit ge hou, lusern geplant om voer vir die volstruise te voorsien, en meer as twintig volstruiskuikens grootgemaak. Wilde honde het onder die heining deurgekruip en negentien van sy volstruise doodgebyt. Daarop het hy moed verloor, die grond in 1972 laat hersoneer, dit onderverdeel en teen 'n stewige wins verkoop.
Só het hy in die hof getuig.
Die tersaaklike regsbeginsel is dat as iemand 'n plaas aanskaf met die bedoeling om daar te boer, die plaas 'n kapitaalbate is en as die grond verkoop word, is die wins 'n kapitaalwins (wat voor 1 Oktober 2001 nie belasbaar was nie). Die kriterium van belasbaarheid van só 'n wins is dus die bedoeling waarmee die belastingbetaler die grond oorspronklik aangeskaf het.
Ons kan aflei dat dat die boer so geredeneer het: "Ek is die enigste mens wat weet wat my bedoeling was toe ek die stuk grond gekoop het. As ek onder eed sê dat ek dit vir boerdery aangeskaf het, is daar niemand wat dit kan weerlê nie - dus móét ek die saak teen die Ontvanger wen."
Ten spyte daarvan het die hof egter besluit dat hierdie boer belasbaar was ten opsigte van die wins.
Hoe kon die hof só beslis, aangesien niemand behalwe die boer self geweet het wat hy in gedagte gehad het toe hy die grond gekoop het nie? Die antwoord is eenvoudig: In dié belastingbetaler se lêer in die kantoor van Binnelandse Inkomste is 'n brief gevind wat die boer self aan die Ontvanger geskryf het - lank voordat hy die grond verkoop het.
In 'n roetine-ondersoek van sy belastingopgawe het die Kommissaris hom gevra in watter opsig hy die grond verbeter het, en waarvoor die grond gebruik is. In antwoord het die boer geen melding gemaak van die omheining van die grond, die grootmaak van van volstruiskuikens of die skade wat honde aangerig het nie. Hy het gesê dat die grond eintlik "oortollig" is.
Toe daardie brief (wat die boer waarskynlik lankal vergeet het) by die hof ingedien is, het sy saak in duie gestort. Die hof het verklaar dat as die boer wel die grond verbeter het, en werklik geprobeer boer het, dit verstommend was dat hy nie in sy brief daarvan melding gemaak het nie. Sonder om die boer 'n leuenaar te noem, het die hof beslis dat hy nie bewys het dat hy die grond vir boerderydoeleindes aangeskaf het nie, en dat hy dus inkomstebelasting op die wins moes betaal.
Die Kommissaris het inkomstebelasting ten opsigte van dié wins geëis. Die boer het die Kommissaris tot in die AppÉlhof teengestaan en beweer dat die wins wat hy gemaak het, kapitaalwins was (voor 1 Oktober 2001 was 'n kapitale wins nie belasbaar nie). Hy het aangevoer dat hy die grond gekoop het vir boerdery en nie vir verkoop teen 'n wins nie en dat hy verkoop het weens die probleme wat hy met die boerdery ondervind het.
9 Augustus 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24