|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 07:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Hi Julle
Wat is die beste manier om sekelbos op ou lande uit te haal.
Ek het nou onlangs op n nuwe plaas ingetrek en die ou lande is oortrek deur sekelbos.Aangesien ek met beeste boer en die veld gedeeltelik bergagtig is wil ek die ou lande gebruik om boom lusern op te plant en die plaas se dra krag te verhoog.
Alle hulp sal waardeur word.
Ek is 'n boer in Namibia. My ondervinding is dat sekelbos slegs uitgeroei kan word met chemiese behandeling. Sodra aan sy wortels gepeuter word vererger jou probleem. Waar die bosse baie dig is kan meganies gewerk word maar dan is opvolg met chemiese toediening baie noodsaaklik die volgende jaar anders vererger jou probleem.
Ons by Manitou S.A. het verlede jaar heelwat navrae gehad vir ontbosssing,veral sekelbos.Na baie mark navorsing het ons n saag van Amerika ingevoer wat die stam onder die grond kan afsny,en toegerus is met n spuit wat chemiese behandeling vanuit die kajuit onmiddelik kan toedien,die saag word op n (bobcat)skidsteer gemonteer,en is maklik om te vervoer en gebruik.Ons het reeds groot suksesse in Namibie gehad,en konsentreer nou op Limpopo.Vir meer inligting of demonstasies kontak Len Wood 0723447244 by Manitou S.A.
Gooi maar gif, en oor 2jr gooi jy weer gif op jou her-groei. Dis maar al.
Die probleem is nasorg met enige bos na jy begin het die eerste slag . Sekel of swarthaak haal hom met hand of wat ook al uit maar doen nasorg as dit lande is wat geplant word baie makliker is al 20 jaar besig met ontbossing met wortel en tak en plant gras daarna maar nie al die gebiede geskik nie hang van jou terrein af wat jy wil maak . Maar bosse bly probleem ons verkoop die hout in Suid Afrika en houtskool om kostes te verlaag . Beeste kan nie die onkostes dra nie . Bly in die Noorde van Namibia .
Ek sal graag wil verneem wie in Namibie kan vir my 'n drag stuur om vas te stel of 'n mens die hout beter kan benut as om dit net vir vuurmaakhout ten gebruik. Ek dra kennis dat die meeste boere dit vir vuurmaak of braaihout verkoop. Waarvoor gaan so ;n vrag en hoe groot is dit. Tot op watter dikte(In diameter) groei die boom en is dit 'n boom wat 'n mens graag wil uitroei?
Neil - 0837072393
ek is opsoek na boere in Namibia wat sekelbos en mopanie verkoop, skakel my op 0833399395 asb
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Opskrif: Bosverdigting in die bek geruk
Vraag: Hoe raak ek ontslae van indringerbosse soos sekelbos, blouhaak en knoppiesdoring?
Dit is nie maklik om ontslae te raak van bosse in digbegroeide gebiede nie. Jaarliks bestee boere in die noorde van die land honderdduisende rande om van bosse, soos sekelbos, blouhaak en knoppiesdoring, ontslae te raak. Daar is nou ’n maklike, meganiese manier om met indringerplante klaar te speel.
Razorback is die enigste maatskappy in die land wat van indringerplante ontslae kan raak en terselfdertyd ’n deklaag kompos van dieselfde plante kan neerlê, sê mnr. Donovan Ritchie, besturende direkteur van Razorback.
Die maatskappy se reeks ontbossingsmasjinerie versnipper nie net die bosse tot op die grond af nie, maar die plantmateriaal word terselfdertyd neergelê as grondbedekking.
Omdat materiaal as ’n lagie bo-op die grond beland, het dit die volgende voordele:
• Dit beskerm die blootgestelde grondoppervlak teen spaterosie. Spaterosie word veroorsaak wanneer reëndruppels die grond regstreeks tref en die grond kompakteer. Die kompaksie veroorsaak ’n harde lagie bo-op die grond. Wanneer dit weer reën, is daar verhoogde waterafloop wat weer op sy beurt plaaterosie of selfs donga-erosie kan veroorsaak.
• Die materiaal dien as organiese voeding vir die grond. Die grond word eintlik bemes tydens die proses en grashervestiging word aangehelp. Dit is veral belangrik omdat min gras normaalweg in bosverdigte gebiede voorkom. As die graslaag nie vinnig herstel nie, skep dit weer ’n geskikte omgewing vir die vestiging van nuwe saailinge en die bosverdigtingsproses word herhaal, sê mnr. Gert Fourie, besturende direkteur van Ekofocus, ’n konsultmaatskappy wat hom toespits op die natuurlewe.
Volgens Ritchie is grondbedekking met ’n laag plantmateriaal die mees eko-vriendelike manier van ontbossing, aangesien al die grondstowwe wat deur die bosse en bome uit die grond opgeneem is, weer in die grond teruggeplaas word as ’n kompos.
Die houtsplinters vorm ook ’n natuurlike saadbed vir die hervestiging van gras vir weiding.
Razorback bied ’n algehele oplossing vir enige ontbossingsprobleem.
Die masjiene kan op trekkers en sleepstuurlaaiers (“Bobcats”) gemonteer word. Die masjiene wat deur trekkers aangedryf word, lewer van 75 kW tot 370 kW en die hidroulies-gedrewe masjiene 60 kW en meer.
Stamdikte is ook geen probleem nie. Die Chaptrack-reeks van masjiene kan bosse met ’n stamdeursnee van tot 200 mm afkap en as grondbedekking uitstrooi, terwyl die Barko-reeks ontslae kan raak van ongewenste bosse met ’n stamdeursnee van tot 400 mm.
Die ontbossingmasjien kom veral tot sy reg in gedeeltes waar bosverdigting hand uitgeruk het. Omdat die Seppi-draaibank nie soos ’n kettingsaag die plante afsny nie, maar dit eerder teen ’n hoë spoed “vermorsel”, vind hergroei teen ’n baie laer persentasie plaas.
“Ons vind dat die hergroei ná ’n eerste ontbossing slegs sowat 40% van die oorspronk¬like beloop. Dus spaar die boer nie net op koste nie, maar hy sukkel ook nie met onbeheerbare hergroei nie,” sê Ritchie.
Dr. Willem Schack, besturende direkteur van Ekowild, ’n maatskappy wat betrokke is by ekologiese bestuur, sê inheemse plantsoorte, soos sekelbos en blouhaak, is die groot skuldiges met bosverdigting in die Bosveld.
“Oorbeweiding deur beeste gedurende veral die afgelope halfeeu het groot skade aan die ekostelsel aangerig. Bome en struike het ’n voordeel gekry omdat die beeste slegs gras vreet. Dit het tot gevolg gehad het dat ernstige verdigtings op plekke plaasgevind het waar beeste voorheen die veld oorbewei het. Daarby het beeste deur hul mis gehelp om veral sekelbos verder te versprei,” verduidelik Schack.
Hy sê omdat boere natuurlike veldbrande bestry, het bosse nog verder verdig.
“Vandag begin boere hul veld al hoe beter bestuur. Hulle gebruik brande as ’n bestuursmiddel. En noudat boere hulself weer begin toespits op wildboerdery, sien ons al hoe meer dat die veld terugkeer na wat dit eens was.
“Dit is egter nodig om in gebiede waar verdigting onbeheerbaar geword het, programme toe te pas wat weer die natuurlike ewewig sal herstel. Dit is waar meganisasie ’n groot rol kan speel.”
Navrae: Donovan Ritchie, tel. 012 661 0863/4.
Hierdie artikel het verskyn as ‘n promosieartikel in die Landbouweekblad van 25 Maart 2011: Spesiale Fokus Jagbedryf - Bosverdigting in die bek geruk