|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die 483 trekkers wat in Junie verkoop is, is 21 % meer as die 399 eenhede in dieselfde maand verlede jaar. In die eerste ses maande is 2 607 trekkers verkoop teenoor die 260 die vorige jaar 'n styging van 15,4 %.
Stroperverkope in Junie was goed en net soos dieselfde maand verlede jaar is 20 eenhede verkoop. In die eerste ses maande is egter 10,8 % minder stropers verkoop as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Dit kan toegeskryf word aan die kleiner mielie-aanplanting.
Altesame 27 balers is vanjaar in Junie verkoop 50 % meer as die 18 in dieselfde maand verlede jaar. In die eerste ses maande was daar 'n styging van 30 % in balerverkope teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is veral klein reghoekige balers wat goed in aanvraag is.
Volgens mnr. Nick Sanders, voorsitter van Salma, begin die verswakking van die ruilwaarde van die rand op die pryse van landbouwerktuie deursypel. Daar word op die kort termyn 'n oplewing in verkope verwag soos boere die goedkoper modelle opraap.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24