|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Nooit kon ek dink dat n sogenaamde doktor in veekunde sulke feite kwyt raak dat stoetteling n mors van tyd is. Artikel op 6 Mei 2011. Dit is n lang brief en eintlik het ek my tyd gemors om dit te lees en so-ook my bloeddruk op te jaag. Ek is nou maar jonk in stoet teling so moet nog baie leer , maar as jy manne vat wat langer as 21 jaar stoet , sien jy die kwaliteit in hul diere. Hul lyk beter , hul teel beter, hul groei vinniger. Dit kos egter meer geld en werk en dissipline so dit is nie vir enige veekundige bedoel nie. Ek kan met trots se ek is n stoet teler en is bly daar is mens daar buite wat hul beesrasse wil verbeter.
Dexter Danie
Ek is 'n Veekundige op die gebied van teling en in 'n baie bevoorregde posisie om voltyds met geregistreerde Nguni beeste te boer. Ek doen al vir 'n hele paar jaar prestasietoetsing en het ons een van 'n handjievol Ngunikuddes in die land met redelike volledige teelwaardes. Ek stem 100% saam met Dr. Mentz dat kilogram per hektaar 'n baie belangrike eienskap ons. Ek hou egter meer van die maatstaf kilogram vleis geproduseer per 100 kg gepaar. Sodoende kan kuddes afkomstig van dele met verskillende weidingskapasiteite met mekaar vergelyk word. Dr. Mentz moet egter onthou dat kg/ha of kg/100 kg gepaar (die een maatstaf kan na die ander maatstaf verwerk word) uit verskeie belangrike eienskappe saamgestel is. Hierdie eienskappe sluit in vrugbaarheid (kalfpersentasie), mortaliteitspersentasie (of speenpersentasie), koeigewig asook speengewig van die kalf met speen. Al hierdie bogenoemde eienskappe het 'n genetiese basis en toon genetiese variasie. D.w.s. ons kan kg/100 kg gepaar verbeter deur vir hierdie eienskappe te selekteer. Tot op hede is seleksie met behulp van teelwaardes die akkuraatste manier om op genetiese vlak vir hierdie eienskappe te selekteer. Teelwaardes en reproduksienorme moet egter saam gebruik word om kg/100 kg te verhoog. Ek slag al vir meer as 10 jaar elke koei wat nie beset raak nie, maak nie saak hoe "mooi" sy is of hoe goed haar produksieteelwaardes is nie. Maar dit is egter nie genoeg nie. Seleksie kan nie by vrugbaarheid stop nie. Natuurlik moet mens ter alle tye seleksiedruk op vrugbaarheid behou, maar dit is moontlik, deur o.a. die gebruik van teelwaardes, om produksie (kg/100 kg gepaar) te verfyn en maksimeer. Ek wil graag verwys na 'n artikel wat ek geskryf het in die 2010 Nguni Joernaal waar ek my kuddes LNR syfers op 'n ordelike en (sover moontlik) wetenskaplike manier weergegee het. Die artikel kan ook afgelaai word by www.ganna.co.za (Doeltreffende seleksie vir meer doeltreffende seleksie). Laat ek kortliks verduidelik. Ek het gaan kyk hoeveel koeie die stoet in die top 20% asook in die onderste 20% van ras het vir die speen maternale teelwaarde. Ek het dan hierdie onderskeie koeie in hul onderskeie groepe gesorteer en gaan kyk hoe produseer en vergelyk hierdie twee groepe op die plaas. Die resultate was baie interessant en insiggewend. Die koeie wat in die top 20% van die ras was vir speen maternaal (melk) se ouderdom met eerste kalwing was een maand beter (28 vs 29 maande) as die koeie wat in die onderste 20% van die ras is. So ook was die top 20% groep koeie se tussenkalfperiode (oor al hul kalwings) 9 dae korter (373 vs 382 dae) as die onderste groep koeie. Die top 20% groep koeie het 415 kg geweeg teenoor die onderste 20% groep se 410 kg (dus amper dieselfde) tydens speen. Maar omdat die top 20% koeie beter moedereienskappe gehad het, het hul kalwers gemiddeld 21 kg per kalf meer geweeg op 205 dae ouderdom as die onderste 20% groep koeie se kalwers (191 kg vs 170 kg). Dit is dan ook hoekom die top 20% koeie se speengewigverhouding 46.4% was teenoor die onderste 20% se speengewigverhouding van 42.2%. As ons hierdie syfers gebruik en vinnig uitwerk hoeveel kilogram vleis per 100 kg gepaar geproduseer is, sal ons sien dat die top 20% groep 45.4 kg vleis per 100 kg gepaar geproduseer het teenoor die onderste 20% se 40.32 kg/100 kg gepaar (met 'n aanname dat altwee groepe se mortaliteitspersentasie 0 is). Die verskil is dus 5.18 kg/100 kg gepaar. Op 'n plaas wat 90 000 kg biomassa kan dra (ongeveer 218 koeie van gemiddeld 412.5 kg) maak dit 'n verskil van 4662 kg wat meer geproduseer is. Teen 'n prys van R15/kg is dit R69 930 rand per jaar meer! Onthou, hierdie koeie loop deurmekaar en het dus presies dieselfde behandeling gekry! In geheel gesien kan ons dan sien dat die top 20% koeie wat net so vrugbaar is as die onderste 20% koeie met swakker moedereienskappe en wat ongeveer dieselfde weeg by speen, heelwat meer doeltreffend en winsgewend is. Terloops, die "beter" groep koeie se gemiddelde speen maternale teelwaarde is +4.1 kg (dit val in die boonste 5% van die ras) terwyl die "swakker" groep koeie se gemiddelde speen maternale teelwaarde -4.3 kg is (dit val in die onderste 5% van die ras). Blote toeval? Ek glo nie.
Baie insiggewende ontleding... dit is mos 'n sinvolle bespreking van praktiese syfers wat in die boerdery bereik word... waar daar variasie is, kan daarvoor geteel en geselekteer word...! Dankie hiervoor...!
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Dexter Danie het betrekking:
Vet is 'n mooi kleur! Dit hang ook af wat jy as kwaliteit beskou. Een van Mentz se sleutelvrae wat my bybly is: "As stoetteling so goed is/was, waarom sit groot stoeterye met lae kalfpersentasies - gegewe die hoeveelheid verbetering/stoetteling wat daar in gesteek is?"(Sommige stoete is al 50 jaar aan die gang!)
Stoetboere selekteer vir baie eienskappe bv. VOV, prestasie in fase c-toetse, lae geboortegewig, vroegrypheid, vrugbaarheid, goeie melk, lanklewendheid, poenskoppe, sterk pote en loopvermoë en nog baie meer.
Sommige van bg. eienskappe is egter negatief gekorreleer, bv. goeie prestasie in Fase C en vroegrypheid. Wat is dit wat jy soek? As jy op veld boer moet jou stoet of kommersiële beeste optimaal op die veld kan produseer en reproduseer met minste insette en hoogste wins moontlik!
Ek is nie van mening dat hy alles reg het nie, maar dit is ook my mening dat hy nader aan die waarheid is as wat die baie telersgenootskappe en rade is!
As hy verkeerd is, bewys hom verkeerd, voer debat met feite. Moenie verhore in camera hou nie! Waarvoor is julle bang? Die man het 'n mening en dwing niemand om dit te glo of te praktiseer nie. Dit lyk my julle wil julle sienings afdwing!