Goeiedag
Ek is 'n student verbonde aan die Noordwes Universiteit (Potchefstroom kampus) en is huidiglik besig met 'n studie oor die verskille in die inkomstebelasting van veeboere in die drie bogenoemde lande.
Baie boere emigreer of oorweeg om te emigreer, om welke rede ookal. Van die lande wat onder die gunstelinge is om heen te gaan is dan ook Australië en Nieu Seeland.
Dat die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet wel tegemoetkomende bepalings bevat vir boere is 'n feit, maar wat doen hierdie twee ontwikkelde lande om hul boere op daardie gebied tegemoet te kom en is daar nie dalk iets wat ons by hulle kan leer nie?
Ek wil graag by u as leser uitvind of u sou belangstel in sodanige inligting en of u dink dat dit praktiese toepassing sou hê. Hierdie reaksie sal dan ook kan help om die aktualiteit van die studie te kan ondersteun.
Enige kommentaar sal waardeer word.
By voorbaat dank
Willem Fourie