Hi
Ek is 'n lid van Papkuil boerevereniging. Ons wil 'n brandvereniging stig.
Wat is die stappe wat ons moet neem om 'n brandvereniging te stig, en
Wat is die vereistes waaraan so 'n vereniging aan moet voldoen
Indien u inligting het wat kan help, laat asseblief van u hoor.
Dankie
Dries Scheepers
Dept van Bosbou moet betrokke wees en die hele proses fasiliteer, dus besoek eerstens u plaaslike Dept van Bosbou. NB, net een brandvereniging per streek kan gestig word.
Die volgende stappe moet gevolg word om brandvereniging te stig:
1. 'n Voorafgaande ( Preliminary ) vergadering moet gehou word deur boerevereniging waar bespreek word dat die vereniging van voorneme is om 'n brandvereniging te stig. Bepaal wie almal betrokke behoort te wees, bv boere, myne, munisipaliteit, Provinsie se rampbestuur ens. Onthou dat almal welkom moet wees en niemand uitgesluit mag word nie. Bepaal datum van Stigtingsvergadering, adverteer in plaaslike koerant en plaas plakkate op strategiese plekke. Notule van voorafgaande vergadering moet beskikbaar gestel word aan Dept van Bosbou.
2. Stigtingsvergadering: Dept van Bosbou sal leiding gee. Serkuleer presensielys, met volledige besonderhede wat lede moet invul Bepaal naam van Brandvereniging. Baken bedieningsgebied af. Daar moet gestem word om brandvereniging te stig al dan nie en aantal stemme ten gunste en teen stigting moet genotuleer word. Kies Voorsitter ens. asook "Fire Protection Officer".
3. Dept van Bosbou sal na vergadering vorm 1 beskikbaar stel om in te vul en notule van vergadering moet met vorm 1 by Dept ingehandig word.
4. Plaaslike Dept van Bosbou sal inligting aan Nasionale Dept van Bosbou stuur vir goedkeuring waarna die Konstitusie van brandvereniging opgestel moet word en vorm 2 ingevul word. Dept van Bosbou sal dan verder leiding gee totdat die Branvereniging deur die Minster goedgekeur is.
5. Riglye is beskikbaar, lees dit gerus: National Veld and Forest Fire Act 1998 ( Act No 101 of 1998 )

Hi Dries, Ons het 'n Brand Beheersentrum in Bethlehem (Vrystaat) gestig en dit werk puik. Jy kan Vaatjie kontak vir hulp, vereistes en inligting (058-3038011)
Hoop dit help
Groete
Darri