|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 07:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Iets wat my geweldig pla deesdae is die boere wat met hul elektriese onheinings, wat veronderstel is om die jakkalse te keer, besig is om die ietermagog uit te roei. Mens hoor nogal gereeld van manne wat vertel van hoeveel ietermagogs hulle dood gekry het in die eletriese heining en ek moet sê dit is 'n nie min nie. Die drade word so tien sentimeter van die grond weerskante van die oorpronklike heining gespan en daardie draadjie word dan krag opgesit wat veronderstel is om te keer dat die jakkalse onderdeur kruip. Dit is nie net ietermagogs wat doodgemaak word nie maar ook skilpaaie. Die skilpaaie loop onderdeur die draadjie wat krag op het, sit daar vas en dan skok die krag hom dood. Die ietermagog loop weer bo-oor die draad, die draad skok hom op sy pens en hy krul op om die elektriese draad en word doodgeskok. Is dit nie elkeen van ons se verantwoordelikheid om toe te sien dat spesies bewaar word nie of tel geld te veel en gee ons nie meer om wat alles vrek solank ons net die jakkals kan uitroei. Ek hoop regtig daar kan 'n oplossing vir die probleem kom.
Dit is heeltemal verkeerde siening. Die boere wat elektriese heinings het en nie enigsins omgee wat hul doodmaak in die poging om geld uit die boerdery te kry nie roei in hul kort bestaan van veertig/vyftig jaar as boer 'n spesie uit wat die Here duisende jare terug geskep het. Wil ons generasie onthou word vir dit. Ag nee wat, daar is maniere om jou elektriese heining te span sodat jy nie die itermagog sal kan seermaak nie. Dit sal jou net ekstra draad kos bo die een met die krag om te verhoed dat die itermagog geskok word. Hopelik maak ons paar boere daarvan bewus.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Jy raak 'n teer snaar aan. Ek is saam met jou hartseer oor die Itermago. Kom ons vat 'n boer wat net 100 ooie het (maklike getal) Dit is sy inkomste uit die ooie. Daaruit moet hy lewe - salarisse vir werkers, krag, kos, voertuig, versekering, ens. Sy boerdery is 'n besigheid. Nou lam elke ooi een lam. Jakkalse vreet deesdae meer as 60% van lammeroeste op. Een lam verkoop vir R1000! Dus "skenk " die besigheid R60 000 vir die Itermago en die skilpaaie. Kan jy dit bekostig? As jy elke dag jou diere waarmee jy boer en waarvoor jy lief is moet keelafsny omdat groot happe uit hulle gebyt is van agteraf, hulle derms op die grond sleep, lammers op strepe net doodgebyt is en net een gevreet is, dan breek jou moed en jou hart en wil jy net die Jakkalse uitroei.