Goeie dag
Boer is in my bloed maar het nog nooit die geleentheid gehad om te kon begin boer nie. Ek is huidiglik in die IT bedryf maar streef maar nog al die tyd na boerdery. Ek wil op n klein skaal begin boer (Deeltyds vir eers) met skaap (SAVM) in die Pretoria omgewing.
Is daar dalk iemand wat moontlik kan help met n stukkie grond wat nie gebruik word nie (+- 3HA) sodat ek kan begin om my 40 jare lange droom te bewaarheid teen n minimale fooi.
Sodra ek dan die nodige kennis opgebou het, is die plan dan om n stuk grond te koop en volstoom te boer met skaap.
Ek waardeer.
Arthur
Hi Janbez (Jan)
baie dankie vir jou mail. Ek sal jou raad volg.
Arthur
Hi Arthur,
Dit maak twee van ons. Ek soek solank 'n plaas/se wat ek kan huur voordat ek koop. Sterkte.
Eon
Ek soek iemand wat met mielies boer ek wil wit mielies by hom of haar koop as dit moontlik is
Ek het 'n plot net buite pta 8.5ha, met wild wering en 1.2m mesh reg rond om. hier is baie water en die gras bly groen deur die jaar met 7 vleis beeste. hier is ook 'n 60 sog eenheid tenvolle toegerus. 0825745774
Hi Arthur ...
Sjoe 3 ha is vrek klein jong jy gaan nie met skape daar kan boer nie. Ek stel voor jy huur groter stuk grond om mee te begin
Arthur, ek sit in dieselfde bootjie as jy ou maat. Het jy intussen reggekom? Laat weet asb. Ek gaan die naweek kyk na 'n montlike plasie om te koop, met of sonder beleggers. Groete. jaco.steyn@standardbank.co.za
My lewenslange droom is om te boer, deeltyds vir 'n begin.Ek soek 'n boer wat oor weiding en toesig vir beeste beskik. Ek skiet geld voor en ons kom ooreen mbt die aanteel. Verkieslik binne 'n radius van 150km van Randburg, Gauteng.
Het jy al reggekom Arthur??
Hi Arthur. Ek het nog nie reggekom nie, Ian
Arthur,
lees gerus die volgende artikel met raad vir mensew wat wil begin boer.
http://www.landbou.com/kundiges/finansies/wil-begin-boer
Groete en sterkte!
Jan