Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Markte / Markberigte / Wat-hou-vrye-handel-met-amerika

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wat hou vrye handel met Amerika in?

 
Johan Willemse

'n Moontlike vryhandelsooreenkoms met Amerika hou voordele én

bedreigings vir Suid-Afrika se landbou in. Boere sal nóg doeltreffender moet produseer. Daarby moet die staat die kundigheid in agri-besigheid benut om só 'n ooreenkoms op 'n goeie fondament te bou.

Suid-Afrika en Amerika gaan vroeg aanstaande jaar onderhandel oor die instelling van 'n vryhandelsgebied, aldus die Minister van Handel en Nywerheid, mnr. Alec Erwin.

Só 'n ooreenkoms sal glo die voordele van die Agoa-ooreenkoms, wat voorkeur vir Afrika-uitvoer na Amerika bewerkstellig, verder vestig en uitbou, en ook die Suid-Afrikaanse mark vir Amerikaanse invoer open.

Amerika voer aan dat hy handelsgeleenthede verloor, terwyl die EU met sy handelsooreenkoms met Suid-Afrika 'n toename in handel beleef - juis ten koste van Amerika.

Dít is juis waar 'n probleem vir die plaaslike landbou kan lê: Om met Amerikaanse produkte, wat met groot staatsondersteuning geproduseer word, te kan meeding. Suid-Afrika het nog onlangs beswaar aangeteken teen nuwe wetgewing waarvolgens Amerika sy landbousubsidies skerp verhoog het.

Desnieteenstaande is daar politieke kommentators wat baie opgewonde is oor die vooruitsig dat Suid-Afrika 'n vryhandelsooreenkoms met Amerika kan beding. Een van hulle meen selfs dat die impak daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie soortgelyk kan wees as wat die ontdekking van goud gehad het.

Natuurlik is daar baie moontlikhede én potensiële voordele en gevare aan só 'n verwikkeling verbonde. Een daarvan is dat Suid-Afrika tans met lande in Suid-Amerika onderhandel oor die instelling van 'n vryhandelsooreenkoms met hulle en Suid-Afrika moet nog sekere werk aan die Wêreldhandelsorganisasie voorlê.

Die gevaar is dat ál dié onderhandelinge vinnig gevoer word - sonder ál die nodige voetwerk. Dit gaan 'n groot verpligting op die landbou se enkele kundiges plaas om in dié verband na die sektor se belange om te sien. Suid-Afrika voer ook gesprekke met Indië en China met die oog op onderhandeling oor vryhandelsooreenkomste.

Die belangrikheid vir die plaaslike landbou is daarin geleë dat die Regering die beleid van vrye handel verder voer. Die gevolg is dat boerdery in Suid-Afrika met die beste in die wêreld sal moet meeding om te kan oorleef en dit kan slegs met hoëvlaktegnologie en kundigheid vermag word. Dit beteken ook nie dat uitvoermarkte sonder beperkings vir Suid-Afrikaanse boere sal oopgaan nie.

Uitvoerprodukte moet elders in die wêreld met produkte van die beste gehalte kan meeding. 'n Belangrike Europese amptenaar het dié standpunt onlangs herbevestig deur te sê Suid-Afrika moet homself nie flous om te dink dat welslae vanselfsprekend is as tariewe vir sy produkte verlaag word nie, soos met uitvoer na lande van die Europese Unie.

Amerika handhaaf baie streng fitosanitêre vereistes vir die invoer van landbouprodukte en die meeste ontwikkelende lande vind dit moeilik om aan dié vereistes te voldoen. Hierdie vereistes word nóg strenger gemaak en Amerika het 'n nuwe staatsdepartement geskep om dié land teen aanvalle van buite te beveilig. Grensposbeheer en vereistes met die invoer van veral landbouprodukte word baie strenger.

Amerika beskou die bedreiging van bek-en-klou-seer en ander diere- en plantverwante siektes as 'n groot terroristekomplot teen hom. Die antraksbakterieë wat ná 11 September 2001 aan mense in Amerika gepos is, het 'n opskudding veroorsaak en is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Mense wonder ook of Irak en ander ekstremistiese groepe nie juis biologiese wapens teen Amerika wil inspan nie.

àl dié gebeure gaan uitvoer nie maklik maak nie. Daarby voldoen die meeste Amerikaanse landbouprodukte aan streng fitosanitêre vereistes - soos dié van die Europese Unie.

Die waarde van die handel in landbouprodukte in Suid-Afrika het die afgelope jare redelik toegeneem volgens statistiek van die Departement van Landbou (figuur). Invoer het hiervolgens vir die jaar R12,296 miljard beloop - 'n toename van 25,4 % teenoor die vorige jaar. Die uitvoer van plaaslike landbouprodukte het in randwaarde met 28,2 % in 2001/02 tot sowat R17,424 miljard toegeneem. Die grootste deel van die stygende neiging is toe te skryf aan die verswakking in die waarde van die rand en nie noodwendig aan volumetoenames nie.

Die belangrikste landbouprodukte wat Suid-Afrika die afgelope jaar ingevoer het, is rys van sowat R1,1 miljard, oliekoek van sowat R1 miljard, whisky en drank van R643 miljoen, tabak van R642 miljoen en mielies van R617 miljoen. Die belangrikste bronne van dié invoer is Argentinië, (R1,9 miljard) en Amerika (R1 miljard), gevolg deur Brasilië, Brittanje en Australië. Sedertdien het dié syfers en die lande van oorsprong verander omdat die invoer van skaapvleis uit Australië feitlik tot stil-stand gekom het weens duur pryse.

Suid-Afrika se belangrikste uitvoerprodukte die afgelope jaar was wyn van R2,4 miljard, suiker (R2,2 miljard) en vrugteprodukte. Volgende jaar sal mielies weeer in dié groep val.

Die beoogde vryhandelsooreenkoms met Amerika sal ook tussen Suid-Afrika en die Doeane-unie onderhandel moet word en van die armer lede van die unie het reeds te kenne gegee dat dit voordelig kan wees, wat onder meer die invoer van sekere voedselsoorte sonder tariewe kan beteken.

In dié verband moet onthou word dat die Doeane-unie onlangs ooreengekom het om 'n nuwe handelsekretariaat in bedryf te stel en dat Suid-Afrika nie meer alleen oor invoertariewe gaan besluit nie.

Die omvang van handel in landbouprodukte tussen Amerika en Suid-Afrika word in die tabelle aangedui. Gegewens van die Amerikaanse departement van landbou is gebruik en weens die wisselende waarde van die rand word dié bedrae in dollar weergegee.

In tabel 1 word die uitvoer van landbouprodukte na Amerika aangedui. Suid-Afrika het produkte van sowat $108,742 miljoen uitgevoer, wat 18 % minder is as dié van die vorige jaar. Die tabel skets ook die redelike afname in die uitvoer van die meeste produkgroepe van 2000 tot 2001. Een van die min uitsonderings is suiwelprodukte - die plaaslike uitvoer het toegeneem. Die uitvoer van huide en velle het ook toegeneem. Daar was egter 'n taamlik skerp daling in die uitvoer van veral suiker en tropiese produkte na Amerika, asook van wolprodukte.

Tabel 2 skets die invoer van landbouprodukte uit Amerika. Dié tabel is gerangskik in volgorde van grootste tot kleinste (vir 2000) en dit is duidelik dat graan en oliesade die grootste kommoditeite is. Dié produkte word sterk in Amerika ondersteun en dié land is een van die wêreld se grootste uitvoerders van graan. 'n Mens moet ook onthou dat relatief hoë invoertariewe oor die laaste paar jaar gehef is - veral op graan in Suid-Afrika.

As hierdie produkte altyd tariefvry ingevoer kan word, sal soms lol. Veeboere kan dalk deur die goedkoper graan bevoordeel word, maar daar is 'n nadeelkant ook: Groot hoeveelhede pluimveevleis en suiwelprodukte kan dan uit Amerika ingevoer word.

Omdat die plaaslike tariefbeskerming tans reeds te laag is, wil melkboere aansoek doen om hoër invoertariewe. Op die oomblik is die invoer van hoendervleis ook besonder goedkoop en dit skep probleme, selfs mét die invoertarief.

Ten slotte

Dit lê voor die hand dat die onderhandeling van 'n vryhandelsooreenkoms met Amerika besonder deurdag benader sal moet word. Natuurlik is daar geleenthede - maar ook bedreigings. Dieselfde geld die onderhandelinge wat met ander lande aan die gang is.

Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika se agribesighede en mense met handelservaring ook hierby betrek word. Dit is beslis onvoldoende dat hoofsaaklik staatsamptenare en produsente hier bydraes lewer. Die bestaande kundigheid moet wyer benut word, en in elk geval is dit agribesighede wat handel dryf en nie boere en amptenare nie.

Dit is duidelik dat nóg groter handel Suid-Afrika se voorland is, wat beteken dat die landbou nóg doeltreffender sal moet produseer - op kommersiële skaal én met die nuutste tegnologie. Opkomende en kleinskaalboere gaan dit ook nie makliker vind nie.

TABEL 1: SA se belangrikste landbou-

uitvoer na Amerika
($'000)

size=2>Produkgroep

size=2>2000

size=2>2001

Graan en voer

873

511

Oliesade en
-produkte

2 837

3 101

Grondbone

2 363

2 503

Tabak en
-produkte

847

176

Suiker en tropiese
produkte

27 980

9 694

Tuinbouprodukte

91 975

86 186

size=2>Pluimveeprodukte

2 083

1 849

Wol (met
tarief)

1 425

1 051

Wol (tariefvry)

398

230

Velle

227

973

Suiwel

169

451

Vrugteprodukte

244

161

Bron: VSA
departement van landbou

TABEL 2: SA se belangrikste landbou-

invoer uit Amerika
($'000)

size=2>Produkgroep

size=2>2000

size=2>2001

Graan en voer

52 191

28 458

Oliesade en
-produkte

19 020

15 408

Tuinbouprodukte

15 946

15 159

Koring

15 601

4 438

Pluimveeprodukte

11 749

2 944

Lewende hawe en vleis

9 442

16 353

Mielies

8 692

2 165

Suiker en tropiese
produkte

7 306

6 696

Tabakprodukte

5 443

4 527

Sojabone

1 073

-

Suiwelprodukte

949

1 964

Bron: VSA
departement van landbou

6 Desember 2002

0
 
 
  • 3181 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Oorlewingswenke vir veeboere
  • Tannien en Alkaloïede
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction