braaikuikens - Raad oor hoe om te begin.

hmassmann
User offline. Last seen 2 years 21 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Sep 2009
Inskrywings:

Ek en my vrou stel baie belang om te begin boer met onder andere braaikuikens. Ek sal dit waardeer as ek n paar opinies/feite kan kry van boere wat reeds in die bedryf is of wat heelwat van dit af weet.

Ons het nie ons eie grond nie en het ook nie op die stadium die kapitaal om hokke op te sit nie maar ek sien daar is so nou en dan plotte te huur wat reeds braaikuikenhokke het.

My vraag is: Is dit n goeie idee om so te begin? Die voordele wat ek d.m.v. huur kan sien is dat ek min(der) inset kapitaal nodig het. Maandelikse huur van eiendom + insetkoste vir kuikens ens. Voer, medisyne ens.

Die nadeel is natuurlik dat daar nie baie sekuriteit is nie. Die eienaar kan enige tyd die kontrak stop net soos mens goed op dreef kom?

Ek kan verstaan dat sekere mense sal dink ek is naiëf met dié idees. Ek besef dat ek nog baie huiswerk het om te doen en dat ek omtrent niks van die bedryf af weet nie. Ek is op die stadium nog besig met n voorlopige studie en sal graag wil hoor hoe doenbaar dit regtig is.

Net n laaste vraag en ek dink dis miskien die moeilikste om n akkurate antwoord te kry: Hoe bereken ek die koste van n siklus? (is dit die regte woord? Van klein kuiken tot hoender reg is om te verkoop/slag) Dit sal baie help as iemand kan help met die inset koste van sê 4000 kuikens en watse wins mens kan verwag.

Baie dankie

3.75
 
 
mkruger
User offline. Last seen 2 dae 12 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

Ek het so bietjie hiermee gespeel en wat ek hieruit geleer het is dit:

Moenie eers daaraan dink om te begin as jy nie reeds 'n koper/mark het vir die uitgegroeide kuikens nie.
Hulle eet jou bankrot soos hulle groter word.

Moenie in die winter voer as jy nie behoorlike verhittingstelsels het nie(en dit kan duur wees).
En die kuikens groei stadig daarsonder.

Daar is heelwat inligting beskikbaar oor die aspek maar ek dink 'n goeie beginpunt kan dalk wees:

http://www.dicla.com/index1.asp?ThemeID=3

Jy sal eers moet registreer as gebruiker - kosteloos.

Neels Pretorius
User offline. Last seen 2 years 21 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Sep 2009
Inskrywings:

Voer is by verre is die grootse koste in die produksie van braaikuikens. Ek het kuikens op klein skaal geproduseer en kan die volgende met jou deel.

Kost van kuikens R3-50
Voer (4kg per kuiken @ R3-50) R14-00
Slagkoste by ‘n hoenderslagpale R2-00

Die gemidelde slaggewig behoort volgens die voer maatskapye sowat 2.1 kg te wees( indien die omstandighede perfek is). Jy kan egter begroot op sowat 1.7 kg per kuiken.

Indien jy 1000 kuikens per week produseer is jou direkte koste dus R 20 000 per week. Aangesien dir 6 weke neem om die kuikens groot te kry sal jy sowat R100 000 nodig he vir kuikens en voer voordat jy die eerste kuikens verkoop Ek skat dat jy die hokke end ander toerusting kan vestig vir R50 000 to R100 000.

Ek hoop hierdie inligting help

Neels Pretorius
User offline. Last seen 2 years 21 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Sep 2009
Inskrywings:

Voer is by verre is die grootse koste in die produksie van braai kuikens. Ek het kuikens op klein skaal geproduseer en kan die volgende met jou deel.

Kost van kuikens R 3-50 to R 4-00
Voer (4kg per kuiken @ R3-50) R14-00
Slagkoste by ‘n hoenderslagpale R2-00

Die gemidelde slaggewig behoort volgens die voer maatskapye sowat 2.1 kg te wees( indien die omstandighede perfek is). Jy kan egter begroot op sowat 1.7 kg per kuiken.

Indien jy 1000 kuikens per week produseer is jou direkte koste dus R 20 000 per week. Aangesien dir 6 weke neem om die kuikens groot te kry sal jy sowat R100 000 nodig he vir kuikens en voer voordat jy die eerste kuikens verkoop Ek skat dat jy die hokke end ander toerusting kan vestig vir R50 000 to R100 000.

Ek hoop hierdie inligting help

hmassmann
User offline. Last seen 2 years 21 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Sep 2009
Inskrywings:

Dankie vir die inligting so ver. Veral Neels se somme is nogal van hulp want ek nog net kans gehad om pryse van dagoud kuikens te kry. ( is daar mskien n kans dat ek kan julle my kan sê waarvoor die hoenders verkoop? Dit hang seker Baie af van gewig ens maar net n rowwe bedrag sal help.)
Ek is ook gewaarsku dat jy beslis n mark moet hê anders eet hulle jou bankrot. So dis iets waaraan ek volgende gaan tyd spandeer. Ek verstaan dat dit hang van individu af oor hoe/waar jy hulle verkoop maar is daar enige wenke oor hoe om te werk te gaan met dit?

Laastens, is daar miskien enige wenke oor hoe mens te werk moet gaan om eiendom in die hande te kry om te huur? Met n hok of 2 op natuurlik! Die advertensie wat ek gesien het in die Junkmail was nogal vinnig op gereageer en dus klaar uitverhuur toe ek geskakel het. Moet ek maar net in verskillende publikasies adverteer? LBweekblad/Farmers Weekly/Junkmail.. Nog?

Weereens dankie vir julle inligting so ver.

Groete

HM

Dirk Human
User offline. Last seen 2 years 14 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Nov 2009
Inskrywings:

H

Beraamde pryse wissel van R13 tot R18 per kg vir of bevrore of vars klas A kuikens vir Oktober. Dit is nou as mens kan werk op Landbouweeklad markneigings. Dit sal jou ongeveer R2 per hoender wins gee as jy Neels se syfers gebruik. Dit beteken 'n verlies van R18000-00 per week.

Ek is natuurlik geen kundige op die gebied nie so ek kan dalk 'n foutjie maak. Dit maak nie vir my sin nie so ek sal ook graag hulp/raad wil bekom.

Dankie
Dirk

Juan 

Ek wil self nou met hoenders begin. maar ek wil hoor waar 'n mens die hoenders kry en ook die voer en mediseine?

Onbekende besoeker 

ek het braaikuikens 4 tot 5 weke oud wat ek wil verkoop teen R15.00 stuk as iemand belang stel het opgehou boer

JJ v Blrk 

Ek is reeds besig om 'n braaikuikenhok op te rig. dit dis waar, jou grootste uitgawe is die aankope van voer. Met die ordentlike toerusting, aandag op details en die regte informasie, kan 2.2kg wel binne 35 dae bereik word. Wat wel nie so duidelik is nie, is die hoeveelheid starter, grower en finisher wat die kuiken behoort te vreet om die gewig te behaal. As enige iemand weet wat die gemiddelde voeriname van elk van die 3 voere, per kuiken is. laat weet ASB.

Jeanne Fick 

Ek sal dit baie waardeer as iemand my kan laat weet waar ek dag out kuikens in die Wes of Suid Kaap kan koop.

R. Henning 

JJ v Blrk het iets gevra wat ek ook oor wonder! Ek boer tans kleinskaal met die braaikuikens, maar wil graag weet hoe die voere moet loop. Hulle se dat jy 2 weke aanvangs, 2 weke groei en 2 weke afrond moet gee...en dan moet die hoender so 2.3kg wees...ek kry dit reg dat hulle so 2.5 is maar net n derde van die siklus en die res is dan ondergewig dat ek hulle n week langer moet aanhou...wat dan kostes op voer opstoot veral op daai ouderdom!
En boer met wie ek gesels het, het gese hy het net groei gegee! Toe probeer ek dit, maar dit lyk nie of dit n verskil gemaak het nie, en dit sal goed koper wees om die laaste tyd afrond te gee.
Wat ek graag sal wil weet is watter voer is die een wat hulle die vetste maak en die vinnigste laat groei, want dit sal vir my sin maak om hulle eerder daai produk langer te voer?

Dankie

R. Henning 

Ek sal graag wil weet watter voer is dit wat hulle die vetste maak en hulle die vinnigste laat groei? aanvangs, groei of afrond. Ek het nou al verskeie opinies gehoor en so aan, maar se die wetenskap? Wat het die voere in wat die resultate gee? Van my hoender is bo gemidelde gewig, ander is weer ver onder...eksal graag laat almal n goeie gewig beryk!

Dankie

Jan van Deventer 

Goeie dag almal. Ek wil met braaikuikens begin en soek raad asb.

Onbekende besoeker 

Braaikuikens is n moeilike game,kyk liewer na le henne,eiers altyd in aanvraag,en jy kan die hoender verkoop as produksie afneem,maak die somme,sterkte!

Naomi 

Is daar iemand wat dalk raad kan gee oor hoe 'n Koekoek met 'n Boschveld vergelyk? Ek het 'n baie uiteensetende artiekel oor Boschveld op die werf gevind maar min oor Koekoeks. Ek wil so 20 / 30 hoenders aanhou vir eier roduksie met die opsie om van hulle te verkoop of te slag. Enige raad? Groete

Andre Zwanepoel 

Vir enige advies oor braaikuikens, skakel my gerus op 0791694343
Wat die voer aanbetref werk rofweg op 0.6kg "Starter" en 1.5kg "Finisher" en 1.5kg "Post finisher" of tot die hoenders die regte grote bereik. Verkoop die hoenders sodra dit groot genoeg is, anders vreet dit jou winste op. Lewende mark kan jy maklik R35 per hoender kry (selfs meer op platteland).

Onbekende besoeker 

Ek wil op baie klein skaal eksperimenteer om braaikuikens in 'n hok groot te maak wat kan skuif. (Vleis vir eie gebruik) Dan deels met groeimeel asook groenvoer te laar groei. Is daar iemand wat kan kommentaar hierop lewer of dit al self gedoen het? Vreet die kuikens ooit groenigheid soos lusern of gras as hulle so klein is?

Onbekende besoeker 

Braaikuikens grootmaak is 'n goeie idee mits dit korrek bestuur word. Sorg dat jy 'n mark bou, begin klein en brei uit soos jou mark groei. Vind pryse uit by veskillende plekke, daar is gereeld ouens wat dagoud kuikens adverteer en van hulle verskaf selfs die medisyne en voer. Ek het gevind dat dit meer winsgewind is om hulle lewendig te verkoop, maar jou mark is net baie kleiner as geslagte hoenders. Lekker kuikens grootmaak!

Onbekende besoeker 

ek wens ek kan met hoeders boer ek is 13jr oud ek vrek oor hoenders maar ons bly in di stad awe

ivan 

hoeveel spasie kort mens, soos hoeveel hoenders kan mens op een vierkante meter hou?

Piet Sonnekus 

Wil graag weet wat is die beste om mee te boer, Le hoenders of braai hoenders? Soos ek kan aflei van al die raad hierbo is le hoenders die antwoord! Al wat ek nie weet nie is watse kos die le hoenders eet en is dit goedkoper as die braai hoenders se kos?

Quintus Fourie 

Ek wil ook begin met braaikuikens kan iemand my ook help met wat hul alles nodig het soos medisyne en kan n ou met n 100 begin e-pos dit asb na volgende e-pos adres toe asb dis my persoonlike adres quintusfourie@yahoo.com dankie Quintus

Onbekende besoeker Johnna J  

Al die raad oor braaikuikens maak maak my bang. so baie is negatief. begin sal ek moet begin. waar is rooibraaikuikens bekombaar? ROSS Braaikuikens klink vir my na probleme: te swaar vir hul bene, waterpens en nog meer. sal waardeer as ek antwoorde kan kry aangaande die rooikuikens. dankie, Johnna J

Onbekende besoeker 

Ek is n plaasbestuurder in die Riviersonderend (ruens) area,en soos almal weet moet n plaasbestuurder iets ekstra doen vir n adisionele inkomste veral as hy n familie wil onderhou. Dus wil ek weet of dit n goeie idee 'winsgewend' sal wees om braaikuikens groot te maak ek hulle dan lewendig in die dorp te gaan verkoop aan die einde van n maand of waneer die 'all pay' uitbetaal word?

Ek sal wardeer om van mense te hoor wat wel so n ondernemimg het. Werk dit of moet ek maar eerder na vark produksie stelsel kyk.

Onbekende besoeker Johnna J van Niekerk 

Plaasbestuurder in die Riviersonderend area Vriend dit wil voorkom of ons dieselfde berg wil uit, maar niemand wil ons van die nodige kennis voorsien. Ek bestudeer ook die varkproduksie stelsel. Johnna J

Onbekende besoeker 

@ Johanna. Ja nee lyk my dit gaan nie so maklik wees om die nodige inligting op te spoor nie, maar dit gaan my nie stop nie sal dan maar my eie skoolgeld moet betaal:-) Dalk moet ek die varke n groter oorweging gee.

Weskor Produkte 

Stuur 'n epos met julle gegewens na info@weskor.co.za . Ons vekoop veevoere en ek kan aan julle inligting verskaf oor daaglikse voerinnames van kuikens vanaf Dag 1 tot Dag 42. Maw hoeveelheid Starter, Grower en Finisher per kuiken.

Onbekende besoeker Johnna J van Niekerk 

Vriend van Ruens ons woon +- 2000 km van mekaar my tuiste is in die noorde van Namibia sal graag met jou gedagtes wil ruil die email adres is louise1@iway.na

Frans Welgemoed 

100 kuikens kos R450. Krag kos jou ook soveel vir die siklus. Mortaliteit moet by bereken word. dit wil se jy koop en voer 100 maar verkoop 95 as jy mor van 5% het. Mense soek nie klein hoenders nie so hoe groter jy hom kan kry hoe beter. As jy hom n week langer moet hou om hom op gewig te kry, doen dit, want jou wins uit daai hoender is soveel meer en jy lewer dus kwaliteit. Plaas ook die kos so dat almal by die kos kaans kry anders sal die sterkste 3de die kosbakke beset en jy oneweredige hoenders kry. Ek bereken so. 100 kuikens kos 450 + krag R450 arbeid kos n R1 per hoender op groot skaal en kleinskaal wil jy dit in elk geval self doen maar bereken dit maar by. dws R100 vir 100 hoenders. Slagpale vervoer, slag en verpak kan tot R3.50 per hoender beteken. dws ons staan nou op R1350 dws R13.50 per hoender of liewer R14.21 na mortaliteit by gereken is. Dan die gevreeste voer teen R350 vir 100 kg. Een hoender het 9kg kos nodig om 3kg te weeg dws R31.5per hoender. Dws 3150 vir 100 hoenders. Totale koste is dus R4500 gedeel deur die 95 verkoopbare hoenders is dat jou kosprys per hoender = R47.37 of te wel R15,79 per kilo. Soek of verkoop dan jou hoenders teen R18 per kilo en maak n wins van R2.21 per kilo of R6.63 per hoender. As jy dan jou target van 95/100 verkoop maak jy dan R629.85 wins maar n bonus vir minder vrektes kan jy tot R663 maak. (dis nou per 100 hoenders)

Onbekende besoeker 

Hi julle.

Ek is 26jr oud en wil baie graag met hoenders begin broei. Ek het 'n opsie op 'n plot in die vaal driehoek. Daar is meer as genoeg spasie vir hoenders, maar ek wil weet hoe ek moet begin. Wat gaan vir my die beste wees. Frans Welgemoed, jou berekeninge klink vir my baie goed en het my bietjie meer moed gegee om my planne voort te sit. Maar weereens, ek het raad nodig. Hoe begin ek? Wie moet ek kontak om die hoenders te verkoop, te slag ens. Ek sal regtig enige raad waardeer. Stuur gerus vir my 'n e-pos by tbokkie@yahoo.com as iemand my meer detail kan gee oor hoenderboerdery.
Baie dankie
Trudie

Frans Welgemoed 

Die beste sal wees as jy in jou plaaslike koerant kyk, hulle bemark baie hulle kuikens daar. As jy in n gebied bly waar jy naby Alzo voere is en n Agri (die ou OTK) is dit belangrik dat jy die inligting by hulle gaan soek. Hier in Witbank is altwee die instellings puik wat sulke inligting betref. Hulle het antwoorde vir al jou vrae en as hulle nie weet nie, vind hulle dit uit.

Onbekende besoeker 

Hi Frans jou berekeninge is redelik korrek die mense moet net onthou dat die houtskaafsels se prys ook by gereken moet word Groete Christo

Gwen Erasmus 

Ek boer al 'n geruime tyd met braaikuikens, het 'n afset vir hulle. Ek wil graag net weet wat kan ek gerbuik vir grondbedekking, ek sukkel om "kaf" tekry veral hierdie tyd van die jaar. Ek woonagtig Winburg. Strekte aan al die beginners vir my is dit 'n heerlike stokperdjie en ook 'n goeie inkomste, ek geniet elke oomblik daarvan, veral in die somer, nie die winter nie, maar volgende jaar gaan ek plan maak met die sterftes, hulle groei ook stadiger, sien dat in LBouweekblad iets is wat die hokke warm hou in die winter en koel in somer. Is daar iemand wat my die nodige inligting kan gee tot dit, help dit, wil nie geld mors op iets wat nie gaan werk nie. Ek wil ook net sê vir enige nuwe hoenderboerdery begin klein en brei dan uit. Daar is aanvraag vir hoenders, kry eers 'n vaste afset gebied en woeker.

Christo Roetz 

Hi Gwen ! Die beste grond bedekking is maar denne skaafsels en nie saagsels nie Die saagsels is te fyn en partykeer vreet die hoenders dit en hulle kan verstop raak. Die beste plekke om te kry is by enige saagmeule in die omgewing of by meubel fabrieke

Morne Oosthuizen 

Ek bly in die Noord Wes naby Brits en is opsoek na braai kuikens, as iemand my net kan raad gee waar om kuikens te kry in die omgewing sal ek dit waardeur. My email is morne16march@gmail.com

Onbekende besoeker 

Ek wil graag met Lêhenne begin.Wil graag weet hoeveel die lêhenne kos, watse kos om vir hulle te gee.As ek op kleinskaal wil begin, hoeveel is die ideale totaal om aan te koop. Ek weet absoluut niks van die soort boerdery af nie. Sal iemand asb vir my meer ingligting hieroor kan gee. Alle kostes verbonde ens. Sal dit regtig baie waardeer.

Onbekende besoeker 

Ek is n 18jaar oud en maak nou kla met matriek. Ek bly op n plaas met al die fasiliteite om n braaikuiken boerdery te begin. Ek studeer volgende jaar van die huis af en sal dit geniet om so iets te kan doen ook. Ek het klaar baie raad gekry by vorige vrae en antwoorde, maar ek sal dit waardeer indien iemand my raad kan gee. Stuur gerus na my e-pos adres eduardloubser@yahoo.com Baie dankie

Janbez
User offline. Last seen 2 dae 12 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Eduard,
Lees ook Marno Els van Kroonstad se storie:
http://www.landbou.com/bedrywe/diere/ander-diere/ander-diere/jong-boer-w...
Jy sal hom via Senwes se skakelafdeling kan kontak.
www.senwes.co.za
Sterkte
jan bez, landbou.com

fnj fourieOnbekende besoeker 

dag vrinne het almal se komentaar gelees.stem honderd persent saam.met braaikuikens,maak eers al die sommetjies.bepaal jou prys, en hoeveel jy kan supply per week. teken kontrak.anders end jy op soos ek !!!vrieskaste vol hoenders.moes naderhand op skuld verkoop,net om my geld terug te kry. grootste probleem vir ons ouens kanie kontrak kry nie .groot manne sny ons kele af .hulle kan supply teen baie baie laer prys as ons.groete uit new zealand.ja eks nou 7 jaar al hier in die melkboerdery.raak maar nog baie home siek.

ANDRE DE BRUYN 

EK IS REEDS AAN DIE GANG OP KLEINSKAAL, EN HET GEWONDER OF IEMAND DALK ALREEDS DIE HUISWERK GEDOEN HET MET VOER MAATSKAPPYE SE NAME EN TELEFOON NOMMERS IN EN OM DIE PRETORIA OMGEWING, OM PRYS/E TEVERGELYK VIR BRAAIKUIKEN VOER. NET GEDINK IEMAND SPAAR MY DALK BIETJIE NAVORSINGTYD, EINTLIK VRA EK NOU DIE ERVARE MANNE!!!! HELP ASSEBLIEF!!!

Andre hattingh 

Ek het n paar vrae. Ek wil weet hoe ver moet die rooi ligte van die kuikens af wees. As enige iemand kan help asb.

Bertha Kilian 

ek wil graag weet waar om die braaikuikens te bekom ek is woonagtig in Ermelo

Onbekende besoeker 

Ek wil net graag weet hoe vind mens die slagpale wat bereid is om kleinskaalse hoenders aan te koop. Praat van tussen 2500 tot 5000 asb as enige iemand my inligting kan gee oor waar mens die slagpale kan kry, ons kyk na Nylstroom/Modimolle gebied. Baie dankie,

Wilma
083 560 6494

christelpotgieter 

Hi almal ons het so rukkie terug op plaas ingetrek. Ons wil graag begin boer met braai kuikens en varke enige inligting vanaf die koop tot die verkoop van die diere, die grote verblyf area vir die diere, die medisyne en kos alles sal wardeur word as jul dit dalk na my private epos kan stuur baie dankie vir jul ondersteuning word opreg wardeur. My epos adres is soos volg: cpotgieter12@gmail.com hoop om gou iets te hoor. Geniet jul dag verder.

Corrie Grace  

Hi almal, ek woon in Polokwane en boer met Braai kuikens, ek het ondek dat jou beste voer Le Heus is, en dat suiker ok 'n groot geheim is, in die groot maak van braaikuikens. Leke boer en geniet jul dag verder.

Onbekende besoeker Johnna J van Niekerk 

Hi Corrie, ek is Johnna - sjoe dis 'n storie sal graag wil weet wat die geheim van suiker is - ek woon in Tsumeb - in die noorde van Namibia ver - van al die tipe voer - en dan is dit wat jy kry ook nog so duur dit is amper nie die moeite werd. Sal graag verskilende rasse aanhou Koekkoek, Swart Austerlops, Rhode Islandreds, Susex, en dan 'n boerdery daarmee doen. Kuikens uitbroei maar waar is die Hoenders beskikbaar? Groete Johnna J

Maritsa Goosen 

Hi almal
Ek woon in Petrusburg in die Vrystaat en wil ook graag met braaikuikens boer.So bly gewees om julle raak te loop want meeste mense is maar negatief oor my plan.Ek wil met so 100 kuikens begin, maar het ruimte om te gaan na 300.Enige raad sal welkom wees.Kom ons help mekaar om 'n sukses te maak!!! My e-pos adres is dermar@vodamail.co.za. Groete Maritsa Goosen

francois green 

ek like almal se stories. ek begin ook nou eers, dankie vir al die raad. ek hoor ook van suiker in die drinkwater. julle kan met 100 begin, kyk dan of dit werk vir julle. ek wil weet waar ek voer in kimberley omgewing kan kry.

Gina Erasmus 

Ek bly in Magaliesburg-omgewing. Ek wil ook baie graag begin met die braaikuikens. Ek sal dit regtig baie waardeer as iemand my kan help. Ek kom van die dorp af en weet nie eers hoe om te onderskei tussen 'n hen en 'n haan nie. Maar ek wil graag iets doen wat my en my drie seuns kan help. As daar enigiemand is wat my die ditte en datte kan verduidelik e-pos my asseblief. Ek sal elke stukkie raad kan gebruik. E-pos adres: leonandgina@vodamail.co.za

Onbekende besoeker 

ek het ook begin met braaikuikens 1000 jy moet seker maak dat jou hok skoon is houtsaagsels grof dit werk by mooi jy kan jou hoenders na 37 dae verkoop teen R45.00 per hoender onthou net dat hulle vir 21dae warm kamer moet wees en ja jy kan suiker in jou water gooi sterkte aan almal wat begin nog ietes jy betaal sowat 4.70perkuiken vir n 1000 werk dit uit R4700 jou voer de haans R186.00 PERSAK

Annamarie Smith 

Kan iemand asseblief vir my sê hoeveel spasie het ek nodig vir die braaikuikens. Hoeveel kuikens per vierkante meter?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.