Bulpryse

Goedgedacht
User offline. Last seen 8 ure 48 min ago. Van lyn af
Aangesluit: 8 Jul 2009
Inskrywings:

Die hoë bulpryse by 'n onlangse bulveiling en 'n produksieveiling het my laat wonder wat aan die gang is in die beesmark.  Ek is op soek na net een bul het het na my asem gesnak toe my Pa my laat weet dat die gemiddelde prys op een veiling vir die ruk wat hy daar was omtrent R25 000 was.  Die topprys was iets soos R42 000 - en dit net vir die eerste uur van die veiling.

Word bulkoop dan amper soos karkoop in die stad?  Een of ander statussimbool?  Dalk soos selfone? Wat ek nie verstaaan nie was dat boere 'n paar bulle elk gekoop het.  Beteken dit dit gaan goed met die boere of gaan graanboere meer op beeste konsentreer en koop hulle nou teelmateriaal aan dat dit bars?  Behoorlik teen omtrent enige koste?

Wat ek wel vertsaan van die hoë prys van 'n bul is dat dit wel 'n goedkoper manier is om jou kudde te verbeter en ook dat 'n boer bulle moet hê.  Maar om so duur vir 'n bul te betaal is 'n tikkie tie erg vir my.

NS.  Het enigiemand dalk 'n Drakensbergerbul beskikbaar teen 'n redelike prys?

3
 
 
Darri
User offline. Last seen 4 weke 6 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 11 Aug 2010
Inskrywings:

Kontak my vir 'n Drakensberger bulletjie

Darri
User offline. Last seen 4 weke 6 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 11 Aug 2010
Inskrywings:

Ek neem aan jy het reg gekom met die bul waarna jy soek, want jy reageer nie op my terugvoer nie - groete Darri 0828112113

JvdW 

'n Goeie duimreel as jy 'n kommersiele bul aankoop, is dat sy prys gelykstaande aan die van 7 speenkalwers moet wees.
7 kalwers @ 230kg @ R15.80/kg = R 25'438.00
Sodra jy jou teelmateriaal wil verbeter kan jy verwag om premies te betaal.

Jaco Kriek 

JvdW: ek is sommer nuuskierig..... op grond van wat is daardie 7-speenkallers duimreel vasgestel?

JvdW 

Jaco, ek is nie seker nie. Ek was so paar jaar gelede op 'n boeredag toe boere ook oor "hoë" bulpryse gekla het.
Oom Martin Seyfferdt het toe vir hulle die antwoord gegee.

Onbekende besoeker 

Wat sal 'n B-graad os uitslag wat lekker vet is. Seker deesdae tussen R8000 en R10 000. Wat slag 'n ou bul uit. Miskien na R10 000. Die stoeteler moet vir hom gedurig beter genetika aanskaf en dit sluit bulle ook in. Hy moet sekerlik ledegeld betaal en advertensiegelde as hy sy bulle iewers adverteer. Hy moet die bul afrond vir 'n veiling. Die bulle moet vervoer word na veiling, stoet en aanteelveilings vra dikwels nog inskrywingsgeld om jou bulle daar te verkoop(R500), hul vra tien persent kommisie(R2500) vir bul van R25 000. Die bul moet vooraf vir vrugbaarheid en siektes getoets word wat maklik meer as R2000 beloop. Dan is daar mos nog voerkoste van sê nou maar R2000. Waar trek ons nou met die uitgawes? Dit moet mos darem vir die stoetteler die moeite werd wees om bulle te teel of hoe. Hoeveel sou jy sê kos dit om 'n veiling op jou plaas te hou. R25000 klink vir my darem nie te veel nie. Dit lê by jou as koper om seker te maak jy kry waarde vir jou geld. Maak seker die teler verkoop nie aan jou swak bul wat sy lewe lank op die voerkraal staan nie. Dan het jy nou jou R25000 gemors.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.