‘Boere moet hulself nou red’

Janbez
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

‘n Beroep is op al die boere in Suid-Afrika gedoen om as ‘n eenheid hulself te “red van ‘n tragedie soos nog nooit tevore in die landbou”.

Ons land se mense was vir baie jare bevoorreg om hoë kwaliteit landbou produkte te kon geniet uit die hand van boere wat onkenbare lang ure moes werk, dag en nag, om dit te produseer. Ten spyte daarvan dat hoë risiko’s, met insette, sovel as onbeheerde natuurelemente beveg moes word vir oorlewing. 
 
Sedert 1994 was boere onmiddellik blootgestel aan die vryemarkstelsel - in kompetisie met oorsese lande waar hul boere mildelik ondersteun was deur regerings om met subsidies voort te kon boer. Suid-Afrikaanse boere moes hierdie gesubsideerde produkte, soos koring, mielies, vleis, kaas en melk ens. oponeer om te bestaan. 
 
Die Regering het sedert oorname nog geen poging aangewend om bogenoemde aan te spreek om die Suid-Afrikaanse boere te beskerm teen hierdie onregverdige en ongelyke speelveld nie. As gevolg van dié onregverdige kompetisie het boere se getalle in die afgelope 15 jaar van sowat 70 000 tot naastenby 40 000 afgeneem.
 
Die oorblywende boere kan vandag op geen terrein van die landbou meer winsgewind boer ten spyte van die kundigheid wat oor die jare ingewin is, met betrekking tot hul beroep. As kundige boere met jare se ondervinding hul eiendom gaan verloor, watter ‘n kans het die huidige opkomende boere, wat gronde ontvang vanaf hierdie kundige boere, om te slaag? Die plase wat reeds oorhandig is, spreek grootendeels die taal van mislukking en verwagte terugname.
 
Nog ‘n punt van groot bekommernis is dat die gemiddelde blanke boer se ouderdom tans sowat 48 jaar is en steeds verloor ons hierdie kundigheid in die voedselketting. Geen seun van ‘n boer kan dit waag om die landbou as sy beroep te kies onder huidige omstandighede nie, dus verloor die landbou ook hierdeur nóg ‘n belangrike been van voedselproduksie vir die toekoms.
 
In die laaste jaar se twee plantseisoene (winter- sovel as somergewasse) het boere se insette vanaf 50% tot 250% gestyg om enige saad in die grond te kon kry. Om nie eens te praat van die hoë brandstofpryse, so hoog soos R11,00 ‘n liter. Besproeiingsboere se kragtariewe het binne een jaar tot ons skok met 67% gestyg, met ‘n skaamtelose aankondiging van Eskom vir ‘n verdere 40% versoek in September. Hierdie Eskom tragedie is niemand anders se skuld as die huidige Regering wat nie tred gehou het met die aanwas van inwoners van die land se gebruik van krag. Die regstelling van Eskom se tekorte moet dus deur die Regering gefinansier word, en nie deur die gebruiker nie. 
 
So ook moes die melkboere probeer oorleef met lae pryse en geweldige duur prysstygings vir voer, wat tot gevolg gehad het dat baie hul melkboerderye moes staak. Om net ‘n voorbeeld te noem: Met ‘n gemiddelde melk prys van sowat R2,70 per liter vir die boer teenoor ‘n huisvrou se aankoop van sowat R7,00 per liter. Hierdie prentjie van die landbou tans het veroorsaak dat geen boer meer kan beplan om winsgewind te boer nie, gevolglik word daar geweldige verliese in balansstate getoon en sodoende word die boer se eiendom aan risiko blootgestel.
 
Hierdie gegewens word opgeneem deur finansiële instellings, soos die handelsbanke, tot nadeel van die boer. As gevolg van nie winsgewindheid op balansstate word boere gepenaliseer met hoë rentekoerse deur bogenoemde banke, wat oorlewing onder dié omstandighede nog meer ondraagbaar maak en weer eens word hul eiendom as sekuriteit in gevaar gestel.
 
Die tragedie is dat in die graan- sovel as melkbedryf het die boer sy produk oor die laaste aantal jare met hoë verwagtings vir organisasies gegee het om te bemark. Hierdie optrede het die tyd bewys was een van die grootste foute wat in die landbou gemaak is want sodoende het die boer totaal beheer verloor oor dit wat hy produseer en waarvan hy moet oorleef. 
 
As gevolg hiervan het die rolspelers in die voedselketting die geleentheid gebruik om hoë winste vir hulself te bewerkstellig tot nadeel van die huisvrou wat finansieel reeds swaarkry om die kosmandjie huis toe te neem. So word armes net meer arm en die Regering het nie ‘n saak om betrokke te raak by die mense wat vir hulle gestem het nie. Ten spyte van bogenoemde word dit nog steeds verwag van die boer om goedkoper voedsel te produseer: In teendeel is hy dag en nag besig om sy ondergaan te bewerkstellig.
 
Die enigste oplossing vir ons as boere in Suid-Afrika om uit hierdie omstandighede te kom is die volgende :
 
1.          Om as ‘n eenheid bymekaar te kom om sodoende ons produkte wat ons produseer deur ‘n eenkanaal-bemarking self te bemark en te bestuur soos bv. ‘n Suid-Afrikaanse produsente koöperasie waar die boere die eienaars sal bly en sodoende die pryse van hul produkte kan beheer en bestuur.
2.          Te same hiermee verwag ons dat die Suid-Afrikaanse Regering onmiddelik ons boere moet beskerm teen gesubsideerde landbouprodukte, waarvoor Suid-Afrika gebruik word deur oorsese lande om hul oorskotte te stort.
 
My versoek aan elke boer in hierdie land is om so spoedig as moontlik na vore te kom sodat ons ‘n eenheid kan vorm om ons self te red van ondergang om langslewendheid vir ons nageslagte te bewerkstellig. 
 
As die Regering nie hierdie boodskap in ‘n ernstige lig beskou nie, sal ons verplig wees om verder te gaan om soortgelyke optrede soos ons oorsese landbouvennote te doen in hul stede. Om sodoende ons haglike toestande en lewe aan die hoogste gesag oor te dra wat dit tot nou toe tot ons leed nie kon begryp nie.
 
Geskryf deur James O’Kennedy. zeza@swellendam.com
 
8 September 2009
5
 
 
Johan Steenkamp
User offline. Last seen 1 year 21 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Jul 2009
Inskrywings:

James, ek stem 100% saam met jou en sal 100% agter jou staan. Iets moet gedoen word en vinnig ook. Ons is besig om ons stagig maar seker dood te bloei. Op hierdie manier sal daar verseker nie iets oor wees vir ons kinders en hul kinders nie. Dit is nou die tyd vir ons boere om saam te staan en ons voet neer te sit teen sekere goed wat die regering doen. Net een vraag!! Waar is die georganiseerde landbou wat veronderstel is om in belang van die boer op te tree. As ons nie nou iets doen nie gaan hulle ons nog meer belas.

Johan Steenkamp

Willem Bouwer
User offline. Last seen 1 year 44 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 15 Jul 2009
Inskrywings:

Ek stem 100% saam. Ek is van mening dat die boere buite die bestaande stelsels sal moet opereer. die nuwe Minister en Adjunk hou nie veel voordeel in nie en praat baie, maar doen min. Politiek benadeel landbou en hou risiko in vir eenheid en samewerking.

Landbou sal volgende jaar nog minder aandag geniet. Die moontlike afsterwe van Afrika ikone, WB sokker, swak ekonomie, droogte, vloede, laer produktiwiteit, arbeidsonrus en swak algemene Staatsbestuur sal 'n demper op landbou plaas. Die verswakking van die US$, toenemende werkloosheid heksejag op boere en Afrikaanse maatskappye sal ook die vraag na kos laat afneem.

Industriele aksie is die enigste manier om in SA gehoor te word.

Sterkte.

Dirk Human 

Dit is dalk nie 'n goeie punt nie maar stadsjapies loop nog steeds en verkondig dat Boere met die witbrood onder die arm kla.

Indien die indruk van Stadsjapies/besigheids mense nie drasties verander nie gaan Boere nie die nodige ondersteuning vir die sukses van Landbou geniet nie.

Die groter meerderheid van die bevolking is nog steeds onder die indruk dat kos en geld iets is wat die plaaslike Supermark agter in die stoor produseer. 'n Sekere persoon se seun het b.v opgemerk; " Ek drink nie koei melk nie maar winkel melk"

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.