|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Suid-Afrikaanse melkboere vorder goed met swart ekonomiese bemagtiging (SEB), sê PriceWaterhouseCoopers (PwC). 'n Verslag van dié maatskappy sê dat transformasie in die melkbedryf nou 'n belangrike deel van boere se beplanning vir die volgende drie tot tien jaar uitmaak.
Die verslag is deel van 'n navorsingsprojek wat deur Parmalat en die Suid-Afrikaanse Melk-koöperasie (Samelko) aangepak is om hervorming in die melkbedryf aan te moedig. Die projek is nou in sy tweede jaar en vanjaar se verslag word gegrond op 'n vraelys wat aan 116 melkboere in die Oos-, Suid- en Wes-Kaap gestuur is.
Mnr. Frans van Wyk, direkteur van PwC in Worcester, sê dat deelnemers hulle meer op SEB toespits en dat 85% van die deelnemers dit as 'n langtermynproses sien. Hy voeg by dat 6% van die deelnemers reeds 'n SEB-strategie het, terwyl 24% so gou moontlik met die toepassing van SEB wil begin.
Die grootste hindernis vir die verwesenliking van SEB in die melkbedryf is 'n tekort aan geld en hulpbronne. Oor die algemeen was die deelnemers nie geneë met veranderings in eienaarskap nie. Die meeste van die deelnemers se melkbedrywe maak minder as R5 miljoen per jaar en hoef dus nie aan SEB-vereistes te voldoen nie.
Een van die grootste uitdagings in dié hervormingsproses is die akkurate monitering en meting van bydraes vir toekomstige SEB-verifikasie.
28 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24