|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Meer markte in die Europese Unie, die opkomende markte in Asië en elders kan vir die Suider-Afrikaanse veeboere oopgaan. Talle van dié markte was weens die voorkoms van bek-en-klou-seer tot nou toe nie vir plaaslike vleisboere toeganklik nie.
Na 'n werksessie oor die toekoms van die vleisbedryf in Suider-Afrika (met die fokus op oorgrens-veesiektes se invloed op die toeganklikheid van wêreldmarkte) het die deelnemers op strategieë besluit wat dié markte meer toeganklik kan maak.
Daar is besluit dat produkgegronde handel toegepas gaan word. Dit beteken dat die produk gereguleer word nie die streek vanwaar dit kom nie sonder dat veiligheid vir die lande waarheen die vleis gaan, op die spel geplaas word.
Dit behoort die uitvoergeleenthede vir alle Suider-Afrikaanse veeboere te verbeter, terwyl die gesondheid en veiligheid van die produkte verseker sal wees.
Dr. Gideon Brückner, verteenwoordiger van die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE), gaan 'n beskrywing van "produkgegronde handel" op dié organisasie se jaarvergadering in Mei voorlê.
Landbouweekblad, 18 April 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24