|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Swak toestande in die saaibedryf het waarskynlik veroorsaak dat daar vanjaar 'n swaai na die vee-afdeling by die Nampo-oesdag was, sê mnr. Wimpie Rossouw, voorsitter van die vee-afdeling.
Hy sê die verskeidenheid vee was meer as in die verlede en besoekers kon goeie inligting oor die onderskeie rasse bekom. Genootskappe van sowat 25 grootvee-, 14 kleinvee- en vier perderasse het uitgestal.
Rossouw sê die mikpunt is om binne die volgende vyf jaar alle telersgenootskappe by die Oesdag te betrek. "Die verskeidenheid wat ons vanjaar gehad het, is reeds 'n goeie weergawe van alles wat vir die boer beskikbaar is."
'n Oeroue beesras uit Italië, die Ramagnola, is vir die eerste keer vertoon en het groot belangstelling gelok. Dié ras is in 1994 deur mnre. Arthur Cockcroft van Frankfort en Armando Balocco van Springs na Suid-Afrika gebring.
Die Ramagnola is al meer as 2 000 jaar lank 'n suiwer ras in Italië wat deur die Romeine as trekdiere gebruik was. Dit is 'n vleisbees wat nie aan enige ras in Suid-Afrika verwant is nie en is by uitstek geskik vir kruisteling. Die kalwers weeg gemiddeld 45 kg by geboorte en die volwasse koeie weeg van 700 kg tot 900 kg en bulle van 1 300 kg tot 1 500 kg. Dié bees slag ongeveer 63 % uit. Dit is 'n karkas van gehalte.
Landbouweekblad, 25 Mei 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24