Net n vraag? waar kan jy inligting kry om regtig suksesvolle bestuur van grasse toe te pas op aangeplante weidings.Ek het nou al simposiums bygewoon en elke kenner se elke tipe grond is uniek,elke distrik is uniek en tot elke kamp op jou plaas verskil.Wat jou buurman doen geld nie noodwendig vir jou?Hulle maak mens so deurmekaar en dit klink of die ouens ook na grashalmpies hap.Ek leen my uit op die wysheid van die ouderdom en praat gereeld met die ou manne in my area.Hulle raad is insiggewend maar o wee die omdolwe van grond kom nog van oupa se dae.Toe besluit ek "trial en error".Waantoe ek oppad is ,is n groot waagstuk.Kom ons swaai die vraag om-ek doen en werk op n tuinier se beginsel.Stem saam of nie-hier is my metode:
Lees 'Grass-fed Beef' dit is 'n 'common sense' boek wat sin maak vir afrika boere, alhoewel dit van amerika is.
Baie interressant. Ek oorweeg meerjarige weidingsgewasse onder spilpunt vir skaap (om die ou probleem van ou ooie met lammers te kan aanspreek)- dit moet gelyktydig gemengd gesaai word. Dit wil voorkom asof raaigras vir die winter die aangewese opsie is - weet nog nie van die somer nie. Is daar iemand wat raad kan gee?
Indien jou buurman 'n mulcher (stokkieskapper) het wat hy vir jou kan leen stel ek voor dat jy die beste uit jou kikoejoe basis kan ontgin deur gedurende die herfs (maart/april) die kikoejoe kort wei, die eenjarige raaigrassaad breedwerpig instrooi en dan die oorblywende kikoejoe materiaal mulch - sonder dat die mulcher in die grond in slaan. Dit behoort die kikoejoe genoegsaam terug te sit sodat die raaigras kan ontwikkel, wat dan weiding verseker vanaf Mei tot diep in die somer (raaigras in die winter en kikoejoe in die somer). Voeg daarby 'n peulgewas wat homself hervestig en jy het 'n wenkombinasie. Die peulgewassaad kan ook aan die diere gevoer word sodat dit deur die mis kan versprei (die saad is hardskalig en die maagsappe help om die saadhulsel sag te maak). Sterkte, 'n weidingsboerdery kan 'n lieflike boerdery wees as jy dit reg bestuur!
Ek het baie hiervan gehou - en daar is vele raakpunte.Regte studeer in die 60 ger jare - semi uitgetree. Bly nou in Rustenburgdistrik oppie plasie waar ek gebore is en grootgeword het. Het 25 ha so 5 ha ou lande maar tot die dood toe vervuil met oa 'n kweek wat jy nie met 'n atoombom sal uitroei nie.Hoe meer jy omdolwe hoe lekkerder groei dit. Ek dink ek gaan jou resep volg om 'n paar bees aan te hou om die verwoesting te bekamp en natuurlik ook die jaarlikse vuurslaan in die winter.As iemand nog 'n nuttige wenk of 3 het - soos Dalena bv kontak my by vanrensburg1@law.co.za. Dankie
Hallo Julle, Dalena die peulgewaas saad wat deur die dier gevestig kan word, het jy 'n naam?
Baie dankie.
Sho dis lekker om te lees van al die manne se planne. Ons boer in Baltimor, Limpopo. Op die oomblik is daar 30ha in met ou gevestigde Buffelsgras. Ek het dit die jaar gesny en kon n duidelik die verskil sien in die groei. Wat se ander gras kan ek saam met die ou Buffelsgras plant wat my meer weiding reg deur die jaar sal gee. En wanneer plant mens en op wat se manier. Enige hulp sal waardeer word. Groete J
Ek het ook so 22 ha hier buite die dorp - is nou besig om lande reg te kry vir Italiaanse raaigras
(2ha) ,4 ha Rhodes en so 4 ha bloubuffelsgras - die res los ek soos dit is.Ek is besig om so 100 dorper ooie te kry. Nie om geld te maak nie maar vir die liefde van die saak.So ver ek weet is die kikuju gras maar n probleem - vir wurms en sulke dinge . Enige raad sal waardeer word. Email wfourie@huizemark.com
Ja swaer, virrie liefde van die saak...het omtrent al al my liefde ingeplant..raaigras, hawer, sorghum, u name it. DIT WERK BOGGER-ALL..maar julle kan kom kyk watter pragtige stand oliebome ek het. 2-4D et al maar nog steed staan die goed. Ook my trial en error het my laat kom op die volgende: Span n kraaltjie sommer van takke ens en laat al die beeste daarin oornag vir 7 dae, (hulle moet wei in die dag) en dan skuif jy die kampie op die 8 ste dag en so gaan jy aan tot die hele area "bekamp" is. Die beginsel is dat die grond omgedolwe word deur die beeste, die mis en urine fantastiese kunsmis is en die natuurlike grasse wat daar voorkom, sal uitkom. Ek ploeg hier met n ander man se kalwers maar dit werk. Dit klink na werk om die kampies gereeld te skuif maar dit is die moeite werd. Groete
Hi, ek sien hierdie stukkie van jou is al 'n tydjie gelede geplaas, maar ek wil net hierby byvoeg.....
Ek het die ondervinding gehad met aangeplante weiding, ek het dit ook tot teen die grond laat afvreet, het regtig gedink die beeste het elke moontlike grashalm totaal gebriek van enige voorneme om weer hul koppies uit te steek om te groei..... maar nee, toe groei daardie grassies verwoed en kon ek sommer 2 snysels die volgende seisoen afhaal
Wat se GRAS is reg vir skape in die Rustenburg omgeweing.....ek het bloubuffels op my grond?
Uitstekend, ek hou van jou konfensionele benadering. het self n stukkie grond en ploeter voort sonder duur toerusting. dankie vir jou persepsie en invalshoek.