Dit is nou die tweede keer binne een jaar dat valse gerugte- gewoonlik met e-pos uitgestuur word van 'n "geweldige" sikloon of tornado of verskriklike weer wat 'n bepaalde area in die land binnekort gaan tref. Verlede jaar was dit 'n tornado in die Gauteng area en nou 'n sikloon in die Durban area. Uit die aard van die saak veroorsaak dit reuse paniek onder mense- en baie glo dit terwyl ander heeltemal deurmekaar is. Vir my is dit ook chaos- ek kry honderde telefoon-oproepe! Wat moet ek doen as so 'n boodskap versprei word? Glo dit as dit van die SAWS amptelik af kom- dit sal nie per sms kom nie. Andersins moenie dit glo nie. Op my webblad word alle siklone wat op pad na Suid Afrika is(altyd deur die sg. Mosambiek kanaal) in groot rooi letters heel bo op bladsy een aangekondig. U kan ook na my "cyclones" afdeling gaan waar u al die huidige siklone oor die hele wereld sal kan sien- met pragtige satellietfotos daarby. Ons siklone kom gewoonlik so vanaf Januarie tot Maart.
Groete- Kobus Botha.