Frank skryf op die gespreksforum:
Oor die laaste paar jaar was altyd weer artikels in die landbou pers oor hoe die boer met sybokke agteruit gegaan het wereldwyd en dat dit net nog in SA op groter skaal bedryf word. Daar is genoem dat dit net nog 'n niche-mark is.
Maar nou het is die prys van sybokhaar op en onmiddelik spring die Australiers weer op die wa!
(Die berig lui dat Angoraboere in Australië meer geld uit hul boerdery maak as wolskaapboere. Dit is glo die uitslag van navorsing wat gedoen is.)
Hierdie is weer 'n les aan almal van ons: Moenie te gerus wees en op jou louere rus nie, wat ook al jou mark mag wees nie! Die wereld het nou 'n globale mark en voor jy jou oë uitvee is jou mark en al jou duur beleggings daarmee heen!
Dit is ook 'n les hoe om jou oë oop te hou! As jy sien 'n niche-mark bestaan erens in die wereld, kan jy dit miskien uitbuit en self ook daarin investeer!
Bron: http://theland.farmonline.com.au
29 Januarie 2010