Voorstel Grond Hervorming
Kom ons sien hoe gretig die regering en die ANC is om die grond probleem regtig op te los en produksie uitsette te verhoog en opkomende boere te vestig wat suksesvol kan bydra tot die ekonomie en die voer van Suid – Afrika.
Daar is drie probleme:
- Besigheids probleem: Min kennis van besigheids bestuur, plaas bestuur en hulpbron bestuur
- Operasionele probleem: Min kennis van bedryf opbou en handaaf, onderhoud en prouktiewe doelstellings
- Boere wat vrywillig verplig word om mense te help wat sosiaal en ekonomies nie dieselfde kultuur het nie
- Swart opkomende boere wat kwyn as gevolg van geen ondersteuning nie
Die probleem:
Die oplosing moet een wees wat boer sal motiveer om opkomende boer die nodige kennis en ondersteuining vrywillige verskaf om suksesvol te boer. Boere wat gevestig is het al die kennis en die metologie van boer in hulle bedryf om winsgewend te wees. Ekonomies moet SA hom vestig om die brood mandjie van Afrika te word aangesien kos lyk my die wapen van die 21ste eeu gaan word.
Die oplossing:
Elke boer wat grond besit en winsgewend boer is goud werd in Suid – Afrika meer as die goud myne as jy al ons land produktief aktiveer. Meer werk en herontwaking van die landelike gebiede gely deur regverdige werkergewers en werkers regte wat voedsel sekerheid sal verseker en ons ’n wereld mag maak vinniger as enige ander strategies. So die vraag is hoe doen ons dit?
Ons het inkoop van die gevestige winsgewende boere nodig so ook van die opkomende boere, so hoe doen ons dit? Kom ons noem dit sommer die “Groen Afrika Aktiveerings plan”. Persoonlik dink ek dit is regtig eenvoudig. Geld in die sak is al wat werk, maak nie saak wie jy is nie jy werk elke dag vir geld en nie die liefde van dit nie. Ek sal eerder met my voete in die sand van die Maldives sit en meer leer van God as wat ek by die werk moet sit maar ons almal het maar die regters wat ons gekies het.
Die oplossing is maklik.
- Elke onderrige siklus is vyf jaar lank. Koop grond waar moontlik reg langs die winsgewende boer. Die opkomende boer moet inskryf en gekeur word vir die program sowel as die boer. Die opkomende boer is dan plaas bestuurder op die grond wat gekoop is langs aan onder die gevestigde boer. Die gevestigde boer leer dan die opkomende boer hoe om alles te bedryf. Die opkomende boer het geen reg op enige iets nie. Hy kan nie trekkers verkoop of verbande op die grond vat nie of enige so iets nie. As hy presteer as opkomende boer dan kry hy 25 % van die opbrengs van die oeste of aanwas as bonus na kostes. Die opkomende boer word ook ’n salaris elke maand betaal sodat hy vir homeslf en sy gesin kan sorg wat deel uit maak van die kostes wat herhaal word.
- Die gevestigde boer wat dan deel word van die opleidings siklus van vyf jaar word dan vergoed deur. Belasting vry en met hulpbron subsiedies te boer vir die vyf jaar siklus en 25% van die opbrengs na kostes van die opkomende boer. Die ander 50% word terug geploeg in die plaas in om die plaas infrastuktuur te vestig en so skuld vry as moontlik te boer. Die voorwaardes word gestel om die prestasie van die plaas te meet en korreksies in te stel en te bestuur soos nodig.
- Na die 5 jaar siklus word die plaas oorhandig vir twee jaar aan die opkomende boer om te bestuur. As die boer nie presteer nie word die plaas oorhandig aan ’n ander boer om dit productief te bestuur. Na die twee jaar word die plaas oorhandig aan die opkomende boer mits hy aan die verystes voldoen. Daarna betaal hy vir 5 jaar 12% van sy opbrengs na kostes terug aan die fonds wat help om ander boer te vestig en hy kry na die vyf jaar die grond as betaling.
Wat word bereik?
- Grond is produktief
- Voedsel sekerheid
- Oordrag van kennis en vaardigheid
- Werkloosheid verminder
- Sosiaale en ekonomiese verligting
- Misdaad verlaging
- Geestelike ontwikkeling
- Self respek
- Gevestigede boere gemotiveer
- Opkomende boere gemotiveer
- SA die brood mandjie van Afrika
Miskien kan dit werk...Daar is nog baie meer soos opkomende boere van alles ras en kleur en geur kan ook so gehelp word. As jy pienk of pers is as jy wil werk en ’n sukses maak en jou deel bring dan sal jy die kaans kry as jy wil sit en tande tel en niks doen nie wel dan kry jy ook wat jy verdien, niks.
Ons is boere dit is in ons bloed vir almal van die land ons is gebore uit die grond ons kan dit nie help nie. Al wat die mense nodig het is ’n bilikke kaans om iets te doen. Ek het al gesien as iemand wil dan maak hy die opening vir homself. Niks te doen met die bulle se fantasties oorwinning die naweek nie.....; )
Groete
Clifford
Ek dink dit is baie slim en sal in teorie werk. Ek is nie 'n boer nie maar 'n sakeman. Ek is steeds bekommerd oor die kultuur van hierdie mense, en dit het niks met rassisme te doen nie. Hierdie stakings wek groot kommer en ons as sakelui lewe swaar en ek is seker die boere ook. Ek het bietjie in Mozambique gaan loer en is besig om moontlikhede daar te ondersoek. Die kontakte wat ek daar het soek julle boere in is oop vir onderhandeling. Ek dink Clifford se plan sal daar werk.