Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Meesterboer-se-tien-wenke-vir-welslae

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Meesterboer se tien wenke vir welslae

 
Andries Gouws

"As jy iets
aanpak, doen dit reg of bly liewer weg! Daarby moet jou boerdery nooit op net
een been staan nie." Dít is die leuse van Namibië se meester-akkerbouer wat
onlangs aangewys is.

Eenvoudige, maar bewese boerderybeginsels is die hoeksteen waarop die welslae van Namibië se meester-akkerbouer gebou word. Hy is beskeie oor sy toekenning, maar dit is die derde keer sedert 1988 dat hy dieprestasie behaal.

Mnr. Heinz van Biljon van die plaas Nehlen, by Kombat, sê hy was verlede seisoen waarskynlik net gelukkig dat hy meer reën op die regte tyd gekry het as sy medeboere, maar hy pas tog basiese beginsels nougeset toe, wat verseker dat hy sy kans op welslae vergroot.

Sy tien vernaamste wenke is:

  • Erken dat jy 'n nietige mens is wat so goed kan beplan en bewerk as jy wil, maar sonder die Hand van Bo wat dit laat reën, kan jy niks vermag nie.
  • Moet jou nooit slim hou nie, dan wil niemand jou help nie. Daar is baie geleerdes wat baie weet en graag wil help. Vra net vir hulle.
  • Doen gereeld grondontledings en gebruik die uitslae.
  • Leer ken jou grond en onttrek die swak lande en diemet vlakker grond as 600 mm aan mielieverbouing. Benut dit met iets anders.
  • Doen jou eie kultivar- en bemestingsproewe sodat jy weet wat op jou plaas werk.
  • As jy iets aanpak, doen dit reg of bly maar liewer weg.
  • Beplan konserwatief en probeer om nie op skuld te werk nie.
  • Diversifiseer sodat jou boerdery nie op een been staan nie.
  • Teken alles aan - wat en hoe jy dit doen - en probeer daarop verbeter.
  • Die belangrikste is natuurlik harde werk. Dít word beloon, want niks kom van niks.

    Mnr. Van Biljon sê die plaas is al 100 jaar in die familie. Dit was een van die eerste plase waarop aanvanklik met donkies en osse geploeg en geplant is. Akkerbou is dus in sy bloed.

    Toe hy in 1981 plaas toe gekom en die boerdery oorgeneem het nadat sy pa skielik siek geword het en oorlede is, het hy en sy ma 'n kruiptrekker gekoop, bestaande lande groter gemaak en ook nuwes aangelê. In 1985 het hy die grond gekoop.

    Dit het goed gegaan met die graanboere. Hoewel die pryse laag was, was produksiekoste ook laag en was daar genoeg vog sodat hulle 'n betreklik goeie wins kon maak.

    Die jare negentig het die graanboere in Namibië egter geskok. Die reën het weggebly en produksiekoste het angswekkend gestyg. Die meeste boere moes hul saaiboerdery kleiner maak en talle het selfs die bedryf verlaat.

    Hy het ook sy saaiboerdery vinnig kleiner gemaak. Destyds het hy sowat 400 ha mielies geplant, met 'n gemiddelde opbrengs van 1,5 t/ha. "Ek het besef ek moes iets drasties doen. Ek het weidings op die meeste van my swak lande gevestig en selfs van die swakker lande laat lê sodat natuurlike weiding weer daarop kon vestig en dit met skape en beeste begin benut."

    Deesdae plant hy net 200 ha mielies, waarvan 160 ha op droëlande is en waar hy 'n gemiddelde opbrengs van 3 t/ha tot 3,5 t/ha kry.

    Die uitskakeling van die marginale akkerbougrond pas ook goed in by die leuse wat hy by sy ouers geleer het, naamlik dat die boerdery nooit op net een been moet staan nie. Akkerbou is die belangrikste bedryfsvertakking, wat aangevul word met sowat 600 kruisrasbeeste, 800 skape en 'n varkeenheid met 20 teelsôe.

    Groenmielies

    Selfs die mielies word meervoudig benut. Sekere lande se groot mieliekoppe word gepluk en as groenmielies bemark. Daarna word kuilvoer van die mielies gemaak wat deels met die vee benut word en die res word aan melkboere in die omgewing verkoop.

    Kultivar- en bemestingproewe word deurlopend op die plaas gedoen om te bepaal wat die beste daar werk. In die jongste tyd het hy besonder goeie welslae behaal met mieliesaad uit Zimbabwe wat hy onder besproeiing plant.

    Mnr. Van Biljon sê hy het oorgeskakel van ploeg na bewerking met tandwerktuie. Die sandgrondlande word elke 2 tot 3 jaar sowat 350 mm diep met 'n skeurploeg bewerk en waar die klei-inhoud effens hoër is, elke drie tot vier jaar.

    Die skeurploegbewerking word gewoonlik van November tot Januarie ná die eerste goeie reën gedoen. Die lande is in blokke ingedeel, wat dit maklik maak om sowat 'n kwart tot 'n derde van die lande elke jaar te skeurploeg.

    àl die lande word dan met 'n beitelploeg sowat 150 mm diep bewerk om die skeurploegvore te seël en om die vog beter te bewaar. Indien onkruid 'n probleem is voor planttyd, wat, na gelang van die reën in diegeweste tot einde Januarie kan wees, word nóg 'n beitelploegbewerking ingepas.

    Met planttyd word 'n fyn saadbedding voorberei deur 'n vlak bewerking met 'n skaarwerktuig en 'n roller agteraan.

    Vir die droëland-aanplantings gebruik hy PAN6479 en PAN6043, wat teen 16 000 tot 20 000 plante per hektaar geplant word. Met planttyd word 150 kg van die mengsel 2:3:4 (30 %)+Zn toegedien.

    Die mielies word in treinspoorrye 900 mm uit mekaar geplant, met 'n baan van 2,3 m tussen elke twee treinspoorrye.

    Sowat twee tot drie weke ná opkoms word 50 kg ureum per hektaar langs die ry as topbemesting toegedien. As dit genoeg reën, word nóg 'n paaiement van 50 kg ureum per hektaar sowat ses tot sewe weke ná opkoms toegedien.

    Die gemiddelde reënval die afgelope 50 jaar is 550 mm per jaar, maar die gemiddeld van die laaste tien jaar is 518 mm. Verlede seisoen het hulle 500 mm reën gehad en vanjaar het 437 mm tot middel April geval.

    Onkruiddoder word met planttyd oor en tussen die twee treinspoorrye toegedien en die bane tussen die twee treinspore word geskoffel. Omdat vog so 'n groot beperking is, word onkruidbestryding noulettend toegepas en skoffelbewerkings ook gebruik om die vog te bewaar.

    Voor planttyd word die saad teen streepsiekte en swamsiektes behandel en ná opkoms word insekdoders gespuit om snywurms, mieliekewers en stronkboorders te bestry.

    Die bewerking vir die mielies onder besproeiing is dieselfde. Hy plant SC709 ('n wit mielie van Zimbabwe) teen gemiddeld 45 000 plante per hektaar en DK618 teen gemiddeld 70 000 plante per hektaar. Met planttyd word 350 kg van die mengsel 2:3:4 (30%)+Zn toegedien en twee topbemestings elk van 150 kg ureum per hektaar sowat drie weke ná opkoms en weer drie tot vier weke later.

    Die mielies word in rye 900 mm uit mekaar geplant en onkruiddoder word oor die hele grondoppervlakte toegedien.

    Vier spilpuntbesproeiingstelsels van 8,5 ha tot 12 ha elk word gebruik om, afgesien van die reën, nóg 450 mm per seisoen toe te dien. Die mielies kry dus sowat 800 mm water per seisoen.

    Sy graan word alles plaaslik bemark. Sy opbrengs op besproeiingslande is 8 t/ha tot 9 t/ha.

    28 Junie 2002

  • 0
     
     
    • 2432 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • John Deere-winkel gewild op Nampo
    • Boer aangerand oor begrafnis

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Uiergesondheid 1-Mastitis in suiwelkoeie
    • ’n 'Vindaba' vir wyntoerisme
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction