Grondpryse: Jong boere sukkel

Onbekende besoeker

Ek besef dat grondpryse in die Nuwe Suid-Afrika 'n teer onderwerp is. Die Regering kla boere wil te veel vir hulle grond hê en boere verdien na jare se swoeg en sweet dat grondpryse ten minste met inflasie tred hou, aangesien produkpryse ver tekort skiet.

Die probleem kom egter by ons jong manne wat op die plaas groot geword het en John Deere groen bloed in ons are het. Na skool het ek die geleentheid gehad om in enige rigting te studeer: ek het Universiteits vrystelling gehad en vyf onderskeidings op hoër graad verwerf in matriek. Op aandrang van my pa, het ek aansoek gedoen en toelating by 3 univeersiteite gekry om Elektroniese Ingenieurswese te gaan swot. Ek het egter ook aansoek by Potch Landboukollege gedoen en my eie kop gevolg en daar gaan swot.

Ek was nog nooit spyt daaroor nie: landbou is in my bloed en Suid-Afrika is my blyplek.

Sedert 2007 boer ek saam met my broer in 'n BK op grond wat ons by my pa huur. Ons het voorheen saam met my pa geboer en hy het in 2007 besluit ons moet stelselmatig begin om die boerdery oor te neem. Tans plant ons ongeveer 50% van sy lande.

Na afloop van 'n paar goeie "mielie" jare het ons begin om 'n goeie krediet rekord en verhoudinge op te bou. Ons het doelbewus ons rekening by 'n ander handelsbank geopen as waar ons pa se rekeninge is, omdat ons 'n eie identiteit wou opbou.

Ek sit egter nou met 'n verknorsing: ek wil graag 'n veeplaas koop wat nie ver van ons huidige grond af is nie. Die koopprys is egter R 13.92 miljoen en die plaas is ongeveer 1'200 ha groot. Slegs hoëveld weiding en vleie. Infrastruktuur is in 'n redelike toestand, maar grensheinings sal binne die volgende 5 jaar vervang moet word.

ABSA grondwaardasies vir die gebied kom vir goeie weidings op ongeveer R 6'000 / ha te staan. Dus R 7.2 miljoen vir die plaas. A.g.v. die huidige ekonomiese klimaat, onsekerheid oor die ANC se grondbeleid en ons klient-profiel, kan die banke slegs 'n verband van 50% toestaan. Ons kan dus R 3.6 miljoen van die bank af kry om 'n plaas te koop waarvoor die eienaar R 13.92 miljoen wil hê.

Ons kan moontlik deur die Landbank regkom met lewendehawe finansiering vir beeste. Ek was egter verlede week op 'n produksieveiling waar goeie kwaliteit, dragtige koeie van 5 jaar oud teen R 11'000 stuk verkoop is.

Aangesien daar geen oesreste op die teiken plaas beskikbaar is nie, sal ons die plaas teen nie meer as 5ha / GVE kan belaai nie. Dus 240 GVE. Teen 1.1 GVE vir die koeie op die veiling beteken dit dus 218 koeie of R 2.4 miljoen.

Volgens my kuddevloei begrotings en vleisbees model kan ek 'n bruto marge van ongeveer R 930'000 per jaar uit hierdie produksie eenheid verwag teen heersende pryse. Ek moet egter dan my vervangingsdiere op 'n ander beskikbare huurplaas aanhou om binne my veelading te bly en die huurgeld vir hierdie plaas moet nog uit die R 930'000 kom.

Die paaiemente op 'n 50% van waardasie verband (R3.6miljoen) en 'n lewendehawe lening (R2.4 miljoen) kom op R 1.2 miljoen per jaar te staan. Sonder die ekstra huurgeld beteken dit dus reeds 'n tekort van R 270'000 per jaar.

My vraag is dus:
1. Waar moet ek die res van die
koopprys in die hande kry indien ek geen ander sekuriteite of borge het nie?
2. Hoe op dees aarde kan hierdie veeplaas homself ooit terug betaal? ( Op die volle R 13.92 miljoen sou die jaarlikse paaiemente R 2 miljoen beloop + R 665'000 vir die vee. )

Wat nog meer hartseer veroorsaak is dat ander plase in ons omgewing uitgekoop is deur die Regering en aan mense oorhandig is wat al vir vyf jaar kyk hoe hoog die bossies kan groei voordat hulle in die winter afbrand. Gaan vra ek egter hoed-in-die-hand of ek die plasie mag huur om kontantgewasse of weiding aan te plant, word daar vloekwoorde gebruik wat ek nog nie eens gehoor het as die Springbokke so lelik droogmaak nie en word ons van die plaas verjaag want die "Madam" dink sy is nou grênd en het 'n plaas. Sy het immers nie "rassistiese wit boere" nodig nie.

4.75
 
 
mkruger
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

Die regering is verantwoordelik vir die probleem.
Hier by ons het ek so 6 maande terug ook 'n plaas probeer huur wat die regering nog besig was om aan "madam" oor te dra. Ek is baie redes gegee hoekom ek nie die grond kon huur nie. Dit staan nou nog onbenut en onoorgerda en die nuwe "madam" het nie die geld of kundigheid om dit te boer nie.

So paar maande terug het ek 'n blog geskryf oor nasionalisering wat nie goed ontvang is nie. Maar kom ek verduidelik dit weer.

Met nasionalisering bedoel ek nie die gronde moet gevat word nie. Die regering kan byvoorbeeld se dat hy alle gronde terugkoop teen R6000. Jy kan dan self besluit wat vir jou finansieel beter gaan wees. Om jou plaas nou vir R6000 te verkoop of oor 10 jaar vir R6000 te verkoop aan die regering. Dit is immers 'n nasionale bate ?

As die regering nou al die gronde opgekoop het kan hulle dit teen 'n nominale bedrag aan boere beskikbaar stel om te boer. Kriteria kan daar gestel word om te verseker dat net produktiewe boere grond kry en behou. Ek gaan nie nou daarop ingaan nie.

Maak nou weer jou som en as jy grond huur teen 'n nominale prys van die regering en dit nie teen "mal" pryse moet aankoop nie, maak boerdery amper weer sin want dan kan mens leef van die inkomste en jy kan jou wins gebruik om meer vee aan te koop. Vee is immers verantwoordelik vir die inkomste op jou plaas nie die weiding(duur kos) nie.

Ek is nie 'n sosialis of kommunis nie maar kapitalisme is besig om boerdery vir ouens wat wil boer onmoontlik te maak. Al ouens wat nog geld maak is die ouens wat geld het om te bele in die grond met die hoop dat hy 'n wins gaan maak as hy verkoop.
Ouens soos ek en jy wat wil boer omdat ons daarvan hou kan dit net nie meer bekostig nie.

Iets sal moet gedoen word. As jy nie hou van my voorstel nie, watter beter voorstel het jy om voedselsekerheid te verseker. Om voedselsekerheid te verseker het jy boere op die plase nodig wat 'n passie het vir boer en nie boere wat hulself uit hulle grondaankope wil verryk nie.

Karoo Jan 

Mkruger het nie na die somme gekyk nie, teen R6000/ha is dit alreeds beter om jou grond te verkoop as om te boer! Hoe op dees aarde dink jy gaan die regering die geld bekom om alle plaasgrond op te koop - hulle kan nie eers betaal vir dit wat onteien is nie.

Kapitalisme moet seevier of ons word almal bywoners. Jy moet maar vasbyt en soos boerdery is, dit waag om nou "duur" grond te koop en hoop dat oor die jaar daai prys eintlik spotgoedkoop was. Dis my ondervinding, het vasgebyt 10 jaar terug en die grond is vandag +10maal meer werd as wat ek in 2000 daarvoor betaal het.

mkruger
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

Karoo Jan jy staaf my punt 100 %.
Boer jy of maak jy wins uit grondspekulasie ?

En my somme is reg. As jy nou teen 6000 verkoop en dit vir 10 jaar in die bank sit maak jy meer as 'n ou wat oor 10 jaar 6000 kry. En nie almal gaan hulle plase dadelik verkoop nie. Daar is boere wat regtig wil boer en nie dadelik gaan verkoop nie. So die regering het nie op een slag al die geld nodig nie. Oor 10 jaar betaal hulle lag, lag 6000. As ons egter nie nasionaliseer nie, betaal jy en jou kinders oor 10 jaar 13000. Hoop jy kan dit bekostig.

Kom ons wees nou eerlik. In al die kapitalistiese lande het die besit van grond 'n statussimbool geword. Net die baie rykes kan dit bekostig. Die boere wat regtig wil boer moet subsidie kry van die regering. Iets wat ons boere nie kry nie. So, sonder om nou afgesaag te klink, iets moet gedoen word om die speelveld vir ons hier gelyk te maak.

JvdW 

Albei is geldige argumente. Onthou net een ding: as die Staat alle grond nasionaliseer en dan besluit wie 'n huurkontrak mag kry, kan jy jou R 6'000 per ha vat en 'n ander werk probeer soek, want die huidige blanke kommersiele boere sal slegs 'n klein persentasie van hierdie kontrakte verkry.

Ons sien in alle Staats Departemente & -Instansies dieselfde situasie: transformasie ten koste van produktiwiteit, ondervinding en kennis.

Dit sal presies dieselfde wees met plaasgrond: solank daar aan die menigte se verwagtinge voldoen word en die demografiese samestelling van die "bevolking" weerspieel word, sal hulle eerder met 'n honger maag gaan slaap as erken dat die ervare kommersiele boer die een skakel in hierdie ketting is wat niemand in Suider Afrika kan bekostig om te verloor of marginaliseer nie.

Ongelukkig is daar geen regering in Afrika wat uit ander se foute kan (wil?) leer nie.

Onbekende besoeker 

Hoe lyk dit met n 50:50 aandeelhoudingskema met jou bestaande plaaswerkers as aandeelhouers in die nuwe grond? Hulle leen dan die helfte van die geld by die regering. Julle boer dan die nuwe plaas in vennootskap, met die huidige plaas se infrastruktuur, van implimente, arbeid, ens. Veral as jy met vee wil boer, het jy baie meer mense nodig wat kan help kyk vir veediewe, probleemdiere, stukkende heinings en waterpunte, ens. Jy vorm dus n BEE boerdery wat groot ondersteuning van die staat BEHOORT te kry.Sterkte

mkruger
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

50:50 klink goed maar 'n plaas met meer as een baas...dis probleme soek op groot skaal

Onbekende besoeker 

Al weer die grond issue, hoekom wil ek ooit die risiko loop om die gond te besit? Sadat "madam" en kie net kan vat as dit hulle pas, of n myn langs my plaas goedkeur vir n bedraggie? Nee wat ek huur liewers, ja ek weet as jy die grond besit kan jy lenings kry, maar koop liewers vir jou met die grond se geld n paar aandele, jou groei op kapitaal sal baie beter wees as die plaas met minder risiko, en boer kontant.

JvdW 

Ek hou van die 50:50 idee. Die werksmense kan dan wel 50% van die PLAAS besit, maar indien ons steeds die vee in die BK koop, besit hulle nie 50% van die BOERDERY nie en kan ons dus steeds in beheer van besluitneming bly.

Sukses sal afhang van hoe goeie werksooreenkoms n mens se prokureur vir jou kan opstel.

Die enigste sirkus sal dus nou wees om iemand by Departement van Landelike Ontwikkeling op te spoor wat die konsep sal verstaan. Uit vorige ondervinding weet ek dat hulle nie die skerpste potlode in die laai het met wie mens kan werk nie.

mkruger
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

JvdW,

Ek dink dit was laas week op die nuus gewees van die klomp swartes wat onwettig op die plaas in Natal jag.

Die grond behoort aan hulle en is soos ek verstaan wettig verhuur. Maar hulle sien nie die prentjie so nie....die mense hou van die wet maar die oomblik as hulle nie saamstem nie maak hulle net soos hulle wil en jy is die vark in die verhaal.....voorspoed maar ek help eerder 'n swart boer(enige boer) op sy plaas as wat ek saam met hom probeer boer....sonstraal kan van 'n man 'n moeilike mens maak om oor die weg te kom mee.

nj matthee 

Hi, ek is n jong man wat belang stel in boerdery, ek het nie op n plaas groot geword nie, so ek het geen ondervinding of kennis in boerdery nie. Ek hou tans van die buitelewe en plaaslewe, ek wil volgende jaar gaan leer oor landbou ens, nou is my vraag aan julle: sal dit die regte besluit wees om in boerdery in te gaan of maak ek n fout.

Groete

NJ MATTHEE

JvdW 

Hi NJ.

Dis nie 'n maklike vraag om te antwoord nie. Dit hang seker af hoe jy die lewe sien: is die glas half vol of half leeg?

As jy dink die glas is half leeg, bly ver weg van boerdery.

Probeer dalk eers 'n tydelike werk op 'n plaas kry sodat jy die ding uit alle hoeke kan bekyk. Enige beroep het maar sy positiewe en negatiewe. Boerdery in SA word tans baie verpolitiseer, so die toekoms kan rooskleurig of 'n gemors wees.

Ek probeer positief maar tog realisties bly, daarom hou ek passievol aan met boerdery, maar hou tog my oe oop vir geleenthede buite die landbou.

pirot79
User offline. Last seen 32 weke 1 dag ago. Van lyn af
Aangesluit: 20 Sep 2009
Inskrywings:

Almal wat vandag boer op hul eie grond moes dit koop, ons het dit nie verniet gekry nie! Maak nie saak wanner jy wil grond koop nie, dit sal altyd lyk of dit te duur is. 50/50 aandeelhouding beteken 50/50 verdeling van inkomste, wie wat vandag boer kan die bietjie wat jy uitkry nog in die helfte deel ook? Mense wat nie boer nie het nogal 'n groot wanpersepsie van 'n boer se inkomste. Ek praat nie van die paar groot boere met klomp plase nie maar die gemiddelde ou wat net net 'n ekonomiese eenheid het.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.