|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 07:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Andre Geldenhuys, Rugbreek, Kuruman, skryf op die gespreksforum:



Al hoe die probleem opgelos kan word is om die jakkals kommersieel na china uit te voer. Hulle eet mos hond(ha ha)
Ek stem saam met die besoeker van 29 Maart dat skaap boere vir hulle donkies moet aanskaf. Ek het ook baie probleme gehad met jakkalse wat my skape vang maar nadat ek 3 donkies aangeskaf het wat saam met hulle loop het ek nie weer n jakkals gesien nie. Probeer gerus.
uieindelik n rede vir die bestaan van die donkie onthou oudtshoorn en die volstruise miskien is hier nou n geleentheid vir donkieboerdery grappie. ek weet vir feit dit werk
Hoekom kry n man soo swar?Ek het n 1000 skap,ek doen toe aansoek by Agri-Bank NAMIBIAvi n plaas lening.nou moet ek 10% gee,ma ek het al my geld gevet en die skaap gekoop,en ek wil baie graag boer.Kan iemand my raad gee ASB,
Werk Anaotliese berghonde effektief teen jakkalse? Wie het ondevinding daarvan?
Koop vir julle 'n paar alpakkas om saam met die vee trop te loop. Dit werk vir ons baie goed so. Speen % het met 30%+ toegeneem vanaf alpakkas gebruik,
Nee wat as 'n man sulke foto's sien moet jakkals se kind dood....en die groenes se dinges!
Ek hoor wat julle se van jakkelse en van die donkies wat help,maar wat van Rooikatte sal n donkie help?.Sommer helder oor dag verloor ek lammers
Interessant genoeg sal die ouer garde boere van melewe se dae jou vertel dat as jy beeste se horings sny, hulle makliker prooi word vir jakkalse. Die horings is 'n natuurlike beskermings wapen van beeste, en jakkalse sal twee keer dink as die wit horings refelekteer in die maanlig, dus probeer nie om die horings te sny sny nie.
Ek kan nie glo dat boere permitte moet uitneem om hul diere teen ongediertes te beskerm nie en dan mag hul ook nie slagysters gebruik nie(Wes-Kaap) Dis belaglig en ons boereverenigings se verteenwoordigers aanvaar dit maar so? Anatoliese honde werk in klein kampe nie op groot plase nie en hul speel klein lammers vrek. Neewat ek sal maar bees boer.
Jakkals vang Nguni kalwers. Het hiedie jaar 'n koei moes help wat swaar gekalf het. Voor ek by haar kon kom, het die Jakkalse die half gebore kalf begin vreet. Het fisies die kalf uit die koei uitgeruk. Dink nie die koei sal ooit weer kalf nie.
Die manne wat beweer dat donkies werk, kan julle asb meer inligting daaromtrent gee. Ek weet weer van gevalle waar dit nie gewerk het nie. Die grootste probleem is dat die donkies die lammers dood trap. Daarvan sal die ouer boere jou kan vertel. Ek kan ook nie sien hoe `n donkie `n kamp van 400 ha of groter se vee wat verspreid loop kan oppas nie. Dieselfde geld vir Alpakkas. Wat die Anatoliese honde betref. Dit wil voorkom of dit nie in ekstensiewe toestande werk nie. Daar is al te veel bewyse waar die honde op `n stadium begin om die vee te vang of te byt. Gaan kyk na die Facebook blad Mutilated by Predators: http://www.facebook.com/group.php?gid=103306029709082
Ek wil saamstem met die manne wat se dat jakkalse vang nou enige ding. dit is dieselfde met die groukatte en silwerrug jakkalse. Hulle het al die jare nie lammers gevang nie tot so 'n paar jaar terug. Toe begin saai hul verwoesting. Ons een lamtrop van 50 ooie het ons maar so 20 lammer afgehaal wat oorgebly het. Net die kampe om ons huis het ons 250 Silwer rug jakkalse gevang in een jaar. Dis skokkend. Dit help nie ons verander ons boerdery nie. Ons moet ons jagmetodes verander. Ons moet die goed duidelik laat verstaan hulle is onwelkom.
Ons het gaan jag in die Stockpoort distrik en die jakkals se kind jag ook daar in troppe. Vriend het in Speculatie area al sy Rooibok lammers verloor, groot skade.
Hier by ons in Greytown,kzn jag die jakkalse nou helder oordag in troppe.Wild word swaar getref,veral oorbietjies.
Jakkalse vreed alis vat voorkom.Kry paar Rabbits,hulle broei baie gou.
Ek boer nou tien jaar met skape intensief op droeland lusern. Ek het alles probeer om jakkalse te probeer keer en beheer. Ek kan getuig dat jakkalse in troppe jag want ek het hulle dopgehou met nagsigtoerusting uit shuiling in bome. Anatloliese honde werk net 'n rukkie totdat paar jakkalse hulle besig hou terwyl ander agter vang. Waneer die wat gevang het dik gevreet het dan ruil hulle om sodat die ander weer gaan vreet. Ek het sifdraad, elektriese heining, donkies klokkkies en noem dit alles probeer maar elke keer het die jakkalse dit binne paar maande bemeester. Jakkalse eet glad nie meer aan 'n karkas by my nie maar vang elke keer vars skaap en hulle vang ook glad nie aan keel nie maar soos die fotos hierbo. Hulle vreet dragtige stoetooie se uiers uit terwyl hulle leef. Hulle skeur stukke vleis uit die boude van lammers. Ek het metodes van om die natuurlike proses van dominante paar te laat gaan want sogenaamde paar sal nie in sy eie omgewing vang nie vir twee jaar probeer maar nie gewerk nie. Al wat werk is om al die skape elke dag te kraal. Nou begin die jakkalse in die dag te vang. As daar nie 'n nasionale poging aangewend gaan word nie sal die probleem erger raak want beeste se kalwers word ook nou in die omgeing gevang. Ek het tot 350 ooie per jaar verloor agv jakkalse om nie eers toe praat van lammers nie want het slegs 15% van gebore lammers gespeen.
Die sogenaamde groenes is besig om 'n noodsaaklike natuurhulpbron uit te roei en dit is die belastingbetaler!
die groenes en die anc werk saam dink ek, die groenes beskerm die jakalse en die anc plaas die jakalse in die veld, dit moet wees. die wetenskaplikes moet skape teel wat bestand is teen jakkalse.haha
EK VRA NEDERIG OM HULP.HOE KAN EK VAN JAKKALSE EN ROOIKATTE ONTSLAE RAAK.DIE ONGEDIERTES VREET MY ROOIBOKKE BLESBOKKE EN NOU AL OOK HARTBEESTE OP.DIT WAS EERS DIE AANTEEL MAAR NOU ONTGELD DIE GROTER DIERE DIT OOK.EK HET IN DIE BEGIN DIT NIE GEGLO NIE , TOT EK DIT SELF BELEEF HET.EK IS RAADOP.
Art.49 van die Strafproseswet is nou mos verander...wat beteken indien daar geen ander manier is om die voortvlugtende te arresteer....dan mag jy hom dood ens.ens. So jy kan n mens doodskiet by Veediefstal en nie n Jakkals nie....HY steel mos ook vee...! Om lang storie kort te maak...stel seviele eise in teen die Staat vir verlies aan skade m.b.t.Vee boerdery se agteruitgang as gevolg van Wetgewing wat nie lewensvatbaar is vir die vee-Boer. Wat sou ek doen..? Jakkalse/roofdiere vrekskiet voor die voet totdat die teendeel bewys is dat die Land tot niet sal gaan omdat daar nie meer Jakkalse is.. Die Staat sal moet besluit wat is belangrikker n Jakkals of kleinvee,en ek kan geensins sien hoe n Jakkals meer belangrikker kan wees..want Jakkals verskaf nie werk nie,behalwe vir die paar "Natuurbewaarders" waar in teendeel een skaap vir 200 mense werk verskaf, in ag geneem wat alles vervaardig moet word om met bv. skaap te boer,soos omheinings materiaal, voertuie, paaie, petrol, skoene, saals, ontsmettings/dip/veearts middels...almal kry hulle "hap daaruit in die samelewing,nie eers te praat van vervoer, slagpale, agente, groothandelaars, kleinhandelaars, kettingwinkels.... om n lang storie kort te maak dink ek eerlik dat een skaap op n boer se plaas verskaf meer werk as aan net vir twee honderd werkers........ Gebruik hierdie inligting as tabak stop dit in jou pyp, rook dit en dink daaraan! Het die "Ouens met die dik brille en lang hare" al ooit so daar aan gedink...ek glo nie.. Skiet vrek die ongediertes.
Kom ek se julle wat ek doen. En dit is nie raad wat ek gee nie, maar dit werk vir my.
Ek kraal ook my skaap snags, bedags stuur ek n wagter saam met die skaap, dit kos my natuurlik so om en by R1300-00 per maand, maar dit is niks in vergelyking met die fotos soos hier bo. As ek self in die veld is, is my betroubare 30-06 altyd by my, en as ek n jakkals gewaar dan vreet hy n lood pil voordat hy aan my skaap vreet. Einde van die storie en jammer vir die groenes.
Is daar nie boere wat dorpsjapies soek om die jakkalse te jag nie, party van ons dorpsjapies soek na jagplek al is dit net jakkalse. Kontak my asb 083 257 2639. Ek bly in Fochville NW. Email alwyncventer@yahoo.com
Ek boer deeltyds met bokke en skape in die suide van Namibia, veewagter pas hulle op deur die dag, maar jakkals bly 'n probleem. Ek sien geen GROENE enige kommentaar lewer hierop nie, waar is hulle nou. Hier skiet ek jakkals se kind voor die voet, want hy kom haal jou lam snags uit die kraal. Hy keer stinkmuishond vas en die bespuit hom so stink dan wil die honde nie naby aan hom kom nie. Slagyster stel help nie, enigste oplossing, geweer.
Jakkals verkies kleiner prooi soos hase, tarentale, muise ens. Indien jy die balans op jou plaas versteur deur voor die voet als vrek te skiet of (veel erger) vergiftig GAN die jakkals jou vee begin vang!
Jakkals sal slegs met beeste begin peuter as daar geen natuurlike prooi oor is nie. Wat koeie met kalfprobleme betref moet mens die fout by jou bulle, klein koeie en hoe geboortemassas gaan soek, dit het niks met die jakkals uit te waai nie!
Eks geen "groene" nie, kan vele jagfotos stuur om dit te bewys. Al wat ek vra is om by die natuur aan te pas en om nie die natuur te probeer verander soos jy goed dink nie (Tensy jy natuurlik reken die skepper het iewers `n fout begaan)!
EK AANVAAR DAT DAAR WEL PROBLEEM INDIVIDUELE ROOFDIERE IS, SKIET HULLE!
Ons gebruik alpakkas wat saam met die skape 24/7 loop. Ons kry sedert 2005 heelwat toename in ons lam speen %. Vir meer inligting kyk gerus na http://www.southerncrossalpaca.com/GUI/AlpacaHerdGuards.aspx
Na baie beraadslaging en diepe oordenking het ek oorgeskakel na 'n kommersiele rooijakkalsboerdery. Ek het my eie abbatoir op die plaas. Ons prosesseer en blik die vleis en bemark dit aan geidentifiseerde groen aktiviste en sekere amptenare as geprosseseerde soja. Ons markaandeel neem toe. Op die poot is 'n rooijakkals nou vir my so R 19,00/kg werd, terwyl dit aan die haak R 58,00/kh haal. Ons plaas 'n "Groen vir SA" plakker op die verpakking. Dit dra baie by tot produkaanvaarding. Ek moedig graag my mede boere aan om toe te tree tot hierdie nuwe winsgewende geleentheid.
Na 'n gesprek met dr Kent Hovind het ons besluit om al die rooijakkalse wat ons vang aan te hou en hulle aan 'n intensiewe telingsprogram met Chi Wha Wha's te onderwerp. Ons het aanvanklik kunsmatige insimunasie gebruik, maar nou met die tweede generasie is dit al moontlik om die paringsproses natuurlik te laat verloop. Die resultaat is voor die hand liggend. Ons laat nou hierdie Rooi Chi Wha Wha jakkalse in die natuur los om op groter skaal in te teel. Die resultaat is 'n baie kleiner jakkals wat vir die lammers blaf in plaas van byt. Ons lammers jaag hulle nou sommer self weg.
besef julle hoeveel honde in die veld is nadat hulle base oorlede is as gevolg van VIGS die diere word net so gelos om op hulle eie aan te gaan in Natal is daar groot troppe honde kyk of dit nie dalk een van ons groter probleme voorrend toe gaan word nie
Dis jammer om lammers so te sien. By ons in Jacobsdal omgewing gaan dit net so swaar met die jakkalse en rooikatte. Vorige seisoen 3% lammeroes gehad. My pa is raad op en wil handoek in gooi... maar die grond is diep in ons are. Ons roep gereeld snags, maar die sukses is min. Anatoliese hond werk ook nie (nog steeds 97% sterftes)kenners se dis heelmoontlik eerder die hond. Almal om ons kraal maar my pa glo diere verloor gewig met die metode. Ons het ook baie ander diere soos hase, rotte ens wat die jakkels se kos moet wees maar hulle verkies dorpers. Is omhein met krag. Laat jagte met honde en perde toe gebruik 223. Is daar iets daarbuite wat kan help sodat grond en boerdery nie verlore kan gaan nie?
Naand julle.. Ja dis 'n groot probleem want da is so baie plase wat nie JAKALSE jag nie en so teel hulle leka aan..Ek jag met my honde het laas jaar 20 op 3 plase gevang.Ek probeer ma om te help en geniet dit so kom almal doen iets wat probleem het..
Die rede dat jakalse die skaap se boude en blaaie vreet kan of die ouderdom van die jakkals wees, ouer jakkalse is nie meer sterk genoeg om die groter skaap te vang nie,die ouderdom van 'n jakkals kan aan die sluitasie van sy tande bepaal word.Probeer om vuil olie aan die skaap se boude te smeer, hoop dit is van hulp.
Ek reageer namens een van my skoliere op die vorige kommentaar. Hy gaan vanjaar weer aan die Eskom Expo vir jong Wetenskaplikes deelneem en kyk juis na die probleemdier-kwessie, asook die opinies van Jan Publiek en Natuurbewaring. Ek sal dit waardeer indien u u menings na my kan e-pos. Plaas gerus my epos-adres.
buroes.l@gmail.com
Dalk kan ons 'n werkbare oplossing vind
Ngunis se kallers word ook gevang deur jakkalse
Honde wat Skape vang!
Ons het vyf voorvalle en baie skade gehad met honde binne twee maande! Die plaas is reg langs 'n nedersetting, draadstrikke en honde is algemeen!
Ons Inheemse Veldbokke loop in die koppie kamp en die ooie wat gebyt is veral in die gesig, maar ook lieste en boude, het hulle bes gedoen om teen die honde te baklei, maar as daar meer as een hond is, verloor sy! Die ramme is nie veel werd wat honde jaag aanbetref nie, want hulle het beter dinge ingedagte!
Die oomblik toe ons wisselwei en die beeste weer na die koppie kamp (wat betreklik groot is) toe skuif, saam met die bokke, het die honde verdwyn!!!! Dis nou 6 weke en nog geen voorval, met die genade van die Here!
Ek het onlangs in die veld gaan loop saam met my honde en die beeste het die honde geskraap, die honde kom skuil toe agter my, en toe kom bees met mening in my rigting! Die keer wat die honde agter op die bakkie was, wou die een koei veral, hulle baie graag daar afghaal het!
Dit het my laat wonder.......
- mense wat draadstrikke stel, het gewoonlik honde wat saam loop om te gaan 'jag',
- honde sal weer daardie selfde roete loop, as hulle alleen, verveeld of honger is,
- beeste sal honde skraap, en gevolglik hulle eienaars, so vermy mense dalk om in 'n kamp te gaan strikke stel waar daar beeste is!?
Vandag het ek gaan lusern haal by ons bure, hulle het 30 verskeurde skape, waarvan 4 vankant gemaak moes word!
Ek ken 'n boer wat intensiewe wisselweiding doen met elektriese heinings, en daar loop BAIE beeste en skape deurmekaar op 'n klein stuk veld, ek wil nog graag uitvind of hy ooit probleme kry met honde, jakkalse, rooikatte of diefstal!?
Ek sou graag wou hoor of hier waarheid in steek!? Dalk sal beeste nog rooikatte en jakkalse ook verwilder!?
Nguni Groete
Linda
Gehoor van 'n kennis dat as jy mens uriene op die skape gooi, jakkalse nie daar vang nie. Manne, drink daai bier en produseer anti-jakkals! My beste maat het jakkalse voorgesit by krale.Geroep en alles maar jakkalse het ver weggebly. Beste maat het gesnuif, jakkalse hou duidelik nie van snuif nie. Jakkalse het weggebly solank ons snuif daar op strategiese plekke gestrooi het. Kon dit nie lank toets nie, het net daar op familie se plaas gekuier.
Hierdie probleem is baie groot en daar is nie 'n maklike oplossing nie. Miskien 'n kombinasie van al die planne wat vir ander gewerk het?
Sterkte en groete.
Jakkalse raak alles gewoond. Hulle hou net glad nie van verandering nie. As jy urine gebruik, klokkies, honde ,jakklsjaers, al hierdie metodes werk vir maksimum 3 maande. Al wat jy kan doen is om dit afte wissel en intussen soveel dood te maak soos jy kan. In die proses koop jy tyd tot jy hom kan doodmaak voor hy alles aangeleer het. Ek spuit ook my skaap little's dip, en kalkswael kan ook werk. Nuwe metode wat ek wil probeer is trail cameras. Ek bepaal waar en wanner kom drink ta elke dag water en gaan le hom voor. Ander ouens het nogal goeie sukses hiermee. Dit is nou vir ons karoo superjakkalse. Ek dink die ouens waar so baie jakkalse is moet 'n chopper kry en gebiede skoonskiet.
Vir die ou wat se jy moenie die natuur se balans versteur nie...die balans was lankal versteur toe die groter roofdiere verwyder is en oral oor die land drade gespan is. Sonder 'n natuurlike vyand sal die jakkals net aanhou vermeerder tot geen kleinwil of skaap oor is in die land nie.
Die Karoo Nasionale Park hier by Beaufort Wes moet nou al elke paar jaar duisend of wat springbokke inkoop want die jakkalse vang alles op. As hulle nie eers 'n balans op 100000 hektaar kan kry nie hoe gaan jy dit op 2000 tot 10000 hektaar regkry. Snaaks genoeg hulle dink nie daaraan om die jakkalsgetalle waarmee hulle die hele distrik ook voer te beheer nie. Dis die resultaat.
Ek dink ekt n oplossing, vir ten minste 80% van die sterftes en verliese.
Eks n boere meisie wat weet hoe swaar dit in om vee te verloor, of dit nou deur siekte of jag of roofdiere is!! Skade bly skade... Mens praat van enorme bedrae geld, wat eintlik eerder terug in die boerdery bele moes word!
My raad is kort: Ek bemark n patent wat ontwerp is deur n boer wat tot R400,000 se skaap jaarliks verloor het.
Moedeloos het hy besluit om n ding te probeer, hy het hom ontwerp en gebruik dit al 6 jaar op sy eie plaas, dis n patent wat jakkalse en rooikatte wegjaag en verwilder... mens sit 3 op per kamp, en hy word saam beweeg(kampe verander)
Hy het 12 op sy plaas, en sy dood en skade het drasties verminder na byna geen verlies.
Ons het besluit om dit aan ander boere ook bekend te stel, en hulle ook so te help.
As ons boere gemeenskap nie saamstaan en mekaar raad gee en help nie, wie sal?!!
Sterkte aan julle almal en hou moed!
Skakel my vir meer inligting 082 5632889
Groete
Lalegen
Geagte SkaapBoere. Gaan luister gerus na ons nuwe produk wat ons tans bemark op Landboukorrel Radio Pretoria, moreoggend vanaf half 6 tot 6uur en weer moremiddag 13:30 tot 14:00. Ons bemark tans 'n skaaphalsband wat help om al die roofdiere soos jakkalse en rooikatte weg te hou van jul skape. Jul kan gerus vir Mnr J. van Dyk kontak vir meer inligting. Telnommer 0834530969. Baie dankie.
Ons het ook jakkals probleme en oorweeg dit om maar 'n paar jakkalshonde te kry wat kan help met die spoorsny en nog 'n klein hondjie om die kleintjies uit die gat te haal. Ek wonder of iemand my kan sê of dit die moeite werd is om met honde jakkals te jag en waar mens sulke honde in die hande kan kry. Tel 073 9000120.
Moenie slaap in die aand nie, pas julle vee op!
Lyk my as dit te goed gaan met n man, worry hy nie oor sy goed nie!
Hallo boere ek wil ok net se 146 skaap lamers van my is opgeeet ek dink nie donkies help ni, ek het 6 donkies op my plaas, roep help ok ni meer ni ek het nou al alles probeer slagysters help ok ni. Ek weet ni meer wat om te doen ni. sal jakkals proef ni help ni.
E-Shepherd nekband
Die ontwerpspan van Lifetime Designs se doel was om ʼn produk te ontwerp wat roofdiere sal afskrik om skape te vang. Skape is kwesbaar teen roofdiere en hulle enigste natuurlike verweer is om as ʼn trop te funksioneer.
Die E-Shepherd apparaat word met ʼn nek band om die dier se nek in plek gehou. Die elektroniese apparaat sal aktiveer sodra daar ʼn aanval op die skaap is. So ʼn aanval aktiveer ʼn klank alarm wat deur die toestel uitgestraal word. Die toestel het ook twee liggies wat ʼn stroboskopiese effek vorm sodra die stelsel geaktiveer word. Die nek band se doel is om die aanval ritme van die roofdier te breek sodat hy van plan verander. Hierdie nie-dodelike metode is ontwikkel om sodoende die roofdier te dwing om na sy natuurlike prooi terug te beweeg en die boer se skape in vrede te los.
Toets raamwerk
ʼn Proef en kontrole raamwerk is opgestel waarin die vermoëns van die E-Shepherd nek band getoets is.
Die produk moes aan die volgende standaarde voldoen om die toets suksesvol te slaag:
1) Slaag die produk in sy doel om roofdiere van skape af te verjaag?
2) Sal die produk koste-effektief aangewend kan word in kommersiële en moderne boerdery tegnieke?
3) Sal die produk se energie verbruik laag genoeg wees om ʼn lang battery leeftyd te verseker?
4) Sal die produk weer bestand en duursaam genoeg wees om veldtoestande te oorleef?
Daar is besluit om die toetse op ʼn kommersiële plaas in die Kroonstad distrik te doen. Data was beskikbaar van roofdier verliese uit vorige jare en die plaas was so gelee dat min eksterne faktore die eksperiment sou beïnvloed.
Die ondersoek span het 100 jong ooie uit die trop gekeer en hulle is toe in twee troppe van 50 diere elk verdeel. Die eerste groep sou as die proef groep gemerk word en die tweede groep as die kontrole groep.
Die proef groep het die werkende nek bande gekry met ʼn verhouding van 10 teen 1. Altesaam het hierdie proef groep dan 5 werkende nek bande ontvang. Elke skaap wat so ʼn band ontvang het is deeglik ondersoek en ook geweeg.
Die tweede groep (kontrole groep) het ook 5 nie werkende nek bande ontvang. Hierdie fop bande is aangesit en die diere wat die nek bande ontvang het is deeglik ondersoek en geweeg.
Die twee groepe is in verskillende kampe geplaas wat een kilometer van mekaar gelee is. Die twee groepe is tydens die helfte van die toets periode omgeruil sodat beide groepe aan dieselfde toestande en omgewing onderwerp is.
E-Shepherd nek bande en data versameling
Die nek bande is so ontwerp dat daar ʼn geheue element in die eenheid ingebou is. Hierdie data kan dan afgelaai word om ʼn weerspieëling te gee van wat tydens die toetsing plaasgevind het.
Hierdie data is tyds-gekoppel en kan dus uitwys watter voorvalle op watter tydsbestek plaasgevind het.
Die hoeveelheid voorvalle bepaal dan ook die energie verbruik van die stelsel en so kan die battery leeftyd bepaal word.
Om sin te maak uit die geweldige hoeveelheid data wat verkry is, is die data geklassifiseer.
Om as ʼn moontlike aanval te kwalifiseer moes daar ten minste 3 van die 5 eenhede gelyk aktiveer.
Daar moes ten minste 3 aktiverings in dieselfde tydsbestek plaasvind per nek band.
Die aktiverings mag nie saamval met die rekords wat die boer hou van wanneer hy met die skape gewerk het nie.
Hierdie data aktiverings kon akkuraat bereken word en verdere patrone het in die data duidelik geraak.
Data waarneming
Vanuit die data het dit duidelik geraak dat daar moontlik twee tipes van aanvalle bestaan. Die eerste tipe het hoe aktiverings valk in ʼn baie kort tydsbestek. Die tweede tipe het ʼn laer aktiverings vlak soos gemeet oor ʼn langer periode.
Daar is ook gemerk dat die voorvalle baie meer gereeld voorgekom het tydens die eerste fase van toetsing met ʼn merkbare afname gedurende die latere gedeelte van toetsing.
Die voorvalle het ʼn duidelike patroon gevolg met die maan siklus. Daar was geen voorvalle aangeteken en dus ook geen potensiële aanvalle tydens volmaan nie.
Die voorvalle soos aangeteken het op al die nek bande gewys en nie slegs op 3 uit die 5 soos voorspel nie. Al 5 eenhede (100%) wys dus direk na ʼn spesifieke voorval. Hierdie voorvalle wys duidelik op gebeure buite die normale bestek en wys sterk na moontlike aanvalle.
Afleidings uit data waarnemings
Die diere wat gebruik is vir toetsing was juis gekeur omdat hulle kwesbaar is teen roofdiere. Toetse was gedoen pas na afloop van die skeer seisoen en kenners wys daarop dat dit die tyd is wanneer skape geweldig kwesbaar is. Roofdiere kan glo makliker byt as die wol kort is.
Die hoofdoel van die toets was om te bepaal of E-Shepherd die verliese onder skape deur roofdiere sal beperk. Geen skaap verliese onder die proef of kontrole groepe het tydens die toets voorgekom nie. Die twee groepe was ten alle tye verder as ʼn kilometer van mekaar geskei.
Die navorsingspan het tot die gevolgtrekking gekom dat die afstand tussen proef en kontrole groep nie wyd genoeg was nie. Dit wil voorkom dat die E-Shepherd nek band ʼn afskrik reikwydte van meer as een kilometer het. Hierdie reikwydte word waarskynlik deur die omgewing bepaal en kan dus nie as die norm gereken word nie. Daar was wel roofdier verliese op die plaas tydens die toeste maar verder as 1.5 kilometer van waar die toetse self plaasgevind het. Verdere verliese is ook aangeteken deur die bure in ʼn radius van 10 kilometer. Daar is ook bevestig dat verliese voorgekom het op die plaas in die vorige jaar.
Die data wys duidelik twee tipes van voorvalle uit. Tydens die een tipe is daar ʼn groot hoeveelheid aktiverings in ʼn kort tydsbestek en in die tweede tipe is die aktivering laer met langer tussenposes.
Die waarskynlikste verklaring is dat hier twee tipes roofdiere betrokke is. Die gewoontes van die rooikat
(felis caracal) stem nogal ooreen met die aanval patroon soos waargeneem op die data. Die vinnige aktiverings in ʼn kort tydsbestek wys waarskynlik op ʼn rooikat aanval. Die stadiger patroon is waarskynlik ʼn aanval deur ʼn jakkals omdat ons weet dat hierdie diere is van nature meer versigtig in hulle benadering. Nadat die data met die notas van die plaas eienaar vergelyk is, het dit wel geblyk dat daar rooikatte waargeneem is in die omgewing. Hierdie waarneming stem ooreen in tydsbestek met die aktivering wat in die data vasgelê is.
Gedurende die eerste twee weke van toetsing was daar meer as dubbel soveel voorvalle as in die tweede fase van toetsing. Tydens die laaste deel van toetsing het die voorvalle bykans opgedroog. Dit wil voorkom dat die roofdiere deur ʼn sogenaamde “leer kurwe” beweeg het om dan eerder na “minder gevaarlike” prooi terug te val. Die E-Shepherd nek band slaag in sy doel om roofdiere van skape af te weer.
Tydens die data verwerking het daar ʼn patroon of ritme uitgestaan betreffende die aktivering van die eenhede. Op die ingewing is hierdie data met die maan siklus vergelyk. Tydens nuwe maan was daar ʼn dramatiese verhoging in die aktivering van al die eenhede. Hierdie voorvalle was hoog op die nuwe maan siklus, op die eerste kwartier en so ook op die derde kwartier van die maan. Interessant genoeg was daar geen voorvalle op volmaan aangeteken nie. Die skape kan waarskynlik die roofdier sien tydens volmaan wat natuurlik die element van verassing uit die aanval neem. Dit verklaar moontlik die data.
Tegniese waarnemings
Al die proef eenhede het met byna voorspelbare akkuraatheid gewerk binne die ontwerpers raamwerk tydens die proefneming.
Die E-Shepherd stelsel het getoon dat die afwerings vermoë van roofdiere groter is as wat aanvanklik vermoed is. Die stelsel het ook ’n wyer reikafstand as wat aanvangklik vermoed is.
Die verhouding van skape teenoor nek bande is 10 teen 1. In gebiede waar die veld se drakrag laag is sal die verhouding verander na 8 teen 1. Die skape wei verder van mekaar af en daarom is die digtheid van die beskerming nie so hoog nie. Hierdie verhouding maak die E-Shepherd stelsel uiters koste effektief.
Deur ʼn klein programmerings verstelling in die sensitiwiteit van die eenheid word die battery leeftyd verleng na meer as ses maande voordat vervanging nodig is.
Kliniese ondersoek en algemene waarneming
Tydens die aanvang van die proefneming is al die skape wat gebruik is deursoek om seker te maak dat almal gesond is. Die skape wat nek bande gekry het is klinies ondersoek en ook geweeg voor en na die proefneming.
Al die diere het mooi gewig opgetel tydens die proefneming. Die diere met die werkende nek bande het ietwat beter gewig opgetel as die met die fop nek bande. Die ontwerpers span sal natuurlik graag wil glo dat die skape met die proef bande veiliger gevoel het as die ander maar dit bly natuurlik net spekulasie!
Geen bytmerke was sigbaar op enige van die diere wat gebruik is nie en beide groepe was in perfekte gesondheid na afloop van die proefneming.
Die nek bande lyk nie of hulle die skape irriteer nie en selfs tydens aktivering het die diere rondom hulle weinig gesteur aan die bande. Geen negatiewe of steurende effek kon in die trop waargeneem word tydens aktivering nie en dit wil voorkom of die skape beswaarlik die klank kan hoor.
Die nek bande was nog in ʼn uitstekende toestand na afloop van die proefneming. Die duursaamheid van die materiaal dui op goeie kwaliteit met ʼn goeie lewensverwagting in ʼn geharde omgewing.
Toekomstige planne
Na data ontleding was dit duidelik dat die eksperiment moet voortgaan. Verdere data sal die legkaart van vrae net beter voltooi. Alle betrokke partye het besluit om die proefneming voort te sit. Die sensitiwiteit van die eenhede is laer gestel om battery krag te bespaar. Kommer is uitgespreek oor die vermoë van die stelsel met die laer sensitiwiteit maar die ontwerpspan het dit nie as ʼn probleem gesien nie. Die verstelling is geprogrammeer wat die battery se leeftyd aansienlik sal verleng.
Meer as ʼn maand later is daar nog geen skaap verliese in die twee groepe nie. Tydens die volgende vergadering met die Monitor van die proefneming sal daar voorgestel word dat die afstand tussen die twee groepe vergroot word. Daar is intussen al etlike skape op die plaas aan roofdiere verloor maar nog geen van die diere in die proef program nie.
Toetsing gaan voort.
ek reken dat ons al die diere wat gevang is moet laat slag, menend dat die wat teen jakkals jag is(groenes) dit kan koop, dis organies, natuurlik gedood en sal sappig wees as dit in die son was. Ons kan dit ook n plakker gee wat se dat die jakkals ook sy deel gekry het. Die prys kan ook organies bepaal word. Ander ding wat my stom slaan is, sal die groenes vir my toelaat om elke maand n gedeelte van hulle selaris sal gee want dis hoe ek voel elke keer as ek n lam dood kry. Vleis word nie in n slaghuis gemaak nie, dit kom van die plaas...
Ek le teen 'n 100 000ha meentgrond. Geen heinings, geen eienaars, volop jakkalse.
Die plaas is omhein met jakkalsdraad en gekap met doringdraad en het 'n elektriese draad aan die buitekant op die grond. En steeds kom hier jakkalse in. Die plaas is al opgedeel in ses proefblokke. Ek stel slagysters en jag in die nag en sny spoor in die dag. Dit het 'n leefwyse geraak. Ek wonder baie dae wat het Noag besiel toe hy al die onnodige diere in die ark toegelaat het. Daar is geen maklike oplossing maar ek dink steeds SARS is 'n groter bedreiging.
Ek gebruik goedkoop, breë nekbande wat ek self maak, dit werk net so goed soos "'fancy" bande. Daar is ouens wat net n vinnige rand uit ander se verdriet wil maak. Verder het ek 5 donkies vir 5 troppe, almal is gebore tussen my skaap. My donkies is almal merries en meng nie met mekaar nie, loop afsonderlik, hulle ken net skaap,raak baie geheg aan die skaap. Donkies se geaardhede verskil, ek wend hulle dienooreenkomstig aan. Nagjag word ook gedoen,onbetrokke bure wat nie hul deel doen t.o.v.ongedierte-beheer,lyndraad-instandhouding ens. is net so sleg soos 'n groenreservaat langs jou. Loop lig vir sg. professionele nagjagters, baie rig meer skade as goed aan. Maak seker of hy enige kursus suksesvol voltooi het onder die top- manne.
Boere, hou op om ander mense te verryk wat 'fancy' goed aan ons wil afsmeer. Hou op om afskrikmiddels aan te skaf. DIS ALLES NET TYDELIK en leer ongediertes net ander vangmetodes aan. Spandeer jou geld in jou eie boerdery deur die goed dood te maak. Ek waarborg jou, jy sal jou geld terug kry.
Alle boere moet saamwerk om die goed te beheer. Ons kan hulle wen. Hou net moed.
Ons jakkalsproewe moet herstel word en dan toegehou word. Dis ons eerste linie van verdediging. Beperk die goed se looparea en jy het al 'n hele ent gevorder. Pas dan ander beheermetodes toe nl.slagysters, honde, nagjag.M aak die goed dood. Ongediertebeheer is 'n voltydse werk, nie deeltyds nie.As ALMAL saamwerk en hul deel doen kan ons binne 3-4 jaar ongedierte-getalle afbring en dan kan almal mos lekker saamboer. Kom manne. Wat sê julle?
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Self n pragtige stoet Nguni kalwer verloor a.g.v jakkals se kind. Jong vers het pas gebore kalf in veld weg gaan steek en as gevolg hiervan is haar kalf gevang.Maar daar is volgens my geen manier dat jakkalse n sterk kalf sal gevang kry wat saam trop loop nie.Koop vir julle n donkie of twee en sien die jakkalse vir die vlaktes hardloop!!