Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Melkbedryf-kry-invoer-druk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'Melkbedryf kry invoer-druk'

 
AINSLEY MOOS

Die Suid-Afrikaanse melkbedryf ervaar tans ernstige druk van buitelandse mededinging. Meer as 60 % van alle melkprodukte wat plaaslik geproduseer word, is aan regstreekse buitelandse mededinging onderworpe.

Volgens mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoof vir die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro), is dit veral die invoerprys van melk met 'n lang raklewe, kaas en verskeie soorte melkpoeier wat 'n regstreekse invloed het. Hy het gereageer ná die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) twee weke gelede bekend gemaak het dat die Regering gaan wegdoen met 'n tussentydse invoermaatreël op kaas uit Ierland.

'n Teenstortingsheffing van 48 % op kaas van die Ierse suiwelraad en 'n heffing van 60,2 % op ander kaas uit Ierland het sedert Februarie gegeld. Dit is ingestel omdat gemeen is die plaaslike bedryf ly skade omdat Ierse kaas vir tot soveel as 60 % goedkoper in Suid-Afrika aangebied word as in Ierland. Die bedryf het verwag 'n teenstortingsmaatreël sal vandeesmaand vir vyf jaar ingestel word, maar die ITAC meen daar is geen verband tussen die storting van die kaas en die skade aan die plaaslike bedryf nie.

Mnr. Francois Dubbelman, handelskenner van International Trade Services en plaaslik die Ierse suiwelraad se verteenwoordig in die saak, sê dit is te vroeg vir die Iere om te besluit of hulle weer die Suid-Afrikaanse mark sal betree. Dubbelman sê die plaaslike mark sal eers weer gevestig moet word. Hy sê die Ierse suiwelraad het die ITAC se besluit verwelkom.

Kraamwinkel sê Sampro se ramings oor die verwagte in- en uitvoer vir vanjaar (wat op syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gebaseer is) toon die invoer in 2005 is hoër as die invoer in 2004. Daarby is die beraamde invoer vir 2005 "dramaties hoër as die uitvoer'', terwyl minder melkprodukte verlede jaar ingevoer is as wat uitgevoer is.

29 Julie 2005

0
 
 
  • 1748 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Farm Bill kry wind van voor
  • Bloktoetse en omrekenaar
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction