Aktedata op lugfotografie?

glmapping
User offline. Last seen 4 weke 4 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Okt 2009
Inskrywings:

 Ek probeer bepaal wat die behoefte is onder die landbougemeenskap en eiendomsagente in die bedryf, om aktedata (Landmeter diagramme, wat soms terug dateer na die 1800's) van spesifieke plaasgrense bo-oor lugfoto beelde te kan sien. Ek het al gehoor van kopers wat grond koop teen R/ha en dan nie die werklike oppervlakte grond kry waarvoor hulle volgens die aktebeskrywing betaal nie. Is bogenoemde 'n groot kwessie, of nie eintlik nie?

5
 
 
Onbekende besoeker 

Daar is sg-diagramme van elke eiendom by die Landmeter Generaal kantoor met bepaalde inligting soos die moederkaart van die plaas onderverdelings, koordinate en bakens, ook die betrokke titel akte nommer. Op die stadium is daar nie n' gerekenariseerde bron wat albei dokumente van n' eiendom aandui en moet elk afsonderlik aangevra word. Dit is die grootste behoefte. Onthou dat landmeters, en prokureurs binne bepaalde wetgewing optree wanneer grond beskryf word. In praktyk gebeur dit egter dat n' heining nie altyd geplaas is waar die landmeter dit aangedui het nie. En n' lugfoto gaan juis die heining/grensdraad pad of stroom wys. Topografiese kaarte en ander kaarte met kontoere word van die lugfotos af gemaak. Ek twyfel of aktedata ruimskoots op lugfotos of enige ander ruimtelike data vertoon moet word aangesien daar baie strikke is waarin n' leek kan beland. Verseker eerder die korrekte optrede van die professionele mense betrokke en indien daar kkanpaalde inligting

Grazy Diamond (Clanwilliam) 

Ja, so leer ons almal

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.