In Maart vanjaar het ek 'n rekening van Eskom ontvang van R 183 000.00. Hulle verduideliking is dat hulle my 6 digitale meter vir die laaste 7 jaar verkeerd gelees het. Hulle het die laaste digitale syfer as 'n komma gelees m.a.w as 'n breukdeel van 'n eenheid. Volgens wet moet ek nou die laaste 3 jaar se verkeerde lesings bedrag van R 183 000.00 terugbetaal oor 'n tydperk van 3 jaar.
My maandelikse kragverbruik gaan nou met ongeveer R 10 000 - R 15 000 styg. In die hoogseisoen gaan my kragverbruik ongeveer R20 000 wees, plus R5035 terugbetaling is R 25 000.
My normale rekening was altyd ongeveer R5 tot R 6 000.Nou moet ek R15 000 per maand betaal. Wat 'n skok! Ek besproei ongeveer 32 ha lusern en 14 ha aangeplante weidings met 'n 18 kw motor wat water uit 'n rivier na die opgaardam pomp en dan met 'n 45 kw motor wat ongeveer 30 ha per slag natmaak.Ek boer in die Karoo en nie op 'n besproeiingskema nie. Pomp uit 'n rivier.
My standpunt is: Ek het nie die fout begaan nie - straf die oortreder, nie my nie. Eskom het 'n wanvoorstelling van besigheid aan my voorgehou - ek het onlangs nog 'n spilpunt opgesit - ek sou nie as ek geweet het my krag gaan so drasties styg nie. Ek het grond bygehuur - sou nie as krag so hoog was nie.
Ek het besluite geneem op grond van syfers voor my en nou slaan Eskom toe met hulle nalatige optrede.Is daar iemand wat dieselfde oorgekom het of weet van iemand. Is daar iemand met raad? Hoe kan ek Eskom aanvat vir hulle fout? Ek het reeds tydskakelaars laat aanbring en van marginale lande ophou besproei asook "powerfactors" laat aanbring wat baie help.
Hi Gerhard ! Ek het bykans `n soortgelyke ondervinding met Eskom gehad verlede jaar met my toerusting, wat geblaas het weens hul kragverlies en onbestendige verskaffing daarvan ( " POWER SURGE ). Hulle het toe ook geskuil agter klousule 19 van hul kontrak maar dit het hul nie gehelp nie. Ek het kwotasies voorgele en ge-eis wat toe afgekeur is. Na `n kort onderonsie het ek hulle gedreig met die hof. Hulle wou nog teestribbel maar het baie gou ingegee en my R 10 000 ,00 uitbetaal;
ONTHOU NET OM IN ALLE KORRESPONDENSIE TE MELD JOU SKRYWE IS : "Sonder Benadeling van Regte ". SKAKEL MY GERUS by 071 304 2576 of skryf aan my by : " slabbie2@yahoo.com " Ek is nie `n praktiserende prokureur nie maar het verskeie hofsake reeds gewen teen stadsrade, banke ens, waar niemand my `n kans gegee het nie. Sonder enige regshulp !Sterkte en groete;
Slabbie
Mooi so Johan. Ek haal my hoed af vir jou.
Gerhard,
Is dit net jou meter wat so verkeerd oor die tydperk gelees is? Hoe is jou bure se lesings geneem, deur dieselfde persoon? Wie is die "hulle" wat die lesings geneem het?
Jan Bez,
My Pa se meter was ook "verkeerd gelees" Hy het lont geruik en het begin om die meter se lesing elke keer as dit deur die meter leser geneem moes word af te skryf. Hy het gou gevind dat die lesings wat hulle weergee nie dieselfde is as syne nie. Nadat hy ook eers moes dryg het hulle dit nagegaan en moes hulle hom R7000-00 terug betaal.Die meter leser het nie sy werk gedoen nie en dan het hulle sommer die gemiddelde elektrisiteits gebruik gevat en so 'n lesing te verkry. Dit was kwansuis in hulle reels en toelaatbaar.My vraag is hoeveel keer moet jy nie jou werk doen nie sodat daar so 'n groot verskil kan wees tussen jou gemiddelde lesing en die ware lesing.En dan word jy seker ook betaal vir die werk wat jy nie doen nie.
Don
Jan Bez,
Die hulle is kontrakteur meterlesers. My huidige meter is in 2007 vervang as 'n nuwe ssort meter. Bure s'n ou meters. daar is 14 boere in die Aliwal Noord Eskom rekening gebied wie se lesings verkeerdelik gelees is. Eskom wil nie hulle name aan my verskaf sodat ons 'n klasaksie teen hulle kan neem nie.
Ons het dieselfde verkeerde lesing debakel gehad, so 10 jaar gelede. Die rekening het R48 000-00 beloop en ons moes maar net hoes en betaal. Voorspoed en hou aan veg.
Hi Gerhard ! Ek sien nou eers jy noem dis slegs die laaste 3 jaar se verbruik ! Jy hoef nie die bedrag in 3 jaar af te betaal nie, dis onwaar, die wet se nerens so nie! Jy moet slegs `n Skriftelike Dispuut verklaar en hul hande is gebind. Ek het twee weke gelede SELF `n interdik teen Pretoria se Stadsraad gekry omdat hul my kragtoevoer opgeskort het weens my agterstallige belasting VAN ETLIKE DUISENDE RANDE; Eskom en ander stadsrade en owerhede doen baie dinge onwettig omdat niemand hul aanvat nie. Jy kan jou saak self dryf sonder om duisende rande vir `n prokureur te betaal, soos ek gedoen het en nog steeds doen. Jy moet net die reels ken en ek kan jou daarmee help; Wanneer jy dan die laaste 3 jaar se rekening ondersoek moet jy onthou om met `n nul balans te begin, daar hulle bestaande rekening reeds verkeerde bedrae bevat, waarvoor jy nie hoef te betaal nie; Aangesien hul meterlesers/kontrakteurs die fout gemaak het kon hul ander foute ook gemaak het. Wanneer hul met jou skik sal hul agteroor moet buig, tensy jy hulle loslaat om hul skelmstreke voort te sit. Al sit jy in Oudshoorn die landswette is oral dieselfde en moet gevolg word. Hul bluf die onwetende publiek om te glo wat hul se is wet, terwyl dit nie so is nie !Eskom is `n kredietverskaffer en word streng beheer onder die "Nasionale Kredietwet se voorskrifte, asook die Elektrisiteits Voorsienings Wet. INDIEN HUL SOOS IN JOU GEVAL AGTELOSIG WAS KAN DIT BAIE MAKLIK BESKRYF WORD AS "ROEKELOSE KREDIET " Dan moet hulle dit afskryf of alternatiewelik sulke billike terme as moontlik aan die verbruiker toestaan , volgens die Wet..... DAAROM DAT EK JOU INLIG ....die Hof sal beslis wat `n billike paaiement en termyn is en of jy rente moet betaal al dan nie ....NIE ESKOM NIE !!!!KONTAK MY GERUS BY SEL:- 071 304 2576 of per e-pos slabbie 2 @ yahoo.com ; Staan op jou regte niemand anders gaan dit namens jou doen nie en vat hulle aan ! Ek kan help waar nodig want jy het nie nodig om duisende Rande vir `n prokureur te betaal nie. Jy kan dit self doen net soos ek ! Die bietjie ekstra moeite word mildelik vergoed deur die afslag of ontslag wat jy gaan kry op die einde ! Glo My ! Groete en sterkte ! Slabbie
Ek het vroeg-vroeg al geleer om my meters elke maand self te lees en die lesings op die Eskom Customer Services webblad in te lees. Ek het nou vir 'n paar jaar al gemoedsrus nadat ek ook 'n hewige bakleiery met Eskom gehad het oor verkeerde meterlesings.
As die meterleser nie n meter kan lees nie kan hulle mos nie die boer verantwoordelik hou nie. As jy Diesel ingooi by n pomp vir 10 jaar en een dag skielik weer ingooi en dan se die garage eienaar dat jy hom x bedrag skuld oor sy meter deur die joggie nie reg gelees was nie in die verlede. wie se skuld is dit. Eskom vat vet kanse en weet nie hoe om hulle werk reg te doen nie. Hulle is tans besig om almal blind te steel. Die regering wat hulle moet raakvat is in die deselfde boot. Jammer Maar dis nie aanvaarbaar nie. Boere julle moet saamstaan. Groete van n voornemende boer.
Jy moet maar n goeie Prokureur kry my vriend, hierdie mense by eskom gaan jou probeer melk om hulle bonusse groter te maak. Vat hulle hof toe maar sit daardie geld eenkant elke maand indien dit nie sal slaag nie. Jou Prokureur sal jou kan se wat is jou kans.