|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 07:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Vakansietyd kry ‘n mens verwagte en onverwagte besoekers wat vriende of familie kom opsoek. Ook op die plaas.
18 November 2010
Ek dink dat die Tannie nou genoeg het van "kuiermense" en hulle "orige" kinders van wie die "ouers" van daardie kinders ook die soort ouer is en toesien dat "Godswater oor Gods akker loop". En ja,dit sal daardie tiepe ouer wees, wat so n onnodige vuur maak, dat hy lank kan sit en "suip" tot daar eendag naby die vuur gekom kan word om "kole" te kry vir die braai! En later is die kinders honger, maar hulle eie Ma sien dit nie raak nie, en bied ook nie aan om te help nie, en dan moet "Tannie" maar weer goeie "gasvrou" speel. Om n lang storie kort te maak ek hou ook nie van sulke "Slim, wyse, aanhoudende pratende niks seggende gaste en hulle verdomde onopgevoede stout kinders, wat hulle op my plaas kom neerplak, asof hulle die "lotto" gewen het!
MMMM ek dink ons kan die Plaas kuier etiket ding nog bietjie meer toelig:
Dit sal baie goed wees as jy jou eie drink goed saam bring. Water en koffie is volop, die res borg ek nie vir jou nie.
As jy sou beplan om vir 'n sekere tyd oor te bly kan jy gerus help met van die takies in die kombuis. Jy is nie met vakansie nie, jy het kom kuier.
Aanvaar as die plaasmense vroeg gaan slaap. Hulle kan en wil nie altyd tot middernag sit en ginnegaap nie.
As jy sou wou rondry op die plaas gebruik jou eie voertuig daarvoor, die plaasbakkie is 'n werksinstrument en nie plesier voertuig nie.
Maak maar jou eie plek aan die kant, anders gaan jy vannaand weer in jou eie deurmekaar bed slaap.
Jy is altyd welkom, maar onthou die plaasmense wil ook rus oor naweke.
Die van ons wat by die see woon en werk, kan in baie opsigte identifiseer met die boervrou se frustrasie. Dis lekker om vriende en familie te ontvang, wat graag by ONS wil kuier (nie 'n gratis plaasvakansie of strandvakansie neem nie)en wat ons werksdruk, finansiële posisie, en selfs privaatheid sal respekteer en ook hulle kant sal bring waar dit nodig blyk - Vakansie-handjies kan ook skottelgoed was,hulle eie kinders oppas, bed opmaak en vleisbraai as dit nodig is. Kuier SO dat ons uitsien na jou volgende kuier. Nog 'n boervrou (naby die see)
Kom ons voeg by: As 'n hek toe is, is hy toe vir 'n rede. Maak hom agter jou toe. Dieselfde geld vir 'n oop hek! En asb: Wanneer ons en die werksmense saam op die bakkie iewers heen ry, dan drink ons almal water. Niks ge-bierdrinkery of coke drinkery voor die werkers nie, tensy jy blikkie vir blikkie bereid is om te deel.... en dan sukkel ons met bedorwe personeel! So -- almal drink water.
janee met sulke onvriendelike ongeskikte mense op plase, is ek bly ek ken nie meer familie of vriende op plase nie .. as julle so ongasvry wil wees, moet liewer nie gaste verwag nie, EK weet EK sal beslis nerens gaan kuier waar mense so onopgevoed optree nie .. bly dus maar alleen in julle ou huisie, melk julle koeitjies en laat val elke keer die skewe hek op jou toon ... ONTHOU net, as julle dokters toe kom in die STEDE, moenie julle plaasmanier hier kom uithaal nie!!
Julle plaas mense is ongeskik! Een van die dae gaan g'n familie lid wil kom kuier nie. Sal nogal giggel as julle vir 'n week in die stad moet kom kuier - ons het al vergeet van ditjies en datjies waarvan julle nog moet leer! So hou op om ons stadsjapies te verkleineer - ons kies om in die stad te bly en voor op die wa te wees.
Stedeling ek dink jy bedoel jou familie wil jou nie daar he nie en ek glo nie jy het vriende nie. Ons het baie vriende en gaste en net part stedeling is so dikvellig dat jy hulle maar moet reg help en mooi leer dat ons is nie hier net as julle skaap, bees of mielies wil he nie. Ons is nie julle persoonlike spens en bediendes nie.
Ons is nie net 'n dump plek vir jou kinders sodat jy kan gatskuur oor vakansies met jou "nuwe friend" nie.
volgende keer bly eerder by die huis ons het net te goeie maniere om vir jou te se vat jou goed en gaan huis toe want jy het jou verblyf heeltemal weer oorskry.
So los boer uit en praat eerder stories op huisgenoot se web site.
Ek is 'n Plasie wat is die stad moet woon. As ek en my man in die middag na werk buite op die stoep sit en afblaas, dan verbeel ek die Polisie sirene is die vroed-aand jakkelse wat skree. My buurman se alarm wat al weer aan die skree is net as die wind waai is die tarentale wat hoog in die bome reg maak vir die aand en die Vuvuzelas van Centurion Stadion is die koeie wat bulk-bulk huis toe kom. Ek smag na die reuk van vars plaasmis en onthou nog goed hoe ons as kinders in die warmmis gaan staan het om ons gevrieste tone te laat ontdooi. En is nie tagtig nie hoor! Op die plase ken jy jou buurman en sal hom in die straat groet - of julle nou kwaaivriende is of nie. Nie hier nie - gepraat van slegte maniere! Ek ruil die stad enige tyd vir die plaas - al moet ek my eie Brandewyn en Coke bring!
Sjoe dis nou 'n antie wat nie k-- vat nie. Ek sal vir haar vra of ek maar my tentjie kan gaan opslaan doer onder 'n Port Jackson. Ek sal my 20 l water en my gasstofie saamvat en vra sy moet my net met rus laat want ek't genoeg bollie opgevreet daar in die stad waar ons so opmekaar bly. Ek sal vir haar beduie hoe lekker dit voel om nie deur lugbesoedeling gepla te word nie, en by die kerslig (van my eie kers) lekker laat lees tot die rooidag breek. Ek sal uit haar pad bly en slaap tot middagete. Dan sal ek gaan aanmeld vir 'n middagwerkie, reg so Antie. Maar as jy stad toe kom sal ek vir jou 'n geurige bed en bad voorberei, ek sal vir jou al die pad Menlyn toe vat dat jy daar vir jou 'n mooi rok kan koop vir antie Elsie se begrafnis, en ek sal vir jou boekwinkels gaan wys waar jy vir dae kan wegraak. Ek sal mooi na jou omsien antie, want boeregasvryheid is nie net tot jou platteland beperk nie.
Ons begin met gasteplaas waar al d bg aktiwiteite gaan wees. Maar ja, dit gaan aan n prys gekoppel wees. Niks is verniet ni. Perde eet duur kos. Kanos, ens kos geld, etes is lankal ni meer verniet ni. Veral ni d uitheemse + fynproewerdisse wat almal op Top billing sien + wil eet ni. En d houthuisies het ni self gegroei ni. D wild word ten duurste aangekoop. En dan wil almal veilig ook wees. Dus moet Eskom betaal word vr n sekuriteitstelsel. En moeni vergeet vd honde wat ons oplei om besoekers, ens snags op te pas ni. Ons deel graag ons mooi plase met d wat dit wil beleef. Ongelukkig is ons ni welaf genoeg om dit gratis te doen ni. Plaasbesoeke is nou maar soos stadtoe gaan vr ons. Ek as plaasjapie kry ni gratis parkering, water, etes of iets verniet in d stad ni. Maar ons hoef rerig ni vr mekaar tande te wys ni. Beskou dinge in d regte perspektief. Om altyd goeie betrekkinge te behou, gaan ek ni op d fam by d see afpak ni. Te trots + te skaam dat hul gaan kwaadword.
Dit wil vir my voorkom dat elke bogenoemde kommentaar praat uit eie ondervinding ; dws vriende en familie wat dan reeds so afgepak, lui gewees, laat gaan slaap en laat opstaan ens ens. Nou wil ek maar net se dat julle jul eie vriende gekies het en derhalwe moet jul maar die saak so met hulle bespreek. Familie word nie gekies maar in beide gevalle moet 'n mens dit tog met die mense bespreek en nie op so 'n onbeskofte manier op hierdie forum bespreek nie.
Dear farm visitor, I'm glad you're here. We farmers need to show people that many of us go the extra mile for farm workers and their families. You will see that most of us care for the earth and our animals' welfare often comes before our own and our family's welfare. And its nice to have new people to talk to.
BUT please don't forget that a farm is a dangerous place. Farm implements are not kiddie playthings. We know how to read the body language of animals, and even know the more stroppy ones individually. You think that you are an animal fundi, but a few hours of National Geographic TV a week isn't going to cut it. We farmers all know of experienced farmers who were hurt or even killed by farm accidents. Even the most docile cow can kill you if you do the wrong thing long enough.
I know that you think that farming requires minimal intellectual input. Well I listened to Prof Karaan of Stellenbosch University the other day and he said that farming requires so much tacit knowledge that they can't teach all of it in 4 years at university. I need time to think when I'm farming. I love talking to you, but I have to have time to concentrate on things you aren't vaguely aware of. Remember you are on leave but I am not. I'm also just not used to talking constantly.
My fridge has bottles of vaccine in it, and I wash my dosing gun in the kitchen sink. I know you find it strange eating cheese that has been stored next to anthrax vaccine. All I can say I've been doing it all my life, and it hasn't killed me yet. You could buy me another fridge that I'll used when you come to visit if you like. I'm also sorry that you are concerned that the domestic water isn't chlorinated. I agree that the crabs in the mountain spring probably do poo in it, but it hasn't killed us yet, and you could bring your own bottled water if you feel strongly.
I live a privileged life and I love sharing it with you.
Ek stem 100% saam,s tadsmense is baie vinnig om ons as Boere laag te vat vir n ''Kaalvoet thysie''
Ons self is moeg vir mense,vriende en familie wat meeste van die tyd bakhand staan vir iets.
Nog n punt, moenie in plant tyd vir my of my mense verwag om jou trekker bestuur lesse te gee nie. N planter moet loop as die tyd reg is, daar is nie tyd vir ''K53'' klasse nie.
Etiket vir stad kuier
Moenie neul om "mall" toe te wil gaan nie Ons gaan gereeld Kry 'n taxi ! Moenie heeldag sit en Dstv kyk nie Julle het kom kuier ! Moenie elke dag vleiseet nie ! Dis duur in die stad Jou kinders is nie op die plaas nie ! Hou hulle stil Ons het bure Los jou kakie-klere by die huis In die stad respekteer ons alle rasse en simbole uit die ou Suid Afrika is uit ! Parkeer jou bakkie buite Oliekolle kom nie maklik uit my duur oprit uit nie En bly sommer op die plaas Ons stads mense kuier by mekaar en glimlag sels so nou en dan Suurg@t tannie jy is nie welkom nie Net nice boere wat nie hulle persoonlike probleme op almal uithaal nie
Ek waardeer alles wat die boere doen. Hulle plaas hulle lewens op die spel om vir ons stadsjapies kos op die tafel te sit. Hul kinders gaan na kosskole. Hulle werk hard en lank en moet groot onkostes aangaan en versekerings uitneem teen peste en plae. Boerdery moet vandag wetenskaplik beoefen word en 'n boer moet uiters gedisipplineerd te werk gaan. Menseverhoudings met plaaswerkers moet met fluweelhandskoene begartig word. Maar wees verseker alle boere, ek kuier nooit op 'n plaas nie......nie eers 'n gasteplaas nie. Daarvoor is hierdie tannie veels te bang vir al die onheile van die nag. Sê maar ek vertrou nie die mau-mau nie. Sterkte aan al die boere met integriteit. Ek bid elke dag vir julle.
Aan almal wat mekaar so vieslik aanvat, dis onnodig en nie die Afrikaner manier nie. Stadsmense, moenie verkeerd interpreteer wat die plaas mense probeer se nie- hul beskuldig nie al wat n stadsmens is nie, hul maak bloot n voorbeeld van sulke tipe gaste en se dat dit n verligting sal wees as alle gaste n plesier kon wees. Hou in gedagte dat plaasmense weet dit vir hul gaste lekker is om die voorreg te he om plaas toe te kan gaan, en dat dit kosbaar is vir hul kinders- so moenie dink ons wil nie gaste he nie. Wat stadsmense gou vergeet, is dat n plaashuis deel is van die besigheid. Daar word vanaand aan tafel bespreek hoe more moet afloop, ensovoorts. N boerdery het nie werksure nie, en tyd en moeite = geld. Ons wil gaste vermaak en versorg, maar het nie altyd die tyd om dit ten volle te doen nie- dus die feit dat as jy laat slaap gaan ek nie vir jou ontbyt kan maak nie, al sou ek wil. Want hoe langer ek in die huis is in die oggend, hoe laater gaan ek by die hanslammers, die siek kalf, die melkstal of die lek bakke vir die veld bees uit kom. Gaste wat dit verstaan, is altyd n plesier. Plaasmense hou van gaste, dis lekker om te weet iemand wil vir jou kom kuier en is bereid om die moeite te doen, maar gaste wat veeleisend is maak mens moedeloos as jy terselfdetyd werk. Tye is moeilik en dus is mens geneig om kort van draad te wees ook. Ons weet jul voel bevooreg om te kan plaas toe kom, en jul is welkom. Ons kla nie oor almal nie, bloot die wat n negatiewe impak gemaak het.
Maar wragtig, is dit nodig om dadelik die ergste aan te neem en aan te val? Nee. Jul kon net se om nie te veralgemeen nie en dat nie alle stadsmense so is nie. Dit is genoeg vir enige plaasmens om te verstaan, want dit is waar. Om so terug te hap laat my dink dat jul nie verstaan nie; nou vra ek, as jy nie verstaan nie, en dadelik op jou perdjie spring, is jy nie dan ook tog skuldig nie? En as jy nie n boerehart kan begryp nie, wat doen jy op Landbou.com?
Dis lekker as julle kom kuier. Bring julle kinders saam sodat hulle in die plaasdamme kan swem en visvang en kleiosse maak. Ons braai elke aand lekker en dankie dat julle iets spesiaals vir die braai saambring. Ons het gewoonlik net skaaptjops en T-bene om te braai, die ontbeende gemarineerde hoender en spareribs is vir ons 'n lekker afwisseling. Dis regtig lekker om julle weer te sien maar asb:
1 Ons drink nie in werkstyd nie.
2 Ons moet vroeg gaan slaap want ons staan vroeg op en moet heel dikwels deur die nag ook opstaan om te kyk hoekom bler die skape of bulk die koeie.
3 Ons werkers word met respek behandel en hulle kan almal normale afrikaans praat en verstaan, jy hoef nie jou taal aan te pas as jy met hulle praat nie.
4 Los ons hekke uit, as hy oop is, is hy oop en as hy toe is, maak hom weer toe.
5 Ons op die plaas geniet die stilte en naggeluide. Vergeet bietjie van harde musiek en TV's wat dag en nag aan is.
6 Ons hou van die donker, moet asb nie al die ligte aansit nie.
Dankie vir ons stadsvriende wat gereeld kom kuier, ons is baie lief vir julle en sien daarna uit as julle kom kuier want ware vriende ken en verstaan mekaar.
Julle ryk plaasmense wat snobs is gee my 'n groot pyn. Julle is veronderstel om vriende en famielie met ope arms te ontvang.S ekere van ons is nie so bevoorreg om 'n plaas of baie plase te kon erf van jou pa of oupa of oupa grootjie nie. Ons admireer julle vir wat julle doen om vars plaas produkte en vleis etc etc op die mark te kry. Moet nie almal van ons wat dalk mense ken wat plase het en dan dalk gaan kuier waar ons altyd vooraf reel om te gaan kuier onder dieselfde kam skeer nie.
Van julle plaas eienaars en julle vrouens is so honger vir geselskap van mense van die stad dit is nie waar nie, en as jou bakkie nie diesel het om ons rond te ry om jou wild te besigtig nie, dan sal ek vir jou diesel koop, en jy wat as plaas eienaar (Ryk) nie kamtig geld het om my as gas op jou plaas rond te ry nie, gaan na die kooperasie toe ne en koop VOCO en verdun dan jou diesel dan kom jy baie verder. Nou wil ek ook net noem ek sal ook nie na jou plaas toe kom en jou drank kom uitsuip nie ek het etiket en ek koop my eie drinkgoed en uit gewoonte uit sal ek genoeg sjampanje saambring om jou daarin te bad . Ditis net om dankie te se dat ek die geleentheid het om op jou plaas te kon rondbeweeg.
Ek sal ook geld daarop sit die Suurg&!!t tannie wat die gesprek begin het, het ook nie 'n man nie en soos ek genoem sy is honder vir geselskap en ek dink sy kan nie boer nie
So ek vra mooi moet asb nie die stadsjapies so vlak vat nie, ons het maniere
Etiket... is om nie griewe op te krop en dan tot uitbarsting te kom in die media nie. Bespreek al die haakplekke met jou familie en vriende wanneer dit opduik sodat nie weer gebeur met 'n volgende "kuier" nie. As ek na al hierdie onsmaaklike opmerkings kyk kan ek nie dink dat 'n mens sulke vriende (wat jy self kies) kan he nie.
Wat ek uit al die kommentaar kan sien is dat wie ook al war gaan kuier daar sekere reels is wat verwag word om na gekom te word. Almal is nie met vakansie nie en sekere take of dissiplines moet plaas vind om die pot aan die kook te hou. My raad is respek en raak deel van die huis houding en dra by - finansiele bydrae is altyd welkom. Om te plak by iemand op die plaas of in die stad is uit! Groetnis!
Dit is lekker om so te kuier as die tannie so mooi verduidelik
Deon ek stem saam met jou, baie mense kan nie lees nie, sy het net gevra vir etiket, sy kon haar buur man aangevat het vir die doel... Maak nie saak wie kuier waar nie, jy kom nie met lee hande aan nie punt 1, en jy bring jou deel in die huis punt 2, dis nie n hotel nie. Verder van jy by die gebeure vir die dag beplan in. Dis hoogtyd dat die Afrikaner weer leer wat etiket is. Soos die dorpsjapies so vinnig op hulle perdjies geklim het, weet hulle sekerlik nie meer wat die woord beteken nie. En dis nie Antie vir jou nie dis Tannie met respek..
Jislaaik, maar julle plaasmense is vol snert. Kies julle vriende beter of seg reguit vir die mense hulle is nie eintlik welkom nie. Klink asof julle meer "hang ups" as die stadsmense het. Ek weet jy kan nie familie kies nie, maar die lewe is te kort om so gebodder te wees met mense wat kom kuier. Hoe werk dit by julle? Ek gaan kuier net as ek uitgenooi word. Moenie mense uitnooi as jy nie die mense daar wil hê nie. Kry rugraat en sê: "Dit is nie 'n goeie tyd vir ons nie." Of dink 'n ander verskoning uit. Julle laat dit klink asof alle stadsmense in 'n ry staan om op die plaas te gaan kuier.
Ek glo die boervrou hierbo se probleem is te verstane as sy in reaksie is oor parasiete. Ek het `n strandhuis en ken dieselfde soort probleem. As `n ou eers begin vra of ek nie weet van iemand daar in ons omgewing wat dalk `n plekkie vir die vakansie het nie, dan weet ek die parasiet is hier. "Ons soek net `n gaatjie vir ek en Willie...." Dis so lekker om dan vir hulle te verduidelik dat ek `n paar gastehuise se gegewens vir hulle sal e-pos.
Ek kan SO identifiseer met die plaasmense se probleme met gaste! Dit is net te wonderlik om te sien hoeveel familielede wat gewoonlik nooit van hulle laat hoor nie, mens skielik teen vakansietyd ken. "Ons kom Kaap toe en dan kom bly ons 'n paar dae by julle en dan kan ons LEKKER kuier!" O ja? Julle vlieg in met die vliegtuig, ry rond met my motor en betaal nie vir julle verkeersoortredings nie. Dankie, ek waardeer die brood en 2 liter melk wat julle elke dag koop, maar dit is nie al wat julle eet nie. En julle is vier, van wie drie groot manne is. Julle gebruik al die warm water op, maak nie julle beddens op nie en "hog" die televisie en my rekenaar. My gesin is nie mal oor sport nie, en dalk wil ek iets anders kyk as krieket dag in en dag uit. "Lekker kuier" beteken nie dat julle met my kar kan rondrits, en my kinders dan droëbek in die vakansie tuis moet sit nie. Dan IS ek maar die suster van die duiwel as ek al julle skimpe vir nog 'n "lekker kuier" ignoreer.
Ek dink die belangrike ding hier is dat niemand daarvan hou om misbruik te word nie - seemens, plaasmens, stadsmens, buitelandermens - maak nie saak nie. Ek dink dit is 'n aanklag teen ons almal wat by ander mense gaan kuier. Wees bedagsaam, altyd, en moenie vra OF jy kan help nie - doen dit net. Sê jy sal sorg vir aandete. Dek die tafel af. Koop iets kleins vir die kinders. Praat en speel met hulle. Wees sensitief vir die huismense se behoeftes, ook hulle behoefte vir privaatheid. Spoel die koffiebekers uit en koop koffie, as jy baie drink. Behandel huishulpe met respek en gee vir hulle ietsie as jy weggaan. En vertrek in hemelsnaam tog terwyl almal nog lekker kuier - dan sal jy altyd weer welkom wees!
Die beginsel is: doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.
Aitsa, hoe se die tannie hulle nou!!!
Dit is ongelukkig so dat besoekers onder die wan-indruk kan wees dat die plaaslewe 'n voltydse vakansie is!... Plaaslewe is 'n 24/7-WERK, en ek dink DIS waar die stadsbesoekers gewoonlik die pot mis sit... En die groente en vleis tot jou beskikking is NIE 'verniet' nie... dit het GELD gekos om dit tot op die tafel te kry (so ook die "verniet" beesmis/hoendermis)! Dieselfde geld vir 'n wildsplaas....almal wil net (verniet!!!) kom skiet!....
Gelukkig het ek nog altyd ons stadsfamilie aan die werk gesteek met die gewone take. Meeste van hulle verstaan dit en is baie gretig om dit te doen en meer te leet van dieregedrag ensovoorts. 'n Niggie van my het by my geleer perdry op die plaas. Sy het nou haar eie perd in die stad ry gereeld uithouritte. Ek dink dit hang baie af van die gasheer ook - hy is nie op vakansie nie en moet hulp vra.
Dit is regtig teleurstellend hoe bitsig die stedelinge raak as hierdie onderwerp aangeraak word. As stedeling myself en deeltydse boer besef ek terdee waar kom die melk vandaan wat ek sommer goedsmoeds by die winkel koop, ja stadsjapie, uit die masjien uit, maar voor die masjien kry daardie einste onbeskofte boer amper f@#! vir dit nie.
As die stadsmense maar net empatie gehad het met die boere en hul omstandighede en nie 'n boer as 'n baie ryk vakansieoord beskou het nie, dan sou hulle defnitief lekkerder gekuier het op die plaas, want net so belangrik dit is om die speen van die koei te voel, so belanrik is dit om jou bed op te maak en net so belanrik is dit om die hekke oop en toe te maak as jy links voor in die bakkie sit met niemand agterop nie. As jy nie die basiese dinge wil raaksien en doen nie, los dan maar, die boere kuier baie lekker onder mekaar en hoef dan nie goed vir jou aan te ry of vir jou 'n slagding te gee net omdat jy jouself verwerdig het om na sy plaas toe te kom en die **** uit hom te frustreer met die veranderinge wat jy sou aanbring as dit jou plaas was nie. KOOP JOU EIE
Dit is enige mens se voorreg om twak te skryf en enige ander mens se voorreg om daarop te reageer ;-)'n Tong-in-die-kies-antwoord op 'n tong-in-die-kies-brief. Die situasie wat beskryf word is waar van enige land of plek op aarde. Wat jy uitdeel sal jy gewoon terugkry. As jy jou ongeduld en afkeer so duidelik laat deurskemer SAL jy teruggebyt word. Betoon respek, en jy sal met respek beloon word. Basiese beginsels van die lewe.
Dear farmer
We farm visitors also care for the earth. After all, we test and produce the vaccines that you store in your fridge. For that we work from dawn to dusk, spending hours in traffic and are often too tired to eat properly. If we choose to bring our own water (if we're fortunate enough to be invited to your farm), we do so out of concern that you may not have enough, because not all farms have mountain springs. It is often not what you say, but how you say it that causes friction. If you treat people like idiots, they will react like idiots. We also treat our workers like family and we take them to clinics and supply food and funds for their children's schooling. In one way or another all people are connected to the good earth, whether they live in cities or on farms. Tread lightly on the earth, or on people for that matter, and you will enjoy the peace and serenity that all people long for, also within yourself.
Best regards
City dweller
Die tannie is reg.
Almal welkom bevestig net eers of ons nie ander reelings het nie. Ons het ook 'n lewe.
Julle is op vakansie ons is by die werk.pas aan by die omstandighede dis nie 'n vakansieplaas nie!
Vuurmaak houd word oordeelkundig gebruik nie in bakkievragte nie en daar word ook nie bakkievragte weggry nie.
Die wild op die plaas kos wel iets. Moenie skimp om 'n koedoe te skiet nie. As daar te veel is sal ons dit oes of jou vra om ons te help.
Pas net aan by ons roetine dit sal al klaar help.
Daar is egter die anderkant van die prentjie OOK:
Die boere en hulle HELE gesin (en hulle KAN aanteel) kom by jou afpak in die stad.
As hulle nog 'n vleisie en groentes saambring, vreet hulle dit sommer self op hier teen die 3e dag. Dan sit hulle grootoog vir jou en kyk - ja hulle "betaal" vir hul vleis op die plaas, maar gaan kyk maar wat daai selfde vleisie HIER kos!
Stadsmense is nie gewoond daaraan om vleis 3 maal per dag te eet nie.
Ja die boere staan vroeg op (maar net uit gewoonte) en sit dan rond terwyl jy en jou gesin klaar moet maak vir skool/werk - hulle werk nie so op tyd soos stadsmense nie. Wie gaan die boer uittrap as hy laat is vir werk? Hoe lyk sy verkeersprobleme op die plaas? 'n Miskoek in die pad?
Dan sit hulle die heel dag rond en vanaand as jy by die huis kom, na 'n k.k dag op kantoor, verwag hulle jy moet hulle nou "entertain".
Baie boere is idee van 'n vakansie is om vir die familie te gaan "kuier".
en die selfde geld vir die wat by ons kusbewoners kom afpak om te "rus".
Julle wil net afpak en verwag ons moet reg staan vir julle "geite"!
Hehehe - nog niks weer gehoor van die klomp sedert ons hulle laas gevra het om met skottelgoed en wasgoed te help nie. Onthou nog hoe dik julle bekke was toe ons se julle moet een aand aand ete maak.
Dit was te veel in ruil vir 3 weke se gratis verblyf?
Dit is werklik hartseer om te ervaar dat 'n basiese beginsel soos wedersydse respek vir jou medemens, sy eiendom en sy tyd (wat praat nog van gasvryheid..) so opvallend aan die verdwyn is! van jongs af was "goeie maniere" deel van ons opvoeding .. maak nie saak waar jy groot word nie!
Ek verstom my vir die mense se agressiewe reaksie op die oorspronklike skrywe. Jene mense, sy verwoord uit frustrasie probleme en hoekom leer die agro's nie eerder iets daaruit vir hulsef, ongeag of hulle plaaskuiers doen of nie. Die lewe gaan oor respek vir mekaar, keuses maak en jou kinderskoene ontgroei. Ons bly by die see en het ondervinding van gaste wat letterlik handjies gevou staan/of vra as hul slaai maak, hoe wil ek die tamatie gesny he?! En wanneer hulle lus het vir gesels, na 2 weke van my lewe aanpas by hul behoeftes, raak mens dik vir dit ook. Dan skryf mens 'n brief soos die 1ste plaasvrou.
Ag weet jy- alles het reels in die lewe- maak nie saak waar jy gaan nie- ken die reels en almal is gelukkig- dit kom eintlik maar net neer op komunikasie en jy moet igelig wees- Dit kom nou weer neer die een kyk neer op die ander een- As iemand by jou kom kuier praat die goed uit en weet wat die ander se behoefte is- Dan is daar ook maniere om die goed te sê- Wees ordentlik en diplomaties- maak nie saak waar jy bly of kuier nie- lekker dag en moet nie so op mekaar neersien nie.
Jip dit is nie 'n maklike een nie. Ek hou daarvan as familie en vriende van die stad kom kuier, maar moet se dat ek ook al 'n paar vreemde omdervindinge gehad. Net die ander dag bel iemand uit Pretoria my en se, nie vra nie- "kan ek drie skape kom haal". n' Ander een het weer gevra dat hy 'n bees wil koop maar net die steaks wil he. Ek moet die res terug koop. Maar dit is die minderheid. Wat my wel pla is dat die stads mense dink ons is nie opgevoed nie. Die stad is nie vir ons 'n vreemde verskynsel nie. Ons kinders studeer daar, ons spandeer geld daar en verkeer skrik ons nie af nie.
Wat ek wel agter gekom het is dat stadskinders wel wereld wys is, met baie gekompliseerde probleme. (nie almal nie) Dit is die kinders wat nie op n gereelde basis bloot gestel word aan die natuur. Die wie se ouers moeite maak om hul veld toe te neem en 'n liefde vir die natuur aan kweek is heel anders. Hul ken en waardeer die natuur en ken ook die shopping malls. Hul weet meer as die wat net die malls ken . Maar die belangrikste is ons is ook opgevoed, gegradueer, ken die stad en natuur en weet waar ons roots le-na aan die natuur.
Daai stadsjapies wat boere so kritiseer is dikvellig en self ongeskik. Onthou 'n plaas is 'n werk net soos 'n werk in die stad. Sal jy jou gaste elke dag saam neem kantoor toe?
'n Plaas is 'n besigheid met sekere werksure net soos in die stad.
Yep, ek stem saam met die Landbou weekblad artikel, dis dieselfde as gewone afpak en kuier by enige huis. Ons het almal "huis-reels", hou daarby as jy volgende keer wil welkom wees.
As ek jou bel om te hoor of dit jou sal pas, en jy se, ja dit sal lekker wees, dan aanvaar ek jy sal soos ek in die stad verlof insit by my werk om na jou om te sien wanneer jy by my opdaag en verwag ek dat jy sal tyd he vir my terwyl ek die moeite doen om met my motor oor jou slegte pad te ry en volstof te wees. Ek bereid is om oor jou stowwerige werf te loop inplaas van my mooi tuin en plaveisel. Jou hek toemaak omdat jy nog nie met sokrag 'n alternatief bewerkstellig het nie en soos ek 'n elektriese motor opgesit het nie. Is ek bereid om in jou stowwerige bakkie te klim en jou te help om die krip skoon te maak of die vee lek te gooi. Wanneer jy by my kom kuier moet ek ook bereid wees om my gesin se slaap en opstaan tye te verander want jy is 'n gas by my en ek verwag dit van jou ook. As jy by my kom kuier doen ek moeite om jou en jou kinders bloot te stel aan dit wat jy nie het op jou plaas en en jou kinders dus so balanseer vir die lewe wat kom. Ek vat jou weer na die flieks, ek neem jou na die beste en duurste restaurant. Ek vermaak jou by die beste vermaak in die stad en ek betaal ten duurste vir jou dag by Gold reef city, al verloor jou kinder belangstelling na 'n uur, nie omdat ek moet nie, maar omdat ek bly is jy het die moeite gedoen om my huis in die stad te vind, omdat jy die moeite gedoen het om in die verkeer tot by my huis te ry, al moes ek jou gaan haal toe jy verdwaal het. Ek maak seker jou motor is veilig in my mototrhuis en as ek nie 'n addisionele motorhuis het nie staan my motor buite sodat jy 'n rustige nag mag beleef en nie hoef te bekommer oor jou motor nie. Terwyl jy by my kuier hoef jy nooit jou motor te start nie, want ek sal jou vir die tyd by my rondry. OOk as jy skielik moet inkom dokter toe of hospitaal toe, sal ek my besige program onderbreek en seker maak ek vat jou geliefdes na die hospitaal toe en ek besoek jou en ek gaan haal hulle weer. Al moet hierdie ompad die gevolg he dat ek nou 'n uur langer in die verkeer moet sit, en ek my hele dag op kantoor moet verander om by jou behoeftes aan te pas. Ek is bereid om wanneer jy bel vir die klein onderdeel of wat ook al wat jou bakkie of trekker of plaas nodig het gou te gaan oplaai in "Johannesburg" (ag julle is mos in Johannesburg - want van Krugerdorp tot brakpan en van Pretoria tot Lenasia is mos JOhannesburg). Al woon ek in die Wes Rand en jou verlangde onderdeel is in die Ooste van die stad, is ek bereid om die 100 km daar heen en 100km terug vir jou te doen en te sorg dat jy hierdie dringende onderdeel so gou as moontlik kry. So moet nie kla as jy op jou voortsel my weer vir die soveelste keer jou droe plaas gaan wys nie. Ek word nie vermaak met jou wild nie, ek ken dit ek het op 'n plaas groot geword. Ek hou nie daarvan nie. Ek kuier by jou nie oor jou plaas nie, maar oor ek met jou wil sosaliseer. Ontvang my soos jy onderneem het om te doen, As daar ;
'n noodgeval is sal ek verstaan en jou verskoon, met my kennis van jou bedryf sal ek jou ook nogal help om dit uit te sorteer, maar moet nie my moeite om by jou te kom kuier in my keel af druk nie. As ek nie welkom is nie of dit nie jou program pas nie, se so ek sal my kosbare tyd en vriendskap iewers ander waardevol gebruik. Jy is nie die enigste mens met 'n plaas nie. Aan die tannie wat die proses begin het, dankie aan die Hemelse Vader dat jy nie in my vriendekring of familie is nie. Die kos sal dik word in jou mond as mens by jou moet kuier...
Liewe genade, maar het ek nou lekker gelees aan al die kommentare! Ons boer self en het al ervaar wat almal ervaar het op die plaas, maar moet erken dat ek bietjie hand in eie boesem gesteek het oor ons kuiers by familie in die stad. Jammer as ek ongevoelig was en net 'n brood en melk gekoop het. Ek sal beslis daaraan dink wat 'n aandjie in 'n gastehuis sou gekos het en daarvolgens ook ons gasheer en -vrou trakteer! My oë het oopgegaan.
Sal julle asb nou ophou met die kommentaar, ek is nou moeg gelees en verstaan nou die etiket van 'n plaas kuier
Om n laaaang storie kort te maak. Ek hou nie van enige mens wat my "Goedheid misbruik" Wetend dat hy weet, ek weet dit, maar maak asof hy nie weet ek weet dit. Ek het te min geduld om met onopgevoede mense te kan kominikeer, aangesien ek nie n sielkundige is.
Ek stem saam met die tannie, maar die plaasmense moet weet dat daar ook etiket is wanneer plasies op die dorp kom kuier. Ons moet ook douvoordag opstaan om deur die verkeer te worstel na `n ondankbare baas wat bloed uit `n klip wil tap. Daarom is ons nie altyd lus om na werk te gaan rondloop in inkopiesentrums of dobbelplekke nie. Dit mag dalk vir die plasies `n lekker uitkomkans het, maar glo dit of nie, stadsmense moet ook werk vir hulle geld. Tien-uur op `n Woensdagaand in nie `n goeie tyd om `n braaivleisvuurtjie aan te pak nie. So is dit ook nie altyd moontlik om gou-gou te ry en dit of dat te gaan haal vir hulle by een of ander plek nie. As jy kan afrkry by die werk, duur die "gou-gou" maklik 2-3 ure deur die verkeer.
Dan wonder die boere hoekom niemand meer simpatie met hulle het nie.
Ai mense, goeie maniere is goeie maniere maak nie saak waar jy kuier nie.
Ek moet sê ek het familie op plase, familie by die see en vriende and familie in Europa en kuier graag by almal.
Hulle is almal baie gasvry. Sorg na ons en maak altyd dubbel seker dat ons alles het wat ons begeer. Gaan uit hul pad uit om ons te trakteer en al die dinge te wys en te doen wat ons nie normaalweg doen nie.
En ek het nog nooit gevoel asof ons nie welkom is nie.
Terselfdetyd ontvang ek gaste op my plek met dieselfde gasvryheid. Op die einde van die dag wil ek hê my gaste moet 'n wonderlike kuier ondervinding hê. Hel, as jy jou eie vleis bring om te braai sal ek vir jou sê om die vleis weg te sit, want jy kuier by my, en hier sorg ek vir my gaste.
Moenie worry nie, as ek jou nie wou ontvang nie, sou ek dit duidelik gemaak het voor jy gekom het...
Wat het geword van goeie ou Afrikaner gasvryheid.
Ek is nou al 'n "tannie", kom van 'n plaas af en wens hierdie reels het daai tyd gegeld toe ek klein was en my kamer elke vakansie moes afgee, met bedorwe brokkies moes speel en hulle vermaak, "want hier's niks om te doen nie", hulle weghou van die koeie, kwaai bul, varkhokkie, "skapies", hooimiedens, hamermeules, trekkers, plaasdam, kanaal, ens... die ma is met vakansie en my ma het haar dood gewerk om elke ete 'n heerlik "boere -ete" voor te sit, skottelgoed te was, wasgoed van die gaste, strykwerk - en dan net "baie dankie" en daar gaan hulle! Heerlik uitgerus en gratis en verniet met karre vol druiwe, rosyne, groente en vrugte... ek dink nie daar is nog sulke ondankbare gaste soos hierdie aasvoels nie!!! Moet tog nie by hulle aankom en dink jy gaan iets verniet kry nie - "alles is so duur in die stad" - after all, alles is mos gratis op 'n plaas, dit val uit die lug uit en die werkers werk verniet...bla bla bla, ek raak sommer naar!
Kan saam stem met Tannie maar dit geld by die see en stad ook... skielik ontvang jy 'n oproep van familie of vriende wat jou skaars gegroet het vir 'n paar jaar.. hul het mos nou 'n kind wat sport kom doen of 'n konferensie of iets in daardie lyn.. of wil net vir so 2 daggies kom kyk hoe lyk dit by ons kant van die wereld... dan raak dit 7 dae of meer.. en dan raak die atmosfeer dik as jy nie wil regstaan vir hulle met etes.. wat hul sorg dat hul etenstyd by die huis is... en wanneer hulle koop en eet is dit net vir hulle self... want glo my hul dra nie by nie want hul geld is skraps en daar is so baie geskenke wat hul moet terug neem... trek die neus op vir pap en loer in die potte asof die kos van die ashoop opgetel is... en lewer so terloops kommentaar oor wat hul eet en wat hul nie eet nie. vroulief het dan ook sommer haar hande die saligheid belowe want die naels is aangeplak vir die vakansie en kan niks doen om dit te beskadig nie... dan wonder ek of hul slaap plek soek of hotel... nee wat ek sê sommer nou dadelik jammer ek het nie plek nie.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Ek stem saam die tannie in sekere opsigte. Maar as mense dit waardeer om op die plaas te wees en die plaas lewe te ervaar, moet mens nie ongeduldig raak nie, want dis die fout wat ons maak, ons wil nie die kwaliteit tyd wat ons het mens van die stad deel nie. Hulle ken dit nie en ek het nog steeds vriende in die Stad wat nog nooit op n plaas was nie. Sulke kuiergaste moet mens eintlik laat besef hoe bevoorreg jy as boer is om die dinge elke dag van jou lewe te kan doen, en nie net die negatiewe dinge raak sien nie. Stadsmense vra snaakse vrae, want hulle ken nie sulke dinge nie, so deel die goeie met hulle en laat hulle besef wat is plaas etiket deur jou voorbeeld. Dankie vir die stukkie en dit laat mens net besef hoe mens stads mense moet benader. Ek dink n plaastannie moet bietjie vir ons plaas etiket gee wat om te doen as mense kom koffie drink of net kom hallo sê vinnig met die verby gaan sodat ons jong boere daai etiket kan behou!!!