|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 07:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Hierdie onderwerp hoort dalk nie hier nie, die gevoel is dat alles op die plaas staan, wanneer Eskom afskakel, tensy daar alternatiewe energie bronne is. Die staat en Eskom kan nie elektrisiteit oor die tydperk 2012 tot 2016 waarborg nie. Ons kan aanvaar met die huidige energie krisis en die sloer met Medumpi en Kusile, dat ons dalk groter probleme kan verwag. Daar is wel groot belangstelling in sonkrag en veral rondom MW - megawatt parke wat elektrisiteit aan Eskom sal lewer.
Ons verwagting is dat hierdie PV (fotovoltaise) en CSP termiese trog stelsels die korttermyn tekort sal kan aanspreek, mits die regering voortgaan met hul planne om privaat beleggers en ontwikkelaars na die tafel te nooi.
Dit het my opgeval dat ons boere noustrop trek met die verhoging in Eskom tariewe, veral diegene wat lande onder besproeing het. Die moontlikheid bestaan om van hierdie megawatt sonpark tegnologie gebruik te maak (teenoor kommersiele produkte op die rak) wat die stelsel in geheel baie goedkoper maak. Afhangende van die elektrisiteit wat benodig word (50-250kWp+) en die son ure op die plaas kan die voorgestelde PV tegnologie (beste op die mark met 25 jr waarborg in uitset) miljoene aan Eskom uitgawes bespaar. Die tegnologie is nou reeds beskikbaar, die uitdaging is om belangstellende boere se behoefte te konsolideer om 'n megawatt bestelling te kan regverdig en so 'n megawatt prys te kan verwag. Die koste van PV sonpanele wat by plaaslike verskaffers gekoop kan word wissel van R20-R40/Watt afhangende van die kwaliteit. Die prys is net vir die panele en sluit nie die kabels, raamwerk, DC-AC omskakelaar in nie (battery bank ekstra). Die stelsel wat ons voorstel kan binne 'n baie kort periode afbetaal word, mits die son profiele nie te laag is nie.
Indien ons 2000- 5000kW+ se bestellings kan verenig kan die prys met die fabrieke in Europa vasgemaak word vir 'n "turn-key" projek. Ons is daarvan oortuig dat boere en hul belese netwerk van kundiges hierdie toerusting met die hulp van die verskaffers in 'n paar weke sal kan opstel en aanskakel.
Ons eie kundigheid en die bepaling van son opbrengs op plase sal tot boere beskikbaar wees. Stuur ons net 'n KZM Googel Earth verwysing van die plaas en elektrisiteit behoefte en ons sal terugvoer kan gee.
Die mikro stelsels sal elke plaas en boerdery oor die kort tot medium termyn onafhanklike elektrisiteit verskaf. Die bybring van gevorderde battery stelsels (in tyd so ongeveer 36 maande) soos die van SAFT en A123systems wat in elektriese voertuie gebruik word, sal stoor kapasiteit moontlik maak. Die neiging oorsee is dat gemeenskappe 'n megawatt battery aanskaf (die koste deel), en so gemeenskap bystand krag verseker (CES - "community energy storage").
Die uitdaging en wonderlike geleentheid is om energie, water, veilighed en voedsel sekuriteit in een sin te verstaan en die geheim is dat "energie" die sleutel tot alles is. Die ekonomie kan nie sonder energie groei nie, en sonder groei is daar nie meer werkgeleenthede, en markte nie ens.
Boere mag eersdaags genoodsaak wees om hul eie water te suiwer, dit gaan nog meer elektrisiteit vra.
Ons hoop om 'n reaksie van die boere gemeenskap te kry, om daadwerklik en betyds op te kan tree. Die oplossing is beskikbaar, bekostigbaar en beteken onafhanklikheid en aan die einde van die dag vryheid op elke plaas.
Groete
MW Sonboer
Johan,
kontak vir Mias Adams by 021 982 3775 of per e-pos by miasadams@telkomsa.net
jan bez, landbou.com
Ek het nou onlangs 'n paar stelsels in die Oos Kaap gesien wat miskien vir die boere kan help om krag te gee aan hulle arbeiders, boorgatpompe etc. Weet nie wat die tel nommer is nie maar ek het 'n paar fotos geneem. Skakel my om die naam op die bakkie se deur te kry. 083 sestig tien eenhonderd
Ek boer op 'n plaas in die suide van Namibie. geen elektrisiteitsnetwerk. Teen omtrent R35 00 per waterinstallasie (baie vlak), bly dit 'n beter opsie om 'n klein dompelpomp en goedkoop Chinese kragopwekkertjie te gebruik. Met die rente op die sonpaneelstel alleen kan jy elke 2 jaar 'n nuwe kragopwekker koop en die brandstof betaal. Beste van alles is - die plaaswerkers het oorgenoeg krag vir huishoudelike doeleindes. Wat ek dus eintlik wil sê is dit: sonkrag word 'n bietjie te aggressief bemark. Dit is nog nie kostedoeltreffend as gemeet word teen ander alternatiewe nie.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Ek boer op Moloto ongeveer 60 km noord oos van Pretoria aan die Hartebeestspruit (Standhoudend vir 40 jaar) en be-oog om `n water turbine op die rivier op te rig soos mnr. Krige van Witbank gedoen het Volgens hom behoort dit my tussen R 15000 en R 20000 TE KOS AS EK SELF DIE BOUWERK DOEN. Sou u reken dat sonkrag `n beter opsie is om te oorweeg aangesien dit heelwat duurder blyk te wees ? Geliewe my asb van meer inligting en data te verskaf sodat ek my berekenings kan doen en vergelyk met mekaar. Ek het ongelukkig nie die ko -oordinate van my plaas nie. Ek wil nou 10 of 15 Ha lusern vestig en gaan redelik baie water benodig; Verneem graag drinend van u ; Groete;
Slabbie Sel:- 071 304 2576