Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Mening / Forum / Hoe-lank-bly-temik-two-step-gif-giftig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 07:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hoe lank bly Temik (two step-gif) giftig?

4 November, 2009 - 07:14
E-forum
User offline. Last seen 1 year 2 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Die volgende vraag is op die gespreksforum gevra:

Eugene & Lesna (eugles10@telkomsa.net) skryf:
Ek wil nou ‘n baie snaakse vraag vra, maar ek is regtig op soek na raad en inligting.  Hoe lank bly die gif Temik, ook in die misdaadwêreld bekend as “Two Step” giftig?
April-maand het hulle by ons probeer inbreek en het gif in die buurman se erf gegooi omdat hulle gedink het hy het ‘n hond, wat hy nie het nie.  Hy gebruik net ‘n ou hondehok as ‘n stoorplekkie.
Hy het die sement waar hulle die gif gegooi het, afgewas met Jeyes Fluid, maar van dit moes seker in die gras beland het en van dit het dalk selfs ook op ons gras beland, want drie weke later het my arme kat van die gif ingekry en die wreedste dood gehad.  Die buurman se seun het die naweek by hom gekuier en ook sy hondjie is dood na hy met sy balletjie op die gras gespeel het.
Ek het met my kat veaarts toe gejaag, maar sy is dood net ‘n paar sekondes na ek by die veearts aangekom het , die veearts kon niks vir haar gedoen het nie.  Al die simptome wat sy deurgegaan het, dui daarop dat dit wel die gif was wat hulle tydens die inbraak gebruik het.
Ek het toe ‘n gifsentrum gebel om meer inligting te kry.  Sy raad was dat as ons nie op daardie stadium reën kry nie, moet ek water vir ten minste vier ure lank laat loop op die gras waar ek vermoed die gif kan wees.  Wat ek toe ook gedoen het.  Ons het ook al ‘n hele paar kere die gras daar gesny.
Dis nou ses maande later en ek het nog steeds die vrees dat daar gif in die gras lê.  Ek is so bang daarvoor dat ek nie wil hê my ander kat moet in ons agtererf uitgaan nie.  Ek kan haar nie ook verloor nie, ek het nie kinders nie en sy is soos my kind.  Ons reënseisoen het nou begin en dit het al ‘n bietjie gereën.  Is dit moontlik dat as daar nog iewers gif lê, dit nog giftig en aktief kan wees?
 
Prof. Christo Botha, hoof van die departement Parakliniese Wetenskappe aan die fakulteit Veeartsenykunde op Onderstepoort, skryf:
Die raad wat gegee is om die area baie goed nat te spuit was goeie advies. Die gifstof (aldikarb) sal dan uit die granules vrygestel word en in die grond in loog. Troeteldiereienaars moet egter vir die aas soek (gewoonlik polonie, worsies of enige ander tipe vleiserige aas). Die aas moet dan opgeskep word met ‘n graaf en diep begrawe word, gooi kalk of soda-as op die aas om die afbraak te versnel. In die grond word die aldikarb afgebreek.  Nadat dit in die grond toegedien is as ‘n plaagdoder vir plante verskaf dit slegs beskerming aan die plante vir ‘n periode van tot 12 weke.
 
 
Eugene en Lesna skryf:
Baie dankie vir die antwoord, ek voel nou sommer beter.  Dit is nou ons reënseisoen, van Novb-Febr, en ons het nogal al baie reën gekry, so hopelik as daar nog van die korreltjies was, is dit nou onder die grond ingespoel.   Daar was nie destyds vleis aas in ons erf gegooi nie, maar daar het wel ‘n leë sak op ons gras gelê.  Ons vermoed dat die gif dalk daarin was wat hulle in die buurman langsaan se erf gegooi het. En dat van die korreltjies dalk agtergebly het in ons gras wat ons nie kon sien  nie, want ek het my kat nie ver gekry van waar die sak gelê het nie.
Ons sal seker nooit weet hoe sy dit ingekry het nie, maar ek wil net nie weer ‘n herhaling daarvan hê met my ander kat nie.
 
4 November 2009
5
 
 
Top
  • 3722 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
4 Augustus, 2010 - 17:42
#1
Madeleen Lindeque 

Baie dankie vir die advies oor Tamik. Ons 4 honde is in Mei 2010 vergiftig. So ook die bure en nog 5 ander gisinne se honde in die buurt. Na daaglikse was van al ons stoepe het ons in Julie weer 2 hondjies gekry. Al twee die honde is ook hierdie week,03-08-2010,dood. wat egter kommerwekkend is, is dat die jongste voorval sleg 4 tree van my agterdeur af, plaas gevind het en ons geen spoor van die oorsprong kan kry nie. Ons het egter 'n 1 jaar oue baba dogtertjie wat nou kruip. Ek sit met my hande in my hare. Nou sal sy vir die, ten minste volgende 6 weke binnens huis moet gehou word. My erf is 'n dubbel burgererf grote en 60% bestaan uit blombeddings en gras. Ek kan nie alles besproei nie, en van die vorige geval se hondjies is reg oor die erf gevind, so ons moet bid vir baie reën nou in Augustus. die stoepe sal ons moet aanhou was met Jeyes Fluid en baie water. Nogmals dankie vir die hoop dat die siklus verbreek kan word.

Top
  • antwoord
27 April, 2012 - 21:10
#2
Linda Wissekerke 

Baie goed ! Intresant !

Top
  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nóg wenke vir skaaphantering
  • Belasting by afsterwe van ma
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction