Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Vleisprentjie-lyk-vanjaar-anders

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vleisprentjie lyk vanjaar anders

 
JOHAN WILLEMSE

Suid-Afrika se vleisprodusente moet kennis neem van 'n aantal ontwikkelinge in die wêreld-vleisbedryf. Mededinging gaan waarskynlik verskerp en voerkoste styg. Dit sal boere noop om nog doeltreffender te produseer. Die prentjie gaan anders lyk as wat dit in die laaste twee jaar gelyk het.

In Suid-Afrika het die vleisbedryf in die afgelope twee jaar 'n redelik sterk groeifase beleef. Pryse het gestyg vanweë die sterk vraag en die beperkte aanbod.

'n Hele klompie siekteprobleme het die internasionale vleishandel ontwrig. In Suid-Afrika is heelwat beperkings geplaas op invoer uit sekere lande terwyl die nuwe benadering ten opsigte van die Namibiese rooivleis-uitvoer aansienlike surplus-slagruimte gelaat het in veral sekere skaapproduksiestreke.

Hiermee saam duik al hoe meer klagtes op oor die omseiling van BTW-betalings en dat dit die regverdige mededinging in die bedryf kniehalter.

In Australië het die lang droogte die aanbod van veral skaapvleis daar skerp laat styg. Pryse het gevolglik gedaal. Baie van hierdie vleis is bestem vir uitvoer.

Die verwagting is dat die internasionale handel in alle vleissoorte in die loop van die jaar heelwat gaan herstel. Dit sou beteken dat heelwat meer vleis na Suid-Afrika uitgevoer gaan word.

Intussen is die grootste internasionale uitdaging die aansienlike toename in voerkoste, aangedryf deur die biobrandstofbedryf. Hierdie styging sal na verwagting minstens die volgende jaar voortduur. Die beskikbaarheid van nuwe vorms van veevoer as neweprodukte van die biobrandstofbedryf sal 'n impak hê.

Intussen is daar elders in die wêreld 'n groeiende beweging na al hoe groter produksie- en verwerkingseenhede. Die ketting vanaf primêre produksie tot die verbruiker se tafel word korter gemaak en al hoe meer klem word op verwerkte vleisprodukte geplaas namate verbruikersvoorkeure en verstedeliking toeneem. Hierdie neigings gaan ook na Suid-Afrika se vleismark deurwerk en dit sou gevaarlik wees om te aanvaar dat die prysneigings van die afgelope twee jaar vanjaar sal voortduur.

Gedurende 2005 en die eerste deel van 2006 is die vleisbedryf gekenmerk deur heelwat siekteprobleme in die belangrike uitvoerlande. Dit het gelei tot die verbod op die uitvoer uit sekere streke. Die siektes, soos malbeessiekte, het baie publisiteit in die nuusmedia gekry en in 'n aantal lande het die verbruik van vleis beduidend gedaal weens verbruikersweerstand.

In hierdie stadium is die aanduiding dat die uitvoer van vleis uit die belangrike produksielande gaan herstel en dat die handelsvolumes aansienlik gaan toeneem. Dit is nou indien geen ernstige siekteprobleme opduik nie.

In die groot vleisuitvoerlande (bees-, vark- en hoendervleis is hier ter sprake) is daar al hoe meer integrasie binne die bedrywe. Die produksie-eenhede word groter én deel van die verwerkingsketting. Die groot produsente is deesdae betrokke by slag, verwerking, verpakking en die handel. Hulle is in 'n aansienlik beter posisie om koste deur te gee en internasionaal mee te ding.

Daarby word die produksie-eenhede al hoe groter. Sowat 90 % van die varke wat in Amerika geproduseer word, word onder kontrak geproduseer in eenhede wat elk meer as 50 000 varke per jaar lewer.

Ek sluit nie die moontlikheid uit dat dit in Suid-Afrika gaan gebeur nie. Suid-Afrika is meestal so 'n jaar of wat agter internasionale neigings. Groter doeltreffendheid sal noodsaaklik word, want invoermededinging gaan toeneem. Suid-Afrikaanse produsente sal op groter skaal moet meeding op grond van skaalvoordele en groter deelname aan die waardeketting. Die hoender- en varkvleisbedryf is al stewig op koers hiermee en heelwat klem word geplaas op verpakte en verwerkte snitte en die behoeftes van die wegneemetemark.

Die beesvoerkraalbedryf in Suid-Afrika is na my mening ook besig om op hierdie pad te begin beweeg. Dit maak dit ook effens makliker om teen ingevoerde produkte mee te ding as op 'n blote kommoditeitsbasis. Nuwe neigings in die wêreld maak aanpassings onafwendbaar. Selfs die boer op sy plaas moet van hierdie neigings kennis neem.

Die tabel wys die verwagte groter groei in internasionale vleis-produksie en -handel. Die groter aanbod, dalende pryse en groei in verbruikersvraag gaan bydra tot die verwagte toename van bykans 2 miljoen ton in die vleishandel.

Malbeessiekte het die beesvleishandel in Amerika die afgelope twee jaar ontwrig en uitvoer is aan bande gelê. In dele van Brasilië het beperkinge op die uitvoer van beesvleis gegeld weens bek-en-klou-seer. Die Argentynse regering het die uitvoer van vleis ingekort om meer vleis binnelands beskikbaar te stel.

Amerika en Brasilië voer sowat 40 % van die wêreld se beesvleis uit, terwyl die droogte veroorsaak dat Australie ook heelwat beesvleis op die mark plaas. Ál die beperkings is in 'n proses van uitfasering en daar word verwag dat die handel in beesvleis vanjaar gaan groei.

Indien daar nie nuwe siekteprobleme elders in die wêreld ontstaan nie, sal die handel in beesvleis asook mededinging toeneem. Dit sal speenkalfpryse ook raak - dit het inderdaad reeds begin daal. Die rand se wisselkoers speel in hierdie verband 'n rol.

Die droogte in Australië is bekend. In die geval van skaapvleis, wat betreklik klein in die wêreldkonteks is (tabel), het pryse teen die einde van laas jaar gedaal weens die groot aantal skape wat in Australië geslag is. Australië se skaapvleisuitvoer na Suid-Afrika het verlede jaar met sowat 44 % tot 19 620 ton toegeneem en sal waarskynlik verder groei. Die uitvoer van lamsvleis het met 34 % gestyg.

Hierdie neiging sal waarskynlik vanjaar voortduur. Pryse in Suid-Afrika het reeds begin daal ná die hoogtepunt in Desember. 'n Gunstige ontwikkeling in hierdie verband is dat die rand die afgelope paar maande heelwat teen die Australiese dollar verswak het.

Varkvleispryse het wêreldwyd laer geneig weens die sterk toename in produksie wat deur die vorige twee jaar se lae mieliepryse gestimuleer is. Die verhoogde produksie, veral in Amerika, Kanada en die lidlande van die Europese Unie, wat ook belangrike uitvoerders is, sal die internasionale pryse waarskynlik in toom hou. Die stygende voerkoste sal winsmarges internasionaal onder druk hou totdat die groot eenhede daarin slaag om koste deur te gee.

In Suid-Afrika het die pryse van varkvleis 'n sterk seisoensneiging. Die hoogtepunt is in Desember, waarna dit daal.

Winsmarges in Suid-Afrika sal in die volgende maande krimp as gevolg van die duurder voer. Die rand se wisselkoers sal 'n groot rol speel in die bepaling van die invoerpryse.

Die hoendervleisbedryf se vooruitsigte het heelwat verbeter namate verbruik toeneem en pryse wat internasionaal begin herstel het ná die skade wat voëlgriep aangerig het. Die verwagting is dat produksie met 2,5 miljoen ton sal herstel.

Veral in Brasilië sal die hoendervleisbedryf sterk groei. Tog sal internasionale pryse voorlopig sterk bly, word verwag.

Opgesom: Dit lyk of die internasionale vleisbedryf besig is om te herstel van die ontwrigting wat verskeie veesiektes in van die belangrike uitvoerlande en verbruikersmarkte veroorsaak het. My voorspelling is dat die verbruik en produksie gaan toeneem. Ons kan ook verwag dat mededinging gaan toeneem. Wêreldwyd het voer duur geword en dit kan meebring dat internasionale pryse hoër bestuur word. As die rand nie te sterk word nie, kan dit Suid-Afrika se boere bevoordeel.

Landbouweekblad, 2 Februarie 2007

0
 
 
  • 1974 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nguni - 'n boerbees vir Afrika
  • Maak geld met perdjies
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction