Is biltongjag te duur?

E-forum
User offline. Last seen 40 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Linda van Graan het ‘n pryslys vir biltongjag na die gespreksforum gestuur, wat vir heelwat kommentaar gesorg het.

Mark Blignaut skryf:
Ek wil nie uit my beurt praat, maar as dit biltongpryse is wil ek nie weet wat is julle trofeepryse nie! 
Gemiddeld vir rooibok is R700 vir 'n ram, blesbok is gemiddeld R800, koedoes vanaf R3000 to R5000 (tot en met 59.99 duim), blouwildebeeste word tans op baie plekke geskiet vir R2200 of selfs minder.
'n Goeie dagtarief per jagter is in die omgewing van R275 per dag en sluit gewoonlik alles in. Ek val jou nie aan nie, maar mens moet darem realisties wees.
 
Leonie skryf:
Dagtarief van R400, plus die spoorsnyer, plus die slagter, plus die geweer, plus die patrone, plus die voertuig, plus die brandstof. Sjoe. wat kos die bok jou dan?
 
Andre J skryf:
Ja magtig man ons skiet springbokke vir R200 - waar kom hierdie mense aan R1000 – het hierdie springbokke goue tande of diamante in die pens? Watwou!
 
Dawie skryf:
Slag eerder ‘n bees: Koedoes kos R2500 stuk in Keetmanshoop.
 
Mark skryf:
Daar is 'n hele klomp boere in Limpopo wat nog hierdie tariewe aanbied. Wat ek ook agtergekom het in die laaste tyd, is dat baie van die groepe verkies om vanjaar in die Vrystaat en Mpumalanga se hoëveld te jag, weens die pryse.
In Vryburg se wêreld het ons hierdie jaar blouwildebeeste gekry vir R1500 en elande vir R4000 (let wel, nie trofeediere), dagtariewe was R160 per dag en met cruiser R1000 pd. Dit het vir 5 mense uitgewerk op R360 per dag.
Al wat ek probeer sê het was: Biltongpryse moet realisties wees; baie jagters kan bekostig om net een keer 'n jaar te jag. Waar hy in die verlede bv. 2 rooibokke en 'n vark kon skiet, kan hy hierdie jaar dalk net 'n rooibok-ooi skiet.
Ek weet daar is korporatiewe groepe wat nie omgee om te betaal nie, maar nie elke jagplaas gaan só gelukkig wees om van daardie groepe te kry nie.
 
Bennie skryf:
Ek gaan Junie in die Karoo jag, R100 daggeld. Blesbokke R550. Dan kan ek nog die biltong bekostig.
Teen R1800 gaan die biltong my oor R200 per kg kos. Dan slag ek eerder maar een van die beeste en skiet teiken na bierblikke toe. Of ek maak weer Damara-droëwors.
 
Ernest Nieuwoudt skryf:
Ek het gister oggend ‘n oproep gekry uit Namibië vir ‘n krokodil in die Kunenerivier wat die mense vang wat daar bly. Ons het net sewe dae om hom hom te jag vandat hy gerapporteer is en dit was gister.
Die laaste krokodil wat hulle geskiet het was 5,6m lank, al wat hulle doen is om die grootste een te skiet so dit sal weer omtrent daardie grootte wees.
Die prys is R35 000, blyplek en kos ingesluit, die kliënt moet net self in Outjo kom en daarvandaan vat die “outfitter” hom verder na die Kunenerevier.

Henk Wessels skryf:
Ons jag hier by Karasburg vir Sprinbokke R180 en Gemsbokke vir R1500.
 
Gerdie skryf:
Ek sit in die veld van Tarkastad-distrik en wag vir nog bokke. My eerste mooi Springbok-ram se binnegoed is al uit. Mooi skoot agter die blad op 150 meter met 30-06 150 grein ammo. Pas nog jong ram geskied - uit skietstoel vir meer akkurate skote.
Ek sit aan die skadukant van digte bos, dan blink my bril of teleskoop nie so maklik in die son nie. Bos hou ook die ergste wind uit my gesig.
Springbokke @ R400 stuk, Blesbokke @ R700 elk. Dagfooi vir slaapplek in groot plaashuis = R200 per man per nag. Ons is 8 man. Maak eie kos, gasvrou ruim op en was skottelgoed.
Ons gebruik vet beesvleis om met die wildsvleis te meng vir wors. 50/50 op gewig. Biltong word gesout met Safari-mengsel @ 35 gram per kilogram vleis, sit oornag in plastiese skottel.
Die voorsit-metode van jag is maar eensaam en vir lang rukke gebeur daar niks, so help die Blackberry darem die tyd opmaak. Ek verkies die Kalahari-jag van die bakkie af skiet, dan het jy geselskap en manne wat mooi skoot waardeer.

Leonie skryf:
Gerdie, MOET jy sulke goed noem op 'n Maandagmore? 'n Bloue daarby. Hoe moet ons arme mense nou voel? Ons sit en trekkings kry en verafuitdrukkings in onse oë en beny jou.
 
Jan skryf:
Dis darem nou lekker jaloers maak, en die grootste lekker van die jag is die vriendelike mense daar in julle wêreld. Ek het nou net die seuns gebel en laat weet sodra hul eksamens oor twee weke klaarmaak, moet hulle ‘n paar rooibokke en ‘n koedoe of wat kom skiet dat ons kan biltong maak, weet nie hoekom ek altyd vir die goed so jammer is nie. More is ons dalk nie meer daar of Malema se mense vat die grond dan was als in elk geval verniet. Onthou ‘n bietjie olyfolie in die droë wors!
 
Danie skryf:
Eerste keer dat ek hoor van olyfolie in wors.  Vertel bietjie meer?
 
Jan skryf: 
So 750 ml goeie olyfolie op 45 kg maalvleis hou die droë wors lekker sag, self al vries jy dit.
 
Dawid skryf:
Olyfolie is duur!
 
Wilhelm skryf:
Duur is relatief, maak gerus die som t.o.v. reistyd, brandstof, kos/drankies, jagfooi, patroonkoste, karkaskoste, ens. Ordentlike droëwors is lag-lag R150/kg werd, ja maak die som bykans R250/kg NAT! Gooi maar daai ou-lyf-olie.........jy sal nie spyt wees nie.
 
Jan skryf:
Teen die prys van wildsvleis vandag is dit die prys werd!
 
* Hierdie bydraes is geskryf op die gespreksforum.
 
28 Mei 2010
3.88889
 
 
Eugene Leonard
User offline. Last seen 8 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 6 Aug 2009
Inskrywings:

Sjoe soos wat ek lees is ek more weer in die veld. Die bosveld se ouens se pryse is maar op standaard, die Karoo boere en Kimberley se kontrei is die pryse redelik goed vir Springbok en Gemsbok. Die olyfolie se ding gaan probeer my droeewors gevries maar ai so droog.

mkruger
User offline. Last seen 1 dag 21 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

Ek is maar bly ek is nie 'n "wildboer" nie.
Ek het seker so 4 jaar terug daar in die bosveld gaan jag en toe was dagfooie al R200 en het jy vir 'n rooibokram so R700 betaal.
Wil my voorkom asof wild net goedkoper raak ?

Pieter van Vuuren 

Ek weet nie waaroor moan julle nie. Ek dink nie julle dink aan al die ander dinge wat duurder word vir ons boere nie. Brandstof gaan op, voer, werkers se lone, krag, inflasie is in sy glory ens ens. Vir baie jare het die biltong jagters misbruik gemaak van ons en ons 'n appel en ui betaal vir ons produk onder die vaandel van vriendskap maar dan gaan smous hulle dit in hulle restaurante vir baie geld. Ek is een van die manne wat glo dat ons vir 'n slag maar goeie geld kan vra vir ons wild en nie skaam hoef te wees nie. Begin lewer 'n diens en doen dit goedkoop en kyk maar hoe vinnig maak mense misbruik van jou. Jy sal nog nie eers spoed gevang het nie dan is jy al onderdeur gewerk... Ek boer in Namibia en hier gaan dit net so. Ek is nie skaam om te se dat jy 'n rooibok by my gaan skiet vir R 2000-00 nie en 'n kudu nie vir minder as R 6000-00 as jy vir trofee gaan nie. Waar skiet jy 'n springbok vir R200-00 Mnr Andre J??? By ons sal jy R18-00/kg betaal... Dit werk uit op 'n gemiddelde gewig bok R360-00 of skiet jy lammers? Nou voel ek sommer beter na ek my se kon se. Groete

Coenie Lourens 

Ja manne en manninne skiet/jag bly baie duur as na die geheel prentjie gekyk word.(Brandstof, kos drinkgoed, dagfooie, slagter, kruie, derms en vet ens) Wat ek net nie lekker verstaan nie....as die seisoen oor is dan word oortollige wild of swak kondisie diere aan slaghuise gelewer enige iets vanaf R14 - R18/kg. Hoekom kan ons biltong manne dan ook nie skiet vir R18/kg? Alle vleis produkte werk in die boerdery in R/kg hoekom jag ook nie?
Kom aan boere help ons???

Pieter van Vuuren 

Ek dink daar is bietjie verwarring op die oomblik. Wat die ouens dalk vergeet is dat jy gaan om te jag vir VLEIS of TROFEE. Jy moet die boer natuurlik voor die tyd laat weet in watter produk jy belangstel en dan is dit jul altwee se verantwoordelikheid om binne die reels te bly en seker te maak jy skiet die regte dier. As ek biltong jagters het weet hul dat hul nie na buitengewone groot kudus, springbok of selfs gemsbok mag skiet nie. As hy nie luister nie gaan hy trofee prys betaal. So as jy trofee jag betaal jy per duim en as jy vir vleis jag betaal jy per Kg. Deesdae kan 'n mens nie meer 'n ou verniet uitvat ook nie want soos jyself se alles het duur geword. 'n Skokbreker vir my jagkar is 'n N$ 1000-00. Vere nog meer. En die goed word maklik afgery... Jou werker wat slag moet betaal word. My biltong jagters het nou slim geraak hul bring hul eie volk. Ek hoop dit help om die probleem op te klaar...

frik v d merwe 

EK DINK DIE PRYS P/KG IS DIE REGTE MANIER OM JOU WILD TE BEMARK.DIT VERHOED DAT MANLIKE/TROFEEDIERE VIR BILTONG GEJAG WORD.N VROULIKE DIER HET TOG LEKKERDER VLEIS EN DAN KAN DIE JAGTER SELF BEPAAL WAT HY GAAN SPANDEER EN NIE PER ONGELUK MET N TROFFEEPRYS SIT NIE

Drikus van Zyl 

Hi, ek is opsoek na n plek waar ek kan gaan jag, ek het al n paar geskakel maar die mees bekostigbaar is ek op soek na. Asb laat weet my by 083 611 4210 of e-mail : drikus.debonnair.vanzyl@gmail.com

Hans Moerdyk 

Party ouens gee werkilik nie 'n duit om, om R75.00kg vir 'n 1 lt Klippies se inhoud te betaal nie. Jag is bekostigbaar en lekker.

Ian Burger 

Ek stem saam met die meeste van die manne wat se p/kg is die roep!!! Ek dink terug aan springbokke wat ek & my familie in die kalahari platgetrek het wat baie van die MP & Limpopo wildsboere se rooibokke ewenaar in gewig, maar ons betaal nie R800 vir die bok nie!!! Irrelevant van trofee, ons het nog nooit meer as R400 vir springbok betaal nie. Ons skiet massiewe gemsbokke (gewig & horing lenget) vir R2500. Ek dink met alle respek dat die boere in die bosveld ouens uitbuit & daarmee weggekom het vir te lank! Daar is nie 'n verskil tussen julle arbeid, brandstof ens & die van die boere in die Noordkaap nie. Ek doen 'n beroep op die MP & L boere om introspeksie te doen & realistiese pryse aan te bied vir die jagter, anders sal julle saam met die jag/wild bedryf 'n stille dood sterf!

Wynand Breytenbach 

Daar is so paar goedjies wat die manne nie raaksien wanner dit kom by jagpryse nie. Dit gaan nie regtig oor die brandstof, lone ens nie. Daar is baie duurder uitgawes. Die plase in Limpopo kos deesdae belaglike pryse. Daar moet elke maand betalings gemaak word aan die bank. Plaas implimente, voertuie ens dieselfde. Die afgelope twee jaar het die pryse van wild op veilings die hoogte ingeskiet. Jy gaan vir mooi rooibok ramme R1400 op veiling betaal. Koedoes (onder 50") so R6000 tot R8000 ens. Hoe kan julle verwag dat die boere moet die wild laat jag vir minder as wat hulle daarvoor betaal. Het julle gesien wat kos lusern deesdae, en dit word vir ses maande gekoop. Die pryse van heinings het die hoogte ingeskiet, en met vandag se misdaad word drade gereeld geknip wat ook herstel moet word. 'n Groot probleem is dat biltong jagters glo mos dat hulle net vanaf Mei tot Augustus wil jag. Die plaas uitgawes moet elke maand vir twaalf maande betaal word, nie net in die jag seisoen nie. Meeste jag plase in die Limpopo en Noordwes het vrystelling, wat beteken dat julle deur die jaar kan jag. Biltong onder 'n waaier in die somer smaak net so lekker soos biltong wat in die winter gemaak is. Wildsboere se uitgawes het so 300% gestyg die afgelope 5 jaar, en julle wil jag vir dieselfde pryse as toe julle jonger was. Gun die wildsboere ook die geleetheid om 'n besigheid te bestuur wat 'n profyt maak, in plaas van net deur die maand kom.

Koos Van Deventer 

Ek stem heelhartig saam, die vleis pryse is in R/Kg. As jy jag vir biltong dan is dit vleis en ons praat nie van trofee diere nie. (Die meeste van die diere is inelkgeval nie altyd die swaarste Ek het 'n paar jaar gelede in Bray se omgewing 'n Koedoe geskiet van 189kg karkas massa en was nie trofee terwyl ander van 158kg was).
My seun is besig om die jag wêreld te betree maar sy kerfstok is net vol van Springbokke, Blesbokke, en Rooibokke. Hy sê pa ons kan nie R3-4000 vir die groter goed betaal nie, die vleis/been verlies is te veel en dis te duur. Ons vat maar eerder die geldjies en skiet kleiner spesies en sodoende kan ons meer skiet as net 1 skoot en dan is ons klaar vir die jaar.

So indien die boere begin om biltong jag teen R/Kg te bemark sal almal meer kan jag en meer spesies het op hul kerfstokke.

Asb boere kom en help die getroue jagters, en die boere wat dit wel doen adverteer asb, sodat ons wat julle wil kom ondersteun van julle te wete kom. As jy nou die gewilde jag tydskrifte oopmaak is daar nie een R/kg jagte nie.

Paul van Rensburg 

Ek wonder, is daar plase wat voorsiening maak vir iemand soos ek wat nie wil oorslaap nie. Ek sou graag wou in kom, 1 of 2 rooibokke/blesbokke skiet, die binnegoed uit haal (sommer self) en weer die pad vat?

Ek voel natuurlik dat ek eerder meer vir my diere sal betaal en geen dagfooi nie, want hoeveel mense het dit al oorgekom dat hulle nie 'n skoot afvuur nie? Ek gooi 'n klip in die bos, maar is dit nie ook 'n opsie nie?

As iemand weet waar ek nie hoef oorteslaap on te jag nie laat weet asb. Ek's in Brits en sal ±250km radius oorweeg.

Groete
pjr@minaco.com

JOHAN OLIVIER
User offline. Last seen 1 year 34 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 16 Jun 2010
Inskrywings:

EK WAS DIE JAAR OP SOEK NA N JAGPLEK OP N SEKERE PLAAS, TOE HET DIE VROU VIR MY GESE ,DIE JAG IS BAIE STIL VANJAAR TOT DIE PRYSLYS GEKOM HET TOE WEET EK HOEKOM . NET BILL GATES KAN OP DAAI PLAAS JAG, PRYSE LAAT DIT NIE MEER TOE VIR ONS GEWONE BILTONG JAGTERS NIE.

Hans Moerdyk 

Daar is net 2 seisoene in 'n jaar: Visvang en Jag die regering moet dit net nie verder opfix nie

Heine 

Voor ek wegvlieg, "there 2 sides to a story", ek het ook wildplaas gehad, met aankoms van jagter, hoor 'n mens gewoonlik die grootprater, skiet net kop/nek skote, hoe eerlik hul is, DAN's ek klaar versigtig. 'n Boer ken 'n raak-, misskoot of pensskoot, wanneer jy weer veld toe met volgende klomp, dan ruik jy die skade, dis hieroor wat dit so duur raak. En ja, wild is besig om duur te word. Hier kan jy dieselfde bokke skiet met 'n prys verskil, vanaf R 12.5 pkg tot R 18 pkg. En, ja by vriende, vrek die ou bokke op 'n streep, kudu, rooibokke, wildebeeste, as gevolg van te veel diere, droogte en te DUUR pryse. Laat 'n mens dink. Lekke jag, ek's weer innie veld die naweek.

Hana Olivier 

Stap verlede week by n groothandel slaghuis in en sien n skaapkarkas van 25kg geadverteer vir ongeveer R1200. Ek wonder toe of die ouens wat so kla oor wildpryse nie maar skape of beeste moet gaan jag nie. Ek laat Rooibokke jag teen R700 en Blouwildebeeste teen R2500. As ek dit terugwerk na skaapvleispryse is dit uiters bekostigbaar! Immers is die biltong seker lekkerder as skaapbiltong.

Meinardt Tydeman 

Hi ouens. Ek self jag graag vir biltong, maar vind dat die plase wat goedkoper wild vir hierdie doel het, gewoonlik ’n tekort daarvan het en omtrent net trofee diere het vir trofee pryse. Hulle trofee mates verskil ook hemels breedt van wat Rowland Ward as minimum aanvaar. En ja, ek skiet graag kop of hoë nek skote en verkies nie trofee diere, want ek jag vir plesier en vleis. Boere moet onthou, net soos die ressesie boer beïnvloed, word die jagters ook geraak. Ons moet verder ry om meer bekostigbare jagte te kry. En om meer as R250/nag te betaal om "nader" aan die natuur te wees is vir my uitbuiting. Boonop verlaat jy dan die plaas met ’n verdwaalde biltong bok wat ongelukkig dit te naby aan die pad gewaag het, nadat die jagter op gegee het om deur die digte bos te probeer loop nadat oorbeweiding die indringer spesies ’n kans gegee het om oor te neem. Waarborg jul wild teen billike /kg pryse en versorg die veld en ons is daar. O ja, Slaghuise kry wildsvleis aan die einde van die jagseisoen teen R9/kg en ek koop karkasse by hulle teen R12/kg. Laat mens wonder nê?

paul van der merwe 

Ek is n wildsboer vir 25 jaar.Oor die jare het ek die bedryf sien verander.
Vir ons boere was dit baie winsgewend gewees so 15 jaar gelede.Deesdae glad nie meer nie.
Jagters is armer,is ouer,kan nie meer stap nie en jag nou van duur voertuie af.Die kompetisie tussen wildsboere is deesdae hewig.
Jagters neig ook om jou groter bokke,beter gene, te jag.
My toekoms planne sluit nie meer biltongjagters in nie.Sal trofees deur oorsese jagters laat jag en wildsvleis self verwerk na biltong ens.. en my ou bokke eerste laat val voor hulle vrek!!!

Meinardt Tydeman 

Hi Paul. Jammer dat jy so daaroor voel, maar miskien is die punt wat gemaak word om per kilogram te vra dalk ’n beter opsie vir jou boerdery? Maak ’n trofee prys en ’n per kilogram prys vir biltong jagters. Skiet ’n biltong jagter ’n trofee, dan moet hy die prys betaal. Sodoende word jou trofee diere nie noodwendig gejag nie en sal die biltong jagter nie te kieskeurig wees oor wat voor die loop inloop nie. Buitendien sal jou vroulike diere nogsteeds gejag moet word en afhangende van die grootte van jou grond, betwyfel ek dit of jy alleen al die skietwerk sal kan behartig. Daar is nog etiese jagters onder ons wat ooie, koeie en jong diere sal jag indien hulle teen billike pryse beskikbaar gestel word. En ja, ons is armer, veral as almal begin staatmaak op oorsee se trofee jagters en ons nie meer kan by bly met die pryse. Sal graag jou opinie wil hoor. Miskien kan ek nog ’n biltong bok of twee voor die einde van ons jagseisoen jag...

Stefan Coetzee 1274 

Ek is 'n jong ou wat al vir so 10 jaar gereeld "biltongjag" geniet. Ek het 'n paar vrae en klippe om in die bos te gooi:

Die boere wat teen R/kg prys; hoe gaan jul te werk om jagters te bill wat bokke kwes en nie weer kry nie? Ons almal weet tog dit gebeur van tyd tot tyd met enige gesoute jagter, om nie eers te praat van die beginners nie. En die boere wat laat trofeejag; mag die jagters dan nie die vleis kry nie?

Ek het al gesien hoe wildsplase (nie R/kg, maar per bok pryse), waarvan die bokke in baie goeie kondisie is, bloot lojaliteit in hul kliënte kry. Dit het tot gevolg dat daardie jagters jaar na jaar daar wil kom jag. Die plaas word dan ook baie goed bemark deur word of mouth. Voor die boere weer sien is hy so in aanvraag dat hy kliënte moet wegwys. Hy trek dus nie so direk voordeel uit sy bokke se kondisie nie, maar baie beslis in the long run.

Verder, is dit nie in 'n sin amper onverantwoordelik om slegs op groot trofeë jag te maak nie? Ek noem dit nou in terme van die genepoel wat beënvloed word, soos wat Paul hierbo ook genoem het. Ek is seker dat die meerderheid van wildsboere hul gene goed bestuur, maar nie noodwendig almal nie. Iewers moet dit 'n effek hê. Dink maar aan hoe skaars 60"+ koedoes nou is teenoor klomp jare terug.

Op die ou "nekskote om vleisskade te bekamp" argument: Sou julle nie sê dat 'n rooibok nek potjie (of dergliks) meer gesog is as twee of drie ribbetjies wat beskadig word deur 'n behoorlike enjinkamerskoot met premium patrone nie?

Ten slotte wil ek die point at hand aasnpreek. Vir my het "biltongjag" nog nooit oor biltong gegaan nie. Ja, die biltong is natuurlik 'n groot byvoordeel, en ek geniet die verwerking an uitdeel daarvan net soveel soos die jag. Die ding is: as jy suiwer na biltong opsoek is gaan bees (selfs C-graad buttock) ALTYD 'n wildsbok klop; i.t.v. prys, gerieflikheid, tyd en smaaklikheid. Daarom besef en aanvaar ek dat jag 'n stokperdjie is, en NOOIT 'n rand en sent ding nie. Daar wil ek ook met Hans moerdyk saamstem dat mense R75 vir brandewyn betaal wat hy in een dag uitdrink, maar kla oor R1000 i.p.v. R700 vir 'n rooibok wat hy een keer per jaar skiet. Daar is vir my iets aan daardie vergelyking wat nie klop nie! Verder kla die mense oor wildpryse, maar elke tweede ou het 'n Sako met 'n Leupold teleskoop!

Dit maak vir my heeltemal sin dat die wildboere hoë pryse wil vra, en ek ondersteun hul daar. Eerstens kan jy na die vraag en aanbod gaan kyk. Ek het nie die volle statistieke nie, maar in my ondervinding is daar meer mense wat sukkel om jagplek te kry, as boere wat sukkel om jagters te kry. Dus kan (moet) hul bloot uit ekonomie 101 hoër pryse vra. Jagters onthou, dit is daardie ouens se brood en botter! As besigheid by jou prokureurs- of ander firma baie is, gaan jy jou fooie aanpas.

Die kostes aan om 'n suksesvolle jagplaas te bedryf is al 'n duisend keer bespreek om 'n duisend braaivleisvure; ons het nie nodig om nog meer daaroor ingelig te word nie. Tog lyk dit vir my of dit nog steeds nie mooi insink by almal nie, en ek is nie oortuig die jagter sien dit in baie mooi perspektief nie. Vra jouself 'n bietjie af of JY kans sien om 'n jagplaas te bedryf. Onthou dit sluit ook die kapitaalwaarde van die grond in, nie net algemene bedryfsuitgawes nie!

'n Laaste ding: As jy Sondagoggend klaar gepak en skoon aangetrek oppad terug huistoe van die jag af is, is mens maar wraggies gatvol vir die veld en kampvuur en koudkry en en en. Die boer het egter nie daardie luxury om gatvol te wees nie. Hy moet vinnig die kamp skoon kry en hout aanry, want oor 'n kort rukkie land die volgende jagparty vol brawade en brandewyn aan!

Nee ouens, my absolute DROOM van kindsbeen af was om 'n wildsplaas te besit. Vandag is ek egter baie bly dat ek liewer net 'n goeie vriend het wat een besit...

Dulcken Dwyer 

Hier in Prieska skiet ons nog die voorsit metode, wissel die prys vanaf R200.00 tot R300.00 per bok. Ons moet net onthou ons springbokke weeg maar gemiddeld 15 - 16kg. Kry 'n gemaklike, ligte skietstoel, pak jou radio in en smaaklike padkos vir die dag en sluit die dag af met 'n heerlike braai en verversings, dis onvergeetlik.

pirot79
User offline. Last seen 32 weke 1 dag ago. Van lyn af
Aangesluit: 20 Sep 2009
Inskrywings:

Ek boer in die Karoo en laat ook elke springbok jag by my. Ek het eers per kg laat skiet...nooit weer nie. Jy kry ouens wat trigger happy is en meer bokke wil skiet. Hulle skiet dan my klein bokkies, ek kry maar R100 vir 'n bok wat kon groot word en kon meer werd wees.
Ek het 'n ablusieblok met donkie in die veld aangebring. Jagters moet hul eie tente en kamptoerusting bring.

My pryse is as volg:
Alle pryse is voor BTW
Kampfooi R100/persoon per nag
Springbokke R350 per bok
Koedoe R1800 per bul en R1500 per koei
Bel as julle belangstel 0234171638

giliam oberholzer 

Dis nie dat wild so duur geword het om te jag nie, dis omdat mense se inkomste nie dienooreenkomstig toegeneem het nie. Vyftien jaar gelede kon jy met n maand se salaris lekker gaan jag het, vandag sal jy net die akkommodasie en dagfooie dek, geen bloed sal vloei nie. Ek jag nou maar ganse en bosduiwe. want skiet wil 'n man skiet, arm of ryk.

pjk 

Aan almal wat so kla oor die pryse... Die boere moet ook lewe!!! Doen jou self 'n guns en gaan kyk wat betaal mens om 'n bok op die plaas af te laai... en wat vra die boere jou om hom te skiet! Jul sal skrik... en dalk gaan jul ogies dan oop, en ondersteun die boere SONDER OM TE KLA!!!

Hannes Enslin 

Het die afgelope tyd redelik pryslyste van wild in die omgewing onder oë gehad. Daar is wel plase wat nog vir die jagter ( wat vir die natuur veld toe gaan, die veld geniet met jou biltong of trofee as bonus ) voorsiening maak. Probeer die afgelope tyd 'n jagplekkie kry vir biltong. As die dagtariewe, wildsprys, jagvoertuig, gidse en alles wat 'n moet is bygetel word kan die gewone sallaristrekker baie moeilik meer as 'n naweek in die veld deurbring. Waar hy 'n paar jaar terug kon gaan vir Koedoebul kan hy nou kwalik 'n Rooibok bekostig. Wat ek ook agtergekom het is dat party boere net te vinnig probeer om die eerste beste bok aan jou af te smeer en jy half onder verpligting geplaas word om te skiet. Geen veldgenieting ens. nie. As dit net om die vleis gaan is die slaghuis jou beste opsie !!
Al wat ek verlang is die minimum geriewe. Dak,bed,water,brandhout en toilet. Alle jagplase het in elk geval koelgeriewe omdat daar gewoonlik ander lewende hawe op die plaas geboer word.
Dit pla my as die boer vir jou vertel wat wild op die veilings kos. Ja hulle is duur - glo egter hy moet net teelmateriaal ( verbetering van sy genepoel )aankoop en nie aankoop met die doel om die betrokke diere te laat jag nie. As hy dit wel doen glo ek nie hy dra die belange van sy wild op die hart nie.
Soek nog steeds na bekostigbare biltongplase in Limpopo. 078 802 2234
Pirot79 - as jy nader was was ek alreeds op jou stoep !!!

hennie stassen sel 0832611131 

Ek soek Sprinbokjag vir ses jagters in die Karoo in 2012.

Carl Muller 

My seun het in Namibia gaan jag. Hy het 3 springbokke geskiet. Dit het my so R4000 gekos as ek reg onthou. Dit sluit sy vervoer en blyplek in van 7 dae. Ons het seker 35kg se biltog gehad en hy het 2 skape ook teruggebring. Dit was duur want ek was nie saam nie. Maar ons het baie lekker biltong en droewors ge-eet.
Volgende jaar gaan ek saam!

Johan Breet 

Ek is al baie jare 'n biltong jagter in Suid-Afrika en buurlande. Pryse het baie verhoog die afgelope paar jaar en maak dit moeilik vir die gemiddelde jagter om sy kwota te skiet.Bewerking kan natuurlik ook 'n probleem raak vir die manne wat nie self die vleis verwerk nie.(dan moet jy seker nie kla oor die pryse nie!!)Ek moet ook byvoeg dat mens nie meer jou seuns kan leer jag nie. Dit raak eenvoudig net te duur, vir te min "return" in vleis waarde. Ek wil ook byvoeg dat party boere dieselfde dagfooie in 'n spesifieke area vra, maar die geriewe is nie orals dieselfde nie. Standard prys=standard geriewe.Ek het maar net besef dat hierdie bedryf 'n groot besigheid is en nie veel omgee oor my biltong en droeworsie nie. DIT IS DIE SPORT VAN KONINGS

douw coetzee 

Hi almal ek soek bekostigbare jagplek vir die winter ek wil so primitief as moontlik gaan in tente bly vir n week. wil eland blouwildebees gemsbok skiet.dankie julle

Onbekende besoeker 

Hi pirot 79 hoe lyk jou pryse die jaar. en wa is jy gelee. ek stel regtig belang aangesien ek met my tent kan gaan.dankie lekker dag

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.