Grond voorbereiding

Jaco Mulder
User offline. Last seen 1 year 16 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Sep 2009
Inskrywings:

More, kort so bietjie inligting op grond voorbereiding. Die lande staan al vir so paar jaar en die onkruid het oorgewat. Waar begin n mens om die lande weer skoon te kry en onkrui vry. Foto's van die lande:

Gedink om te begin met :  ( Hulp nodig )

1: Slash eers die bosse

2: Rip die grond

3: Ploeg die grond om

4: Diss daar na

Nou wil ek weet of die volg orer reg is en hoeveel keer moet ons dit doen om meeste van die onkruid uit te rooi. 

Enige kommetaar welkom.

0
 
 
btopta
User offline. Last seen 2 years 1 dag ago. Van lyn af
Aangesluit: 25 Jan 2010
Inskrywings:

ek weet ongelukkig nie van grondbewerking nie, maar ek wil weet waar julle boere jul bearings en elektriese goed koop?

Onbekende besoeker 

Sal eers die land diss dan om ploeg behoort voldoende te wees. Bewerk weer wanneer gaan plant kan weer dalk diss om die grond fyn te kry of met 'n fyn tiller til.

Jaco Mulder
User offline. Last seen 1 year 16 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Sep 2009
Inskrywings:

Wel, ek is naby n dorp so ons koop bearings by Bearing man. Elektriese goed koop my pa vir ons, hy is in die elektriese veld.

Jakkals
User offline. Last seen 1 year 46 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 6 Jul 2009
Inskrywings:

Ek sal alles shlash. Dan ploeg en dis om als mooi gelyk te kry. So 5 dae na elke reen dan dis jy liggies om die onkruidsade wat begin ontkiem dood te kry.

Meerkat 

Dit hang af wat jou begroting is.As daar gras,soos kweek of kikuyu of meerjarige grasse, is spuit eers alles dood met Glifosaat(Round up of enige generiese vorm daarvan),sommer 'n sterk mengsel.(3%+)Onthou as jy die genoemde grasse ploeg of sny plant jy hulle maar net weer.Laat lê vir 2 weke en rip dit diep om enige ploegbanke te breek.Onthou dit bewerk makliker as die plante daarop dood is.Dan kan jy dit ploeg of swaar disc.Dan kom die bosse en wat ookal bo-gronds is onder die grond om te vrot. Dit hang af wat jy daarop wil doen.As jy eers in die winter wil vestig,sal ek dit spuit sodra die onkruid weer uitkom,maar 'n baie laer dosis,1,5%.Ek is 'n bewaringsboer so ek praat uit 'n bewarings oogpunt.Onthou elke keer as jy die grond omkeer of roer vernietig jy koolstof en versteur jy die grondlewe(goeie buggs).Spuit is goedkoper as jy nie te duur betaal vir glifosaat of skroeimiddels nie.Sterkte

Onbekende besoeker 

Ek hoop tog net nie jy wil mielies plant nie.

Herman Aggenbach
User offline. Last seen 1 year 36 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 20 Jan 2010
Inskrywings:

Hallo daar, `n getroue vriend van my soek dringend werk met 2 trekkers in die Oos Kaap omgewing. Hy het bykans alle implimente en toebehore. Kan iemand dalk help asseblief.

Vriendelike Landbou groete

Cronje Bouwer
User offline. Last seen 1 year 37 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Okt 2009
Inskrywings:

Wat wil jy bereik met jou grond?Wat wil jy plant?Wil jy beweiding he want dan is jou benadering mos heel verskillend.Moet tog om vadersnaam nie ploeg nie?Rip die grond en spuit die onkruid dood en dan vertel jy ons wat jy beoog.Vertel ook of jou grond sand,leem of baie klei is?

Simbra 

Hallo julle, ek het ook n stuk grond, goeie lemmgrond en wil smits vinger of n winter gewas aan plant vir beeste, ek moet ook van voor af begin en wil weet van julle hoe met wat en waneer asb.Ongeveer 20ha vir aanplant weiding

Jaco Mulder
User offline. Last seen 1 year 16 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Sep 2009
Inskrywings:

Hallo julle, dankie vir al die raad. Ons het eragrostis geplant, en dit goed aan. Het so bietjie gesukkel met die onkruid, maar dit is ook nou weg.

Koeka
User offline. Last seen 33 weke 22 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Mei 2010
Inskrywings:

Hallo Manne

Ek hoor wat julle hier bo se en dit klink goed, ek het ook n stuk grond waar ek wil begin groente plant en wil net weet, kan ek nie my gras brand om nog meer geld te spaar nie, en dan die grond rip nie.

NickVSA
User offline. Last seen 1 year 23 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 28 Jun 2010
Inskrywings:

Hoe groot is al die onkruid? Wat wil jy daar plant? Chemiese onkruid beheer soos "Roundup" sal jou baie grondvog spaar. Om die grond te rip is nie 'n slegte idee nie, maar elke keer as jy dit bewerk gaan jy weer nuwe onruid he. No-till is waarheen almal op pad is hier. Onkruid ontkiem nie en onkruid drukking is dramaties af. Grondvog word bespaar en geen erosie na groot reens nie.

COLGATE 

EK HET KLAAR GEPLOEG-HET VERSKRIKLIK BLOU DISSEL IN MY LANDE GEHAD (HET ONGELUKKIG GE-ERF VAN VORIGE EIENAAR..... GAAN NOU AKKER BONE PLANT. RAAD WAT EK GEKRY HET IS OM GIFSTOF TE GEBRUIK NET NA PLANT, WAT NIE SKADELIK IS VIR BONE NIE. EK IS BEVOORDEELD OM ONDER SPULPUNTE TE PLANT-SO WATER IS NIE PROBLEEM NIE. MY VRAAG IS OOK NOU??? KAN EK MAAR EERS BIETJE DISS OM GROND BIETJIE MEER GELYK TE KRY, EN DAN PLANT? ONTHOU-EK HET KLAAR GEPLOEG.

LIMPOPO GROETE

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.